Herman, sterkte aan jou en ouma Vonnie, ons ken van daardie stories van dierekinders!!!!
Sterkte Herman ek verstaan die hartseer. 😭
Hi H
Daai katjie was nie so senile nie, eintelik bedonnerd slim... Sy't presies geweet dat julle daai mense is wat n wonderlike tuiste vir haar gaan gee, tot en met die einde, julle het reg by haar gedoen.
Sterkte ou maat, sy bly vir ewig voortbestaan, in julle gedagtes..
Warren.
Ai, Herman, baie jammer om te hoor. Sulke diere is mos mens kinders. Moes ook vanjaar ons 16jaar oue worshondjie so afstaan.
Dink aan julle,
James
Ai Herman jammer maat, ek is ook meer kat as hond mens, ek het 3 katte. Gelukkig is hulle nog jonk.
Sterkte! ! ! Moes laas jaar ou "Dusty" Bruin worshond vat om te laat uitsit ook na 16 jaar. Ons het hom dusty genoem want sy tools het in die stof gehang toe hy klein was.
Ja mens doen die dinge eintlik aan jou self. Tans is daar weer 'n worshond in die huis gelukkig my dogter sin en die trek einde van die maand in eie huis in. Blêrrie brak is klaar in almal se harte.
Jammer om te hoor Herman, ja dit is 'n feit daai diertjies word soos kinders. Ons het 'n Worshondjie en Puggy, die twee is onafskeidbaar en huis opgelei, maar albei bly ons kinders in die huis. Ek wil myself nie indink wat ek sal doen die dag wanneer een van hulle moet gaan nie.
Ons het al 2 Puggy''s verloor a.g.v ongevoellige moordenaars wat 2-Step in my agterplaas gegooi het en ek en ma sukkel nou nog om oor die tweetjies se afsterwe te kom.
Sterkte Herman, dink aan jou en die gesin.
Dennis, wat se tipe duiwel is so gevoelloos om diere te vergiftig?
Johann, jy kry hulle. My buurman het van sy huis gewerk en sommiges het geweet hy hou groot kontant in sy huis en toe word my agterplaas gebruik as deurloop stasie. Alhoewel myne in die huis slaap was daar geen hindernis nie, net die oomblik toe hulle kans kry om bietjie buite te speel, gebeur die ergste.
Gelukkig het my buurman nou sy huis verkoop a.g.v insolvensie.
Ek hoor deesdae gebruik hulle maalvleis met fyn stukkies glas wat dan alles binne stukkend sny sodra dit ge-eet word.
Baie sterkte met die groot gemis.
Katte is ongelooflike diere, elkeen uniek. Ek is mal oor my 4.
Wens kon nog 'n weggooi katjie inneem, maar manlief het klaar gepraat....
Karien, om eerlik te wees, ek is nie kat soort tipe nie, maar ek kan wel byvoeg, my seun het 'n kat en glo my vry wanneer ons by hulle gaan kuier verander my hele houding teenoor katte a.g.v die feit dat hy al so in die familie se harte ingekruip het sodat ek eintlik sleg voel dat ek nie die kat soort is nie.
Ons is baie lief vir ou Huttie en aanvaar hom as ons kleinseun.
Sterkte Herman /Vonnie weet hoe dit voel sit nog met n 19 jarige Jack russel vrees ook vir die dag as hy ook nie meer daar is nie
Sterkte Herman, ek weet presies hoe jy voel.
My vrou en ek het altyd katte en miniworsies gehaad.
As een weggaan het was ons vir lange maande angeroer.
Ek dink nog vandag baaie an een van my eerste minis wat 2001 gegaan het.
Hi Herman.
Our sincerest condolences from the staff of CaravanParks.com
A faithful pet definitely becomes one of the family, and the loss of the pet is as tragic as a loss of a child.
Amen!!!!
Herman, dit is mooi woorde.
Ek kan nie in my klein kop verstaan hoe enige mens 'n weerlose dier kan mishandel nie.
Kyk wat doen die wilde honde, somige gaan jag, ander bly by die den om na die kleintjies en beseerdes om te sien.
Ek het 'n pragram op Nat Geo Wild gesien waar 'n leeu se tande uit is, 'n ander leeu wyfie het die karkas so gedraai dat die beseerde wyfie van die sagte vleis kon vreet!!
My katte is ook net so deel van gesin en my vrou het haar ou poedeltjie.
Ai Herman, ek het hierdie draad van jou nou die eerste keer gesien. Getuig van soveel liefde vir die getrouste vriende wat ons as mens ooit kan hê. Ek het baie lank gehuil oor my enigste hond, 'n Staffie, genaamd Basjan, wat ons moes aan die slaap laat maak. Jy gaan Rigter baie mis en sal hom nooit vergeet maar jy het hom baie liefde gegee en hul lewe is ongelukkig korter as ons s'n. Sterkte vir jou en Vonnie.
Ag nee dis nou nie lekker nie, sterkte Herman.
Mens raak so geheg aan die diere.
Sterkte Herman. Ek weet presies hoe jy voel. My vrou en ek het al 2 Puggies verloor agv misdadigers. Mens raak so geheg, dit voel soos kinders in die huis.
Dink aan jou want ons weet hoe jy voel.
Sterkte
Ai, Herman, sommer die katjie en Rigter in een week. Jammer om dit te hoor. Maar soos jy sê, hul het 'n wonderlike lewe met julle gedeel en dit was ongelukkig hul tyd om te gaan. Jou dogter sal julle kom opbeur. Groete.
Ek het nooit na die datums gekyk nie! Verskoon dat ek so stupid was. Darem bly dit het toe nie albei in een week gebeur nie.