English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 291
Total Views: 83 149 854
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 066
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Top 50 forum lede

replies: 49
views: 931
14 Mar 2020 @ 15:16:15 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Dalk n baie dom vraag, as dit nodig is skiet my maar af

Wat is die doel van die tabel, is dit n ander manier van kompenteer ?

Ek vind dat vrae gevra word deur gesoute lede,wat jare ondervinding het en eintlik is dit net "common sence" dan word daar breedvoerig gedebateer en soms gestry As n lid belang stel in jou insette en jou ondervinding kan hy maar op jou profiel gaan loer

Groetnis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 15:38:14 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Nee ek glo nie dis kompeteer nie. Baie van ons soek nuwe idees en ek kan bevestig hoe mense van 20jr my Snr al by my ietsie geleer het en so het ek ook al vrek baie idees van ander oud en jonk geleer. 

Kom ons noem 'n spade 'n spade. Geert kom uit met dinge wat jare kan vat voor mens dit self miskien sal raakloop.

Leon is ook 'n ensiklopedie. 

Chris is 'n vertelle van formaat. 

Oom Jeep het soveel gadgets. 

Hendrik met sy fantastiese fotos uit die natuur. 

Ai jammer maar die plek is net te min om nog meer name te noem. 

Ek wonder of daar enigeen is met meer as 30jr ondervinding wat nie gereeld iets hier leer nie of wat dalk gehelp word want geen persoon kan ondervinding van alles hê nie.

Die forum bly 'n ensiklopedie. 

👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 16:26:30 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Japie, ek glo daar was/is lede wat kyk hoeveelste hulle kan wees, soos op die vergete WegSleep forum van destyds.  Ek persoonlik sal verkies dat daai inligting nie so "in jou gesig" wees nie, eerder hoe lank is lede al deel van dié forum as daar dan iets moet wees.  Soms is daar maar 'n "bekgeveg" as jy nie almal se goedkeuring kry nie.

Maar tog is daar kennis wat gedeel en opgeneem word.  Anders as op ander forums mag jy nie hier na hulle verwys nie, tog so jammer want so kan inligting ook wyer gedeel word.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 16:36:38 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Wilsur / Danie

Ek aanvaar dat daar n magdom van kennis is onder ons lede, Ek het myself al van die kennis gebruik ge maak.my vraag is steeds wat is die doel van die statistiek wat uitgebeeld word En om op die lid se profiel te druk gee vir jou geensins sy vlak van kennis nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 16:56:56 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 142
Joined: 26 May 2017

Op ñ tyd was ek die nuutste lid op die forum en het net geweet dat die ou ooms gesê het " ñ Ford word voor ñ Jurgens gehaak" en al wat ek toe het is ñ Toyota en ñ Jurgens embarassed. Ek weet nou bietjie meer vandat ek nie meer 001 is nie maar nou wel 138 is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 18:35:59 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Japie dit gaan onmoontlik wees om iemand se ondervinding in n spesifieke veld te bepaal. Daar was n ou engelse gesegde wat gese het die QBE graad is die hoogste vorm van kennis. Dit het gestaan vir Qualified by experience. As jy nou op n persoon se profiel kliek en sien hy sleep al karavaan vir 60 jaar kan jy maar aanvaar hy het n QBE graad. Meeste van daardie "Murphy" insidente het waarskynlik al met hom gebeur en uit sy praktiese ondervinding weet hy al hoe om dit te hanteer. Totdat n ander QBE omie hom hier op die forum n beter plan as sy eie gee.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 20:00:55 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

My jare ondervinding was meerstal met tent en ou tegnologie. 

My ouers het nie gekamp nie, my ondervinding is my eie, nie saam hulle nie.

Het nou wel drie pad karavane gehad maar vir n kort tydperk voor die forum.

Het twee boswaens gehad met my aansluit by die forum en was daar maar min oor bos kamp en daai goeters gepraat en dit wat ek van boskamp weet het ek myself geleer.

Nou dat ek n meer tegnologie toegeruste wa het leer ek want ek ken nie die huidige moets van die wa nie.

Verder is ek op my foon deel van die forum en sien nie die weier prentjie van wie is voor en agter nie.

Tydens my kamp leer ek by ander.

Ek sal ook die jongklomp wat dalk om my kamp van raad wees of help.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 20:15:03 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

captiva, ek is mos maar stadig van begrip. Ek vertou jy sal geduld hê met my interpretasies en my waar nodig reghelp.

Ek verstaan jou vraag in jou tweede sin. Ek stem nogal saam, want ek verstaan ook nie  die doel van die hierargie lys nie. Miskien wil iemand vir my die doel en nut daarvan verduidelik.  Die hoeveelheid insette van elke lid word mos in elk geval by sy profiel teenoor sy inset aangedui, gevolglik is die "meriete lys" se doelstelling vir my onduidelik.

captiva, jou derde sin kan egter vir my meer as een betekenis hê. Help tog asb  man.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 20:18:09 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

As jy die forum op jou foon het sien jy nie daai inligting nie. 3 jaar gelde laas gesien

Dink nie daar is enige waarde daarin nie

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 20:59:43 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek vind baie waarde daar in en as daar n draad of komentaar is Kan ek sien met hoeveel ondervinding deel ek ook weet ek dit is nie n forum trol wat kom en gaan nie

Los die top 50 net waar dit is want dit het baie voordele. Dit is nie n kompetisie of status simbool. Dit is n erkenning teenoor jare lange bydrae van mense om te guideline met raad en daad.

Ou gesegte kom ons krap nie waar dit nie jeuk nie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
3
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 22:01:57 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Bak Oor, om te meet is om te weet.

Jy sê "Dit is n erkenning teenoor jare lange bydrae van mense om te guideline met raad en daad."

Probeer soos ek wil, ek kan nie die verband sien tussen "jarelange lange bydrae" en die hoeveelheid insette nie.

Gaan maak 'n paar eenvoudige somme soos om lidmaatskap tydperk in verhouding met aantal insette te bepaal, jy sal dalk verbaas wees om gemiddelde insette per tydsgleuf te besef. Wat daarvolgens baie duidelik is, is dat ons 'n klompie woelige lede het.

Geen fout daarmee nie, maar is "rank" of "rang"  soos in die weermag, met miskien onbedoelde konnotasies daarmee saam nou regtig van toepassing of nodig? Dit herinner my aan sommige karavaan klubs wat Kommandante het en waar tentpenne op voorgeskrewe maniere ingeslaan moet word. Nie vir my nie, dankie.

Jy sê " ek sien met hoeveel ondervinding deel" wat vir my heeltemal verwarrend is. Hoe kan iemand met 2000 insette en sê maar 7 jaar ervaring 'n toonbeeld wees van baie ervaring?  Miskien verstaan ons die konsep verskillend. Ek hoor graag jou uiteensetting.

Miskien kan jy terselfdertyd ook sommer verduidelik wat jy beskou as die voordele wat die rangorde inhou. Jou verduideliking sal vir my insiggewend wees. smilewink

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 23:16:22 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek sien geen probleem soos dit nou gedoen word nie. Ja as diegene van ons 'n probleem het met mense wat net rang soek en die teller opjaag is dit tog nie almal se gevoel nie. Laat hom/haar maar rustig voortdoen. Verder is die teller van belang dat as iemand in die top 50 is oor 'n lang tydperk en die teller bly opgaan dan weet mens ook as mens die persoon iets spesifieks vra soos waar het jy die wat jy beskryf gekoop of gesien dat mens 'n antwoord behoort te kry. Die teller wys ook wie gesels graag. Ons weet ons het lede wat alles lees maar net bitter min iets skryf. Dit het dan niks te make met ondervinding nie.

So is die teller van hoeveel mense 'n draad gelees het (binne 8 ure) asook bygedra het van belang. So sien ons nou ook dat hierdie draad baie gewild is as mens kyk hoeveel keer is dit al gelees. Dit gee ook 'n aanduiding of mens baie opinies kan kry en moontlik ook goeie raad en ook van gemeenskaplike belang onder ons kampers.

Ek sien onlangs hoe 1 draad op 'n forum bv 60 000 "views" gekry het in 7 weke se tyd. Dit dui aan hoe gewild die draad is en dink net aan die waardevolle inligting wat mens op so draad sal kry.

Ek kan maar net kyk na my eie bydraes al is hulle lank en dit mense irriteer is dit gewoonlik oor bepaalde onderwerpe waarvan ek glo ek wel ondervinding het. So glo ek ook van ons het bv 50jr lank dieselfde ondervinding en ander weer 50jr se verskillende ondervindings. Een ou is 'n meester en die ander 'n jack of ....... So raak dit ook lekker gesels soos mens oor en weer gesels en hopenlik nie te veel stry/baklei nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 08:25:45 am
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Kanneman, my bedoelling is jy kan sy inligting op sy profiel kry soos jare ondervinding, hoe lank hy n lid is vanwaar hy is en dan ook die aantal deelname in gesels aksies Maar jy kan nie sy kennis bepaal nie, Daar is manne met jare se kamp ondervinding maar bitter min kennis hoop ek antwoord op jou vraag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 09:53:54 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Meeste van die mense antwoord net vir punte, soos ja ek stem, saam soos hierbo gese is en se net wat die ander persoon se ek was lank bo aan maar het afgeklim deer slegte komentaar

How great is our GOD
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 10:08:05 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1236
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek neig ook om saam te stem met Captiva, maar het oor die jare vrede gemaak met die stelsel.

Daar is ongetwyfeld ouens met duisende "posts", waarvan die oorgrote meerderheid  inderwaarheid sinneloos is.

Maar, soos reeds genoem, ek het vrede gemaak daarmee. Ek gee diegene se bydraes grootliks 'n "skip".

👍
1
💔
2
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 10:52:31 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Yippee! post number 1382 !! 

Either pay attention to the counter or ignore it and don't read it.  Simple.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 11:15:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wat vir die een persoon as n sinnelose draad of vraag klink soos commen sense is nie noodwendig vir die ander nie. Hoekom dan ingaan op daai drade as dit vir jou sinneloos is....gebruik jou kosbare data liewer op iets wat jou prikkel. 

Nie getal postings of getal jare kamp ondervinding maak van jou n kamp boffin nie. Almal leer maar nog iets. Daar is soms mense wat wys 40+ jare ondervinding, maar vra nog inligting en het al gesien dat n ou met 2 jaar ervaring hom kon help. Ek het miskien baie posts, maar het onlangs vrae gevra oor porta potti aangesien ek nog nooit daarmee te doen gehad het nie en nuut is vir my. Danie byvoorbeeld kan ons weer help met krag vrae waarvan ek ook bittermin weet.  As ek antwoorde het op ander se vrae het, beteken dit nie sy vrae is commin sense nie. Soos my onderwysers my vroeer geleer het....jy kry nie dom vrae nie, maar wel dom antwoorde

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 12:10:00 pm

Geert.......

Stem met jou...

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 12:20:54 pm

Geert - Eerstens, my opmerking was geensins gemik op jou bydraes nie. Inteendeel, ek dink jy lewer van die mees sinvolle bydraes.

Ek het dit eerder teen iemand wat iets sê, maar inderwaarheid sê hy niks. Om byvoorbeeld op 'n vraag t.o.v. 'n spesifieke oord of pad te antwoord: "Ek kan jou nie help nie, maar ek glo daar is iemand wat jou vraag sal antwoord". Dit is na my mening 'n sinnelose bydrae.

Of 'n nuweling vra 'n vraag en 'n forumlid reageer geenins op die vraag nie, maar sê net: "Welkom op die forum".  Hier is een ou op die forum wat derduisende "posts" 'agter sy naam het. Maar ek wonder hoeveel van sy insette inderwaarheid geen sinvolle bydraes lewer nie.

Stenig maar. Ek koes.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 13:12:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert - Eerstens, my opmerking was geensins gemik op jou bydraes nie. Inteendeel, ek dink jy lewer van die mees sinvolle bydraes.

Ek het dit eerder teen iemand wat iets sê, maar inderwaarheid sê hy niks. Om byvoorbeeld op 'n vraag t.o.v. 'n spesifieke oord of pad te antwoord: "Ek kan jou nie help nie, maar ek glo daar is iemand wat jou vraag sal antwoord". Dit is na my mening 'n sinnelose bydrae.

Of 'n nuweling vra 'n vraag en 'n forumlid reageer geenins op die vraag nie, maar sê net: "Welkom op die forum".  Hier is een ou op die forum wat derduisende "posts" 'agter sy naam het. Maar ek wonder hoeveel van sy insette inderwaarheid geen sinvolle bydraes lewer nie.

Stenig maar. Ek koes.

Dankie vir die terugvoer Chris....waardeer. Jammer dat ek gedink het jou inset was op my onder andere gemik....my fout. Daar is seker wel baie vrae wat ek al gevra het wat ek seker self kon opgelos het, maar seker oor die liefde vir kamp dat dit lekker is om daaroor te gesels met julle mense. Maar dan dink ek ook nie dat dit altyd sinneloos is soos Captiva na verwys in openings "statement" nie. Soos ek verstaan is daar al oor die 60,000 lede op caravanparks.com....soos ons kan sien is verre oormeerderheid lede nie mense wat saam gesels hier nie, maar sal wel hier rond soek vir n draad om sy vraag te beantwoord sonder om hier te vra of deel te neem....slegs lees.  Info wat vir ons soms sinneloos lyk, soos dan verwys na gesoute kampeerders, gaan definitief vir ander wat nie gesout is nie, goud werd wees. Ek sien baie keer op facebook word daar verwys na bekende oorde soos byvoorbeeld Klein Kariba en Weesgerus......dan is daar Gautengers wat vra waar daai oorde is....of vrae soos waar is kampeer plek in KNP. Vir ons sal ons seker hier noem dis Commen sense waar daai oorde is, maar daar is regtig mense wat nie weet nie. Ek het byvoorbeeld 2jaar terug n kerk kamp gereel by Bosveld Oase. Seker 5 van ons groep wat karavane het, het nie geweet waar dit is nie, terwyl dit een van die mees bekende oorde is en minder as n uur se ry van almal se huise af. Sommige mense se belangstelling is min by kamp, so kennis is nie altyd baie nie....en as hul dan iets wou weet kan daai vrae en antwoorde wat vir ons "common sense " is  van goue waarde wees vir hulle. Laasjaar ook....daar was kampeerders saam in ons groep....Leon moes hulle vertel waar Klein Paradys en Dube is, ook nog nooit van gehoor nie

Ek het juis laasweek n ou gehad wat gepraat het oor steadies gebruik as domkrag. Vir ons is dit miskien commen sense om nie karavaan op te jack met steadies nie. Ek het hom n link via WhatsApp gestuur van draad op hierdie forum en hy het gelees sonder om deel te neem. Hy het my nadie tyd bedank en gesê hy het nooit geweet nie. Met ander woorde ons commen sense was vir hom goud werd en het sodoende miskien onnodige skade aan sy woonwa kon vermy

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 13:42:56 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Streng gesproke weet ek nie hoekom krap mense aan dinge soos top forum lede. Captiva het n doodgewone vraag gevra om duidelikheid te kry.

Waarom nie net terug antwoord met n doodgewone Antwoord. Dan will mense die ding nou ontleet, anniliseer, meet om te weet, spelling toetse, grammar checks en by die ou Grieke hul skrifte oop maak om agter die kap van die byl te kom

Is dit dalk nie n geval van onvermoee om by die onderwerp te Bly en onvermoee om self n draad te plaas sonder om ander se draad te kaap. As dit gaan net om punte te accumulate wie wil jy impress ?

Daar is n lys van name op die forum, Leon, Geert, Prof, Danie en nog vele meer wat indien ons dit na n Rangstelsel kyk verdien die manne om bo te wees met verdienste en met reg.

Wat wel ook baie moeilik is dat daar verwag word dat almal suur moet wees, droog soos biltong, n poging om n glimlag te skep is verbode. 

Ek het nog altyd kampers gesien as uitgesproke, vriendelike, eerbare mense wat daarvan hou om te lag, gesels, jolig te wees. Bymekaar te staan in wind en weer, storms, goeie en slegte tye. Sou die verander het is ek beslis nie n kamper.

Soms lyk dit of kamp verwar word met n aftree oord. Alles behalwe! lewe is te kosbaar om n dag se plesier te vermors en n smile is kos Vir die siel.

Bottomline moet hier n hengse klomp mense self ondersoek doen insluitende myself of hulle op hierdie forum hoort.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 13:48:41 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Geert - Eerstens, my opmerking was geensins gemik op jou bydraes nie. Inteendeel, ek dink jy lewer van die mees sinvolle bydraes.

Ek het dit eerder teen iemand wat iets sê, maar inderwaarheid sê hy niks. Om byvoorbeeld op 'n vraag t.o.v. 'n spesifieke oord of pad te antwoord: "Ek kan jou nie help nie, maar ek glo daar is iemand wat jou vraag sal antwoord". Dit is na my mening 'n sinnelose bydrae.

Of 'n nuweling vra 'n vraag en 'n forumlid reageer geenins op die vraag nie, maar sê net: "Welkom op die forum".  Hier is een ou op die forum wat derduisende "posts" 'agter sy naam het. Maar ek wonder hoeveel van sy insette inderwaarheid geen sinvolle bydraes lewer nie.

Stenig maar. Ek koes.

Is daar reëls wat sê wat jy mag sê en wat nie op die forum.

Wil ek iets sê moet dit van waarde wees.

Ek het ook duisende posts en as dit pla moet nie my posts lees nie, dalk vind Ander Baat daarby.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 13:53:03 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Nee wat! Die Top 50 lys pla my nie en kan bly. Het 'n paar weke terug dit gebruik om te kyk waar is my vriend. Toe sien ek sy profiel is in geheel verwyder.

Geen probleem met lede wat nuwe lede welkom heet nie en of net die gesprek te begin nie. Het al baie gesien dat kort daarna kry die persoon kundige terugvoer. Ek dink terwyl die onderwerp onder Latest Topics is met een inskrywing sien min mense dit raak. Met die tweede inskrywing skyf dit na Active Topics dan sien meer mense dit raak.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 14:44:11 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Wanneer iemand kritiek lewer vra ek myself af, is dit net om fout te vind, of is dit omdat dit  die Forum 'n beter plek kan maak. Meestal is dit die laaste geval. Verbeteringe kom mos net deur verandering. Nie dat alle verandering noodwendig verbetering is nie, maar as alles dieselfde bly sal niks mos verbeter nie. 

Ek stem saam met HM. Latest Topics kan net so wel met Active Topic saamgesmelt word, want soos dit nou daar uitsien bly mense onbewus van 'n nuwe onderwerp tensy hulle spesifiek na Latest Topics gaan kyk, of nadat iemand op 'n onderwerp reageer, waarna dit eers onder Active Topics verskyn.

Ek het egter sopas die stelsel omseil deur 'n nuwe onderwerp te plaas en toe dit onder Latest Topics verskyn bloot net daarop geantwoord met 'n Emoticon, en siedaar, die onderwerp is nou onder Active Topics, en hoef nie vir iemand te wag om daarop te reageer om op Active Topics te verskyn nie. Ek hou nie van die idee nie omdat dit op die rangorde van geroemde deelnemers 'n onverdiende krediet tot gevolg het.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 15:19:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wanneer iemand kritiek lewer vra ek myself af, is dit net om fout te vind,

Vra die man wat heeltyd will skool gee, spelling korrigeer, probeer om intelligent voor te kom. 

Hierdie forum in nie n hoeer skool en ons is nie op pad na n matriek eksamen. Hier se ons ons se en is verdraagsaam deur te probeer verstaan wat ander se en bedoel. Jy het dalk goeie intensies maar daadwerklik tyd om jouself in die ander een se skoen te sit en so te bepaal of dit aanvaarbaar is. n grap of terg is een ding maar om dit met erns te doen n ander.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 17:18:10 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

My oorlede Ma het n seding vir ons kinders gehad wat nou in my gedagte opkom en dit is:- "Dit is nie wat jy se nie maar hoe jy dit se". Miskien is ons ook maar net in twee kampe naamlik "te fyngevoelig" of andersins "te ongevoelig".  Ons het maar almal n "binneste".

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 17:22:20 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Sekerlik is hier bendelede vir wie dit saak maak wat sy tellertjie sê. Ek dink as ons eers begin praat oor die nommer waarop hy staan en hoeveel van daai bydraes sg. sinvol was is ons op dun ys. Maak dit regtig saak? Wat vir jou nie sinvol is nie is wel sinvol vir iemand anders. Dis hoekom dit 'n Forum is! Een aspek wat mens in gedagte moet hou is dat die tellertjie se eintlike doel die is van aantal besoeke/deelname. Dis veral belangrik vir adverteerders aangesien dit 'n indikasie is van advertensie blootstelling, hoe hoër die totale is hoe groter die "waarde" van advertensies. Sekerlik hoef die Admin nie die syfer te vertoon nie maar dit doen ook nie skade nie en is waarskynlik behulpsaam vir moontlike nuwe adverteerders wat gou wil inloer om 'n idee te vorm of dit die moeite werd sal wees om hier te adverteer. Ongelukkig sal webwerwe soos die (dis tog ook groter as net die Forum) nooit kan bestaan sonder adverteerders nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 17:27:15 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dit maak sin Jorg. Dankie daarvoor. So leer ek ook oor advertensiewese hier op n kampforum. Terselfdertyd loop my metertjie ook sinvol of nie sinvol nie LOL.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 17:39:56 pm
Douglas Green
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 498
Joined: 06 Sep 2010
Experience: 11 years

I see I am 50th on the list - bottom of the class ( again ).
Have been a member of this forum for close on 10 years and can't believe that I have posted 480 ( now 481 ) during this period.
I have posted a few funnies at times, but I hope that the rest have been informative and of use to other forum users - I know I have picked up quite a few tips.

Let's continue in the same manner to the benefit of all no matter how many posts we accumulate - there is no prize to be won at the end of the day.

Been there--done it. ( Talking about the bathroom )
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 17:56:46 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Hel manne ek het n vraag gevra nou raak dit n bek geveg, commen sence soos ek dit gebruik het, Waar maak ek die pottie leeg , wat doen ek met my grys water ens

Ek wou voorstel dat die spasie eerder gebruik word vir aktiewe onderwerpe daarom het ek die vraag gevra, nie om op tone te trap of vinger te wys nie   Nou het ek klaar my se gese, hou die forum lewendig en aktief

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:10:30 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Deesdae lees ek net en kamp te min om saam te gesels oor tegniese aspekte. Die lees gedeelte is soos sommiges dit stel net daar om kritiek te lewer. My siening van dit is om mede lede te herrinder daaraan om nie die persoon aan te vat nie maar eerder die probleem.

Daar was jare terug in n tydskrif n artikel...   Vra maar, anna malan sal help. So vra maar...  hier is baie "anna malans op die forum.

Daar was n tyd dat ons meer as een kamp per maand gedoen het en dan kon ek my "gadgets"   op die proef stel. 

Nou weet die meeste lesers van die moeilikhede en oplossings.

Oja... ek jaag nie die meterkie nie.  As dit moet wegval.  So be it.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:14:45 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek neig ook om saam te stem met Captiva, maar het oor die jare vrede gemaak met die stelsel.

Daar is ongetwyfeld ouens met duisende "posts", waarvan die oorgrote meerderheid  inderwaarheid sinneloos is.

Maar, soos reeds genoem, ek het vrede gemaak daarmee. Ek gee diegene se bydraes grootliks 'n "skip".

Gaan lees jou insette wat jy vir Erik gegee het oor die pad Na Swadini, jy het n jaar laas die pad gery.

Was dit nou waarde vol of net sinneloos on jou metertjie ook opte jaag.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:50:20 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Bak oor,  Jy  sê: " Vra die man wat heeltyd will skool gee, spelling korrigeer, probeer om intelligent voor te kom. 

Hierdie forum in nie n hoeer skool en ons is nie op pad na n matriek eksamen. Hier se ons ons se en is verdraagsaam deur te probeer verstaan wat ander se en bedoel. Jy het dalk goeie intensies maar daadwerklik tyd om jouself in die ander een se skoen te sit en so te bepaal of dit aanvaarbaar is. n grap of terg is een ding maar om dit met erns te doen n ander.

Bak oor, wil jy nie asseblief jou inset herformuleer nie. Ek wil graag seker maak dat ek nie jou bedoeling misverstaan nie. wink

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:56:43 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Japie/Captiva

Niks fout met jou draad. Gewone vraag wat deur moeilikheid makers ge sif word om te kyk waar en met wie hulle Kan skoor soek. Dit is nie nuut nie. Die klonge snuffel heeltyd. 

Die is die tiepe wat net uit verveligheid en omdat sy wederhelfde nie met so n suur drack wil praat, skoor soek met iemand in n ander provinsie. Maar kyk sy buurman vir hom oor die heining gaat kruip hy in die toilet weg net ingeval hy nie kan keer en homself besdinges. 

Baie opvallend sien ek nooit enige skoor soekende terugvoering's van enige Dames op die forum

Ek weet hulle is nie bang, Maar is seker verstom oor hoeveel huil gatte mans hulle speelgoed uit die kot gooi en mense beskuldig as bende lede omdat hulle bietjie alleen en uitgesluit voel juis omdat hulle nie weet hoe om deel te raak van n gesprek. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:59:27 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Hel manne ek het n vraag gevra nou raak dit n bek geveg, commen sence soos ek dit gebruik het, Waar maak ek die pottie leeg , wat doen ek met my grys water ens

Ek wou voorstel dat die spasie eerder gebruik word vir aktiewe onderwerpe daarom het ek die vraag gevra, nie om op tone te trap of vinger te wys nie   Nou het ek klaar my se gese, hou die forum lewendig en aktief

Hierdie onderwerp was 'n paar jaar gelede warm bespreek. So warm dat een van die lede, tans aktief, onderneem het om nie meer hier deel te neem nie tensy die lys verwyder word, of sy naam van die lys verwyder word. Destyds was die lys net die top 20 deelnemers so dit sou nie lank neem voor hy nie meer op die lys verskyn nie. Op die ou kriteria het hy sy doel bereik.

Maar Admin het ander planne gehad en vergroot die lys na die top 50 deelnemers met hul facelift. Sorry!

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 20:37:23 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Oom Jeep het vir ons almal 'n baie waar boodskap gestuur toe hy hier bo die volgende gesê het:

"Deesdae lees ek net en kamp te min om saam te gesels oor tegniese aspekte. Die lees gedeelte is soos sommiges dit stel net daar om kritiek te lewer. My siening van dit is om mede lede te herrinder daaraan om nie die persoon aan te vat nie maar eerder die probleem."

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 20:50:27 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 142
Joined: 26 May 2017

Hierdie Conveyer virus of Corona virus maak die manne moeilik, nag mede bendelede en sterkte vir die nuwe week.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 21:45:41 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Da gaat jy Ockert. Praat more.

Gaat n interresante week wees wat kom.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 08:21:46 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek sien geen probleem met die Top 50 lys nie.  Ek dink nie mens moet "Commen Sence" as 'n maatstaf gebruik om te meet nie.

Ek ken baie Profs en Dr's wat 'n groot tekort het aan Commen Sence veral die politieke ontleders.   Daar sal baie verskillende antwoorde op elke topic wees.   Kies die antwoord waarvan jy hou en stick met dit.  

Commen Sence vir die een ou is nie Commen Sence vir die volgende man nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 10:26:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Volgens my kan hulle dit maar verwyder.  As dit iemand pla hou die insette agter die skerm en klas die individue net as 'n Jupiter lid.  Dan gaan dit in elkgeval eerder lyk asof dit gekoppel is aan die tyd wat 'n persoon lid van die forum is.

Dan is dalk 'n kleiner issue .................. weet nie................ maak nie aan my saak nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 10:29:26 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Sekerlik is hier bendelede vir wie dit saak maak wat sy tellertjie sê. Ek dink as ons eers begin praat oor die nommer waarop hy staan en hoeveel van daai bydraes sg. sinvol was is ons op dun ys. Maak dit regtig saak? Wat vir jou nie sinvol is nie is wel sinvol vir iemand anders. Dis hoekom dit 'n Forum is! Een aspek wat mens in gedagte moet hou is dat die tellertjie se eintlike doel die is van aantal besoeke/deelname. Dis veral belangrik vir adverteerders aangesien dit 'n indikasie is van advertensie blootstelling, hoe hoër die totale is hoe groter die "waarde" van advertensies. Sekerlik hoef die Admin nie die syfer te vertoon nie maar dit doen ook nie skade nie en is waarskynlik behulpsaam vir moontlike nuwe adverteerders wat gou wil inloer om 'n idee te vorm of dit die moeite werd sal wees om hier te adverteer. Ongelukkig sal webwerwe soos die (dis tog ook groter as net die Forum) nooit kan bestaan sonder adverteerders nie.

Die wat add's hier wil plaas vra of kyk na wat sê Google hoeveel hiets het die forum gehad in sekere tyd gleuwe.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 11:22:50 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4656
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Die tellertjie soos Willem se stem ek ook saam wat maak dit saak ek was ook lank onaktief hier gewees wel so nou en dan kom inloer n forum is n plek waar n ou soos ek kan leer by ouens soos julle op die forum en so vriende maak

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 13:31:49 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 418
Joined: 28 Feb 2018

Halo Danie SLK, you stated "A spade a spade", that's really British. Here in South Africa (Azania) we call a spade a foshol , or what what old bean ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 13:45:28 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Weer eens. Wat krap ons aan twak praatjies oor hits, rang lys, bendes.

Gn wonder hier is so baie fights op die forum. Niks beter om te doen en oor te praat. As die topic nie n waste of time is nie weet ek nie. 

Ek daag elke persoon op hierdie draad om n topic oor kamp te begin sodat ons hierdie smartie box op die forum Kan uit skakel om weer daardie kamp gevoel te kry.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 21:42:46 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 121
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Dames wat se julle ?    Die lewe bestaan uit keuses -  of jy iets nuttigs iets stupids iets grappigs of sommer net welkom wil se aan n nuwe lid - so be it !   Die lewe is kort genoeg geniet alles wat jy doen, hierdie forum benadeel bevark beskinder belieg en besteel niemand nie so geniet die bietjie relaxing tyd wat ons het om net hallo te se vir n nuwe vriend.  Ek geniet eerder hierdie tipe social media wat my nie blootstel aan gevaar of vreemde elemente nie.  Ek leer baie dan dink my man dis ek wat so slim is.  Geniet jul camping en gaan voort met jul postings jul voel soos family !    En nee ek het nie posting punte nodig nie en word ook nie deur die redakteur ge sponsor nie !!!   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 22:00:49 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dames wat se julle ?    Die lewe bestaan uit keuses -  of jy iets nuttigs iets stupids iets grappigs of sommer net welkom wil se aan n nuwe lid - so be it !   Die lewe is kort genoeg geniet alles wat jy doen, hierdie forum benadeel bevark beskinder belieg en besteel niemand nie so geniet die bietjie relaxing tyd wat ons het om net hallo te se vir n nuwe vriend.  Ek geniet eerder hierdie tipe social media wat my nie blootstel aan gevaar of vreemde elemente nie.  Ek leer baie dan dink my man dis ek wat so slim is.  Geniet jul camping en gaan voort met jul postings jul voel soos family !    En nee ek het nie posting punte nodig nie en word ook nie deur die redakteur ge sponsor nie !!!   

So n bekkie kort melk tert 😇

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 08:33:20 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Dames wat se julle ?    Die lewe bestaan uit keuses -  of jy iets nuttigs iets stupids iets grappigs of sommer net welkom wil se aan n nuwe lid - so be it !   Die lewe is kort genoeg geniet alles wat jy doen, hierdie forum benadeel bevark beskinder belieg en besteel niemand nie so geniet die bietjie relaxing tyd wat ons het om net hallo te se vir n nuwe vriend.  Ek geniet eerder hierdie tipe social media wat my nie blootstel aan gevaar of vreemde elemente nie.  Ek leer baie dan dink my man dis ek wat so slim is.  Geniet jul camping en gaan voort met jul postings jul voel soos family !    En nee ek het nie posting punte nodig nie en word ook nie deur die redakteur ge sponsor nie !!!   

Madelene, Go Girlinnocent

Ek hoop jy gesels in die toekoms lekker saam.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 11:05:59 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Die wat add's hier wil plaas vra of kyk na wat sê Google hoeveel hiets het die forum gehad in sekere tyd gleuwe.

Heeltemal reg Willem. Maar ek sou dink die data rondom spesifieke onderwerpe of dan drade sou ook handig te pas kom as ek sou wou adverteer. Bv as my produk se toepassing nooit juis bespreek word nie sou ek ten spyte van baie webwerf hits eerder elders adverteer. Dalk moet mens ook byvoeg dat hoe meer hits 'n webwerf kry hoe duurder word advertensies ook, amper soos die mal pryse wat mense vir advertensies betaal wat tydens TV prime time vertoon word (dink dis rondom die dag se hoofnuus?), ander tye word progressief goedkoper.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 13:13:04 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Met betrekking tot die oorspronklike vraag, ek sien geen fout daarmee nie. Wat is fout daarmee om herkenning te kry vir jou deelname? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 18:27:34 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Halo Danie SLK, you stated "A spade a spade", that's really British. Here in South Africa (Azania) we call a spade a foshol , or what what old bean ?

Lance we cannot say it in Azania = also please spell it as ifoshole - hehehehehe. Google does not know what a spade is called.

So paar van ons drade hier het nou geraak soos my vrou altyd se: "Julle manne kan erger aangaan as 'n klomp vrouens oor niks nie"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za