English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 294
Total Replies: 262 870
Total Views: 83 600 669
topics: 1 159
replies: 12 216
views: 4 838 472
Jokes and everything else that makes you laugh

Toe begin ek Vape!

replies: 14
views: 875
04 Nov, 2017 @ 06:26:54 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3138
Joined: 24 Aug, 2011
Experience: 31 years

Getrou roker wat ek is, besluit ek om te begin VAPE! Jy spreek dit uit .... WEIP!!!!

Wat n kultuur skok!!!

Sien, dit werk so.....jy koop daai masjien by enige Gupta geaffilieerde plek. Charge hom, gooi olie in....nou nie Two Stroke of Castrol GTX nie.

Dan kiekstart jy hom en vat n trek!!!!

Liewe tonteldoos.....hy pluk jou longe in n ander bloedgroep in !!!! Ek hoes......vat weer n trek.......en hoes !!!!! Ek voel hoe my milt 4000RPM,s draai. My niere klap my lewer met een moe.....wiese shot. My dikderm gee 2 bokspringe! Net voor ek n aar bars toe sien ek my toon naels het omgekrul. Ek gryp toe gou die grinder en grind hulle mooi kort!

Die lekkerste van weip!!!!!

Jy sit daai masjien in jou sak soos n pakkie 20, Dan neuk hy om en al die olie loop uit in jou sak!!!! Sit hom neer in die Hilux se console... Dan lek hy meer olie as die nuutste Ford op die mark.

Ja en as die betterie afloop charged jy hom sommer met jou slimfoon!

Dit gee sommer Nuwe betekinis aan die gesegde.......hy rook sy kouse!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov, 2017 @ 09:45:11 am
Anonymous

Skerp Hannes, ek het nou gelag dat de trane spat

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov, 2017 @ 10:42:12 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 54 years

Dankie Hannes. Het ook toonnael probleme en sal een probeer.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov, 2017 @ 10:44:28 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct, 2013
Experience: 43 years
die vertolking baie geniet. Dankie vir die deel...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov, 2017 @ 22:50:12 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan, 2015
Experience: 21 years
Liewe koekhuis!!!!! Dis nou 22:45. Ek het sekerlik nou n paar kampeerders wakker gelag. Ons kamp tans in Kruger wildtuin. Malelane kamp. Lekker kamp. Bietjie geraas van die pad. Niks ernstig. Als was stil.....tot ek nou hierdie VEPE storie lees!!!! Flip.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
05 Nov, 2017 @ 09:18:40 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr, 2011
Experience: 3 years

Goeie storie, Grumpy, ek het net so lekker gelag.  Laat weet ons hoe dit verder met die wiepery gaan.

Geniet die wildtuin, Flip!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov, 2017 @ 21:47:45 pm
Alan
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 26 Aug, 2017
Experience: 4 years
Hahaha baie dankie!! Ons het nou lekker gelagπŸ˜‚πŸ˜‚
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov, 2017 @ 10:14:59 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 584
Joined: 19 Jul, 2015
Experience: 29 years

Hannes ek het nou my krippel gelag. jy moet daai ding diep trek pappa. daar moet so bruin vlek in jou onderbroek wees, dan sal die wiep nie olie lek in die Hilux nie.

wat kos die affere?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov, 2017 @ 12:45:43 pm
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 06 Mar, 2014
Experience: 7 years
Hi as enige-iemand sou belang stel in die Weip-storie, kan ek hulp en raad offer.

Het al so betjie ondervinding opgedoen. Nou al 4 maande weg van my 2 Pakkies/dag gewoonte.

Les Nr 1. Dit is nie goedkoper nie.....
Les nr 2. Dit is lekkerder as wat rook hoort te wees, en dit maak dinge nog duurder.
Les nr 3. SWAMBO gaan meer soene soek want die asem stink nie meer nie...

My stap vir stap leiding:

a) My aanbeveling is om met 'n goeie mod te begin. (Smok, Twisp, Eleaf). Spandeer maar geld hier. Meeste mense wat te klein koop, koop weer later - so bele maar in die ding en maak seker dit is een wat verstellings kan maak.

b) Vind uit watse gedoente 'n "Mod" is...

b) Bly weg van tabakgeure. Jy wil wegkom daarvan.

c) Ken die term "dry hit" en hoe om dit te vermy.

d) Begin met 'n 0mg botteltjie, en gebruik die om jou mod op te stel. Maak seker jy verstaan funksies en dat jy 'n lekker gemaklike opset het.

e) Dan kan jy jou nicotene olietjies ingooi. Pasop - enige iets bo 12mg gaan jou longetjies peper gooi....

f) Coils kos geld en hul hou nie vir altyd nie.

g) Soos kamp, is daar altyd iemand met 'n groter, beter Mod as jy... Pasop vir die gier om te veel te spandeer. (Se ek, na ek besef het hoeveel mods ek het wat rondstaan, slegs na 4 maande)

Raad is gratis - daar's meer vapers (Weipsters) as wat jy dink - en almal is reg om raad te gee...
WERK SE MOER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov, 2017 @ 16:29:35 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3138
Joined: 24 Aug, 2011
Experience: 31 years

Kyk, Goedkoop is hy nie. Beginne hier by R300 en eindig seker by n plek in Dubai!

Die ding is nie vir sissies nie, my pankreas het my laat weet om die ding so ruk lank te stop. En ek kan dit verstaan! Blykbaar as ek by n klient aankom lyk dit of my oe wil uitpop amper soos ou Spekkies se profile pic.

Weip gaan ek Weip!!!

Jongste knaap my so fancy masjien geleen. Jy kan sy Watts stel. Amper soos Whatsup net baie anderste. 40W 50W op tot 80W.......net dankbaar die ding werk nie met 220V nie. Dit sal n shocking experience afgee!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov, 2017 @ 16:35:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18696
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Kyk, Goedkoop is hy nie. Beginne hier by R300 en eindig seker by n plek in Dubai!

Die ding is nie vir sissies nie, my pankreas het my laat weet om die ding so ruk lank te stop. En ek kan dit verstaan! Blykbaar as ek by n klient aankom lyk dit of my oe wil uitpop amper soos ou Spekkies se profile pic.

Weip gaan ek Weip!!!

Jongste knaap my so fancy masjien geleen. Jy kan sy Watts stel. Amper soos Whatsup net baie anderste. 40W 50W op tot 80W.......net dankbaar die ding werk nie met 220V nie. Dit sal n shocking experience afgee!


Ek dink daai fancy masjiene is dit wat die ouens gebruik wat wil ophou rook. Hulle sit hom seker eers op so 80 en skaal dan so geleideik af tot amper niks.....tot jou ligaam nie meer behoefte het nie.
Ek het al paar ouens gesien by die robots wat wild rook....lyk of kar binne aan die brand geslaan het soos die rook by vensters uitborrel.....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2017 @ 07:37:21 am
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 06 Mar, 2014
Experience: 7 years
Lekker lag ek nou! Mens kan nogal lekker wolkies blaas!

Nie so seker oor die gedoentes vir R300 nie. Ek dink mens gaan vinnig opskaal na 'n beter, sterker gadget.

Ek het sigarette gelos sonder te veel moeite. Mens begin op groter nicotene inhoud, en lae watts, en soos die nicotene minder word, stoot jy die watts al hoe meer op en op - vir groter wolkies. Dis tot 'n sport onder die jonger "cooler" mense.

Het begin op 18Mg @ 40W
Trek nou op 6 MG 75W - Dink 80 is my persoonlike "confort zone", al kan ek groter gaan met my G320.

Interessant - studies dui dat die langer wat jy neem om af te skaal to by 0Mg, die groter jou kans vir sukses in die lange duur. 54% sukses onder mense wat ongev 12 maande of meer neem.
Die ander 46%, dalk te vinnig, of R300 Mods...
Leer maar oor DIY juice mix - die kan 'n duur speletjie word.

Gits. Gesels oor Vape op 'n Karavaan forum van alle plekke. Lekker Man!
WERK SE MOER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar, 2021 @ 07:39:22 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18696
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

🀣

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar, 2021 @ 08:55:00 am
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1555
Joined: 26 May, 2013
Experience: 47 years

Haai Manne en Mannine

Sit ek nou wavers die lange storie en deur lees  toe verwonder ek my nou so bietjie

Daai ou diesel Ford engentjie hier op die werf wat die water pomp en so alte lekker rook,

sou ek noe soen VAPERtjie hier by hom kan inpas en werk maak.

dan gaan dit mos nou hier by die opstal alte lekker ruie. Geemn meer beeskraal en diesel roet nie

die kan mos nou 'n alefere wees en die kinners sal dan dalkies ook meer kom kuier en self die geltjies wat hulle so elkemaand leen kom haal  want hulle weet ek sukkel maar met die EFTs

 

Groete

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar, 2021 @ 10:42:38 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1159
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 41 years

Dit laat my dink aan die briljante Kyk-Net Stella-advertensie waaroor almal so plesierig raak.

 

Manne, soos Stella sê : Wees cool

 

Los daai vape-ding, 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za