English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 781
Total Replies: 239 489
Total Views: 82 800 956
topics: 11 118
replies: 130 528
views: 39 089 701
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Toer : Bespreek of nie.

replies: 16
views: 359
01 Jan 2020 @ 19:50:27 pm
DaanPot
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 18 Jul 2017
Experience: 28 years

Ons is so vier kvaan sleepers wat graag saam Toer. Gewoonlik word beplan en vooraf bespreek en almal val  spontaan in. Dit voorkom enige struwelinge van hoe lank waar gekamp moet word. Ons wil graag Kaapstad en omgewing verken maar wonder wat doen ander toergroepe tov besprekings al dan  nie. Bv toer sonder om te bespreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 08:40:59 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6446
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Ons het nie kinders in die skool nie so ons gaan buite sysoen en bespreek nie. As jy bespreek en die plek is nie lekker nie het jy n probleem.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 08:56:16 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Daar is plekke waar 'n mens moet bespreek, meeste binne-seisoen.

Buite seisoen bespreek ons nie. Daar sal altyd iewers plek wees om aftesaal.

Ons kyk gewoonlik wat in die omgewing is, waar ons wil wees, dan kyk ons na die verskillende opsies met ons aankoms. Indien nodig, boek ons in, net vir een aand, dan verken ons die plekke in die omgewing, daarna maak ons die besluit waar om te bly...

On The Road Again
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 09:08:35 am
DaanPot
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 18 Jul 2017
Experience: 28 years

Dankie vir kommentaar. Wonder nog steeds wat doen toergroepe?  Is dit nie n moontlike konsep vir meningsverskille as elkeen n sê wil hê nie.  Alleen of net twee sal nie n probleem wees nie.  MAAR  ....   Toer gaan ons Toer!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 16:32:28 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2729
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons maak ook soos Campervan.  Die uitsondering is die Kruger wildtuin waar dit veiliger is om vooral seker te maak.

Wat groepe betref, het ons geen ondervinding nie.  Met 'n groot groep sou ek seker maak by kleiner kampe.  Oor die moontlike meningsverskille oor spesifieke oorde dink ek daar moet miskien maar vooraf ooreengekom word dat as lede nie na 'n plek wil gaan nie waarop die meerderheid besluit, moet dit hulle vry staan om elders heen te gaan en dan voerentoe weer by die groep aan te sluit.  Almal het tog selfone wat dit maklik maak.  Dit sal die saamtoer bietjie onderbreek maar dis waarskynlik beter as om met ontevrede toerlede te moet verkeer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 19:48:41 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 285
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

We always camp out of season and prefer not to book in advance, we do however phone ahead to secure a site  before leaving on the next leg of our trip. If we intend to stay put for two or three weeks at a particular venue, we will phone a few days ahead of departing.

Sometimes you decide to turn off at the spur of the moment to try something new, it's worked so far.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 20:43:32 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3899
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dankie vir kommentaar. Wonder nog steeds wat doen toergroepe?  Is dit nie n moontlike konsep vir meningsverskille as elkeen n sê wil hê nie.  Alleen of net twee sal nie n probleem wees nie.  MAAR  ....   Toer gaan ons Toer!

Ek stel voor dat iemand aangwys word as toerleier om leiding te gee. Gewoonlik die persoon wat die area en oorde die beste ken. As daar nie konsensus oor die toerleier bereik kan word nie dan is ek bevrees erens gaan julle paaitjies skei. 

'n Basiese toerplan waarmee almal gemaklik is, is nodig 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2020 @ 07:09:14 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 978
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek kamp liewer op my eie. Dan maak ek net soos ek wil - hoef nie ander mense in ag te neem nie. Vir my is die hele doel van kamp om te ontspan, en om vry te wees sonder verantwoordelihede.  Ja, ek bespreek altyd vooruit....😁

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2020 @ 11:02:14 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Dankie vir kommentaar. Wonder nog steeds wat doen toergroepe?  Is dit nie n moontlike konsep vir meningsverskille as elkeen n sê wil hê nie.  Alleen of net twee sal nie n probleem wees nie.  MAAR  ....   Toer gaan ons Toer!

Toermaatskapye adverteer 'n spesifike toer, wat sekere plekke insluit. Almal wat wil saamry, besluit op hul eie, of die toer vir hulle geskik is, en dat dit alles insluit wat hulle wil doen/sien.

Afhangend aan hoe lank die toer is, sal hulle elke paar dae, ingeboude rus dae he, waar mense hul eie ding kan doen in die omgewing, van waar hulle die rusdae het. Daarna gaan die toer voort na die volgende plekke, tot daar weer rudae is. Gedurende die rusdae, kan jy doen wat jou pas, of dit nou rondry en verken, of net te sit en lees, of slaap/kuier.

Die is hoe betaalde toere werk, waar die toer organiseerders, kos en verblyf kan voorsien. Hoe meer keer die georganiseerde toerleier rusdae het, hoe meer geld maak hy/sy, want hulle het dan net kos wat hulle moet voersien, en hoef geen brabdstof uit-te-brand nie, wat gedoen word terwyl hulle van plek na plek ry/toer. Tussen vriende betaal almal vir hulself, en die rusdae maak geen verskil aan die toerleier se sak nie (Almal se kostes is hul eie ...

Indien ek met 'n groep gaan toer, sal ek 'n ritsplan opstel, van die roete wat ek beoog om te ry, wat almal wat die toer gaan bywoon, 'n afskrif sal kry. Almal word dan die geleentheid gegee, om die ritsplan te studeer, en dan hul wense intesluit, wat hulle op die roete wil sien/doen.

Indien hulle iets wil doen, wat heeltemal afwyk van wat op die roete is, dan kan die hele groep besluit of dit ingeskryf in die roete moet wees, of moet dit op 'n ander trip ingebring word. Op die manier word konsensus behou. Wanneer die finale reisplan opgestel is, dan moet dit so deurgaan, sonder enige ander veranderings. Die wat langs te pad wil afwyk, moet dan hulle eie pad kies, soos dit hul pas...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2020 @ 18:22:23 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2007
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ons situasie is ietwat anders. Ons reis alleen met die karavaan en omdat ons buite seisoen kampeer is dit weinig nodig om enige bespreking te doen. Ons bespreek wel ons langstaan staanplek vooruit om dieselfde staanplek te behou. Die reis tot daar en terug word onbespreek gedoen.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2020 @ 20:09:51 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4562
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ons kamp ook buite seisoen ons bespreek as ons wel 2 weke plus staan anders go with the flow

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2020 @ 09:08:31 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2729
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons kamp ook op ons eie.  Ons het vir 'n aantal jare aan SAWA behoort wat baie lekker was, maar dit was net naweekkampe.  Ek twyfel of ons dit sal kan uithou om vir 'n lang tyd die groepsding sal kan doen.  Selfs met sulke kort saamwoon het ek tekens van groepsvorming gesien en ek dink op 'n langer toer sou die groep in twee verdeel.  Ons het maar geneig na die meer gematigde groep terwyl die ander groep die, sal ek maar sê, "vroliker" groep was wat bietjie meer "geinspireerd" gekuier het.  Ons, veral ek, is nie baie vatbaar vir groepsaktiwiteite nie en hou nie daarvan dat ander besluite vir my neem nie- seker maar hardegat, maar so is dit. 

Dit mag ook wees dat mense verkies om op groepstoere te gaan omdat dit hulle 'n verstaanbare gevoel van veiligheid gee.  Ons het nog maar selde onveilig op toere gevoel, maar ek kan dit verstaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2020 @ 17:26:40 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3899
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die lede van 'n groep moet nie eiewys wees nie. Dan is dit beter dat hy sy eie ding doen.

Sal gou agterkom wie nie in die groep behoort nie tydens die opstel van die toerplan.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2020 @ 19:17:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8716
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sal dit eerder verkies om op my eie te wees of saam een wat die gebied ken waar ek nog nie was nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 09:24:38 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1801
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Dankie vir kommentaar. Wonder nog steeds wat doen toergroepe?  Is dit nie n moontlike konsep vir meningsverskille as elkeen n sê wil hê nie.  Alleen of net twee sal nie n probleem wees nie.  MAAR  ....   Toer gaan ons Toer!

Ons het so paar jaar terug oor 'n Desember (dit was vrek warm) deur Noord Kaap, Namakwaland, Sederberge en Tankwa getoer en 7 nasionale parke besoek. Dit was baie besig want dit was in seisoen. Ek sal weer so iets wil doen maar sal dit dan buite seisoen (nie in blommetyd nie) doen aangesien ons nie gebonde wil wees nie. Jy slaap waar jy kom. Ons het al op die wyse in Julie skoolvakansie van Gauteng af Kaap toe getoer. Dit het ons 7 dae geneem en ons het orals in gastehuise plek gekry.  

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 11:42:46 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Indien ons so toer, dan kamp ons elke aand...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 09:16:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15298
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons is so vier kvaan sleepers wat graag saam Toer. Gewoonlik word beplan en vooraf bespreek en almal val  spontaan in. Dit voorkom enige struwelinge van hoe lank waar gekamp moet word. Ons wil graag Kaapstad en omgewing verken maar wonder wat doen ander toergroepe tov besprekings al dan  nie. Bv toer sonder om te bespreek.

Dit hang seker maar af wanneer jy toer. Binne of buite seisoen.

As dit binne seisoen is sal ek voorstel jy bespreek vooraf om plek te bevestig.  Buite seisoen sal ek nog kans vat om nie te bespreek nie en pad vat soos hy kom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required