Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22147 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17887 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6350 |
Bostoe | 5513 |
BrianB | 5441 |
HM | 4790 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2761 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2156 |
Chris Boucher | 2025 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1878 |
Nico | 1777 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1694 |
Dansan | 1533 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1352 |
George | 1281 |
Louvan | 1261 |
RichardJ | 1199 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 867 |
JohanMarais | 825 |
Piet Ford | 738 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 667 |
Benkie | 595 |
Douglas Green | 578 |
Willie54 | 456 |
1Pierre2 | 450 |
Platinum Member | 250 + |
Harv | 424 |
Rare Breed | 423 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 280 |
Meerkat | 272 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 233 |
Bushbaby | 208 |
Trev1 | 201 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 187 |
elkerlyc | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |





Terugvoering - The Kingfisher Country Cottage's and Trout Lodge
Terugvoering hoe ons persoonlik The Kingfisher Country Cottages and trout lodge ervaar het
Die oord is geleë langs die Schoemanskloof pad naby Machadodorp in Mpumulanga.Die toegang tot die oord is op n grondpad van ongeveer 5km wat in n baie goeie toestand is, ons het n Jurgens pad karavaan en het geen probleem gehad om daar uit te kom nie.....maklik toeganklik vir enige sleep kombinasie. Bespreking het maklik en vinnig gegaan via epos, maar kan ook aanlyn gedoen word via knightbridge. n Dag voor aankoms het ons klompie WhatsApp boodskappe gekry vanaf oord met belangrike inligting, pad aanduidings, spyskaart en ander reelings. By aankoms is ons baie vriendelik ontvang met n komplimentere glasie sherrie en is deur personeel deur oord geneem om te wys watter fasiliteite daar alles beskikbaar is. Na dit het hul ons na ons staanplek vergesel en seker gemaak alles is in werkende toestand soos krag, water, gas geyser ensovoorts van privaat ablusie.Ons het sommer dadelik baie welkom en tuis gevoel. Die ontspanning is hoofsaaklik om lekker rustig in die natuur te wees en dan die geleentheid om forel te vang in een van die vele damme op hul oord. Indien jy nie jou eie kunsvlieg visvang toerusting het nie, kan dit op die oord gehuur.word teen n minimale koste. Ons het nog nooit flyfishing gedoen nie, maar die vriendelike personeel op oord het ons gou tou wysgemaak wat die basiese beginsels is. Binne die eerste uur het my en my vrou wat ook nog nooit flyfishing gedoen het nie, beide ons eerste forelle uitgetrek. Die oord het fasiliteite om dit vir jou af te slag. Ons het gevra dat die sjef van die restaurant op oord vir ons die forel kan gaar maak. Ons het die aand dit toe as aand ete in hul gesellige restaurant genuttig....dit was absoluut uit die boonste rakke gewees. Daar is ook ander damme op die oord met ander visse in wat hul noem " vir die papgooiers" Vir die kinders is daar lekker klimrame en trampolines. Dan is daar n lapa waar daar n pool tafel, veerpyltjies en ander gespeel kan word. En dan n heerlike swembad vir daai lekker warmer somersdae. Dan nog nie eers gepraat van die lekker stap roetes op die oord nie. Die stap af na die waterval is beslis die moeite werd....dis asemrowend mooi daar onder by die valle. Tydens warmer maande kan mens lekker afkoelmin die groot poel onder die waterval.....ons was egter in die winter daar, so het dit nie aangedurf nie. Andersins was dit net lekker om by ons kampeer staanplek rustig te verkeer en die stil en mooi omgewing om ons te geniet. Alle personeel was deurgaans baie vriendelik en behulpsaam gewees. Deel van groot sukses en aangenaamheid van oord is dat eienaar ook baie betrokke is by sy gaste....help waar hy kan en het ook kom draai maak in karavaanpark om te hoor of alles in orde is en of ons iets benodig. Ons het deurgaans baie veilig gevoel. Die toegang tot die oord word met n elektriese hek beheer...gaste word verskaf met n toegangs kode wat hul moet insleutel om hek oop te maak. Alle staanplekke het hul eie privaat ablusie. Dit is in n hout huisie wat baie pragtig in die omgewing saamsmelt en gesellig lyk. Binne is n ruim stort, wasbak en toilet. Buite onder dieafdakkie is daar skottelgoed wasplek. Water word verhit via gas geysers, so daar is heeltyd lekker warm water beskikbaar. Buite die ablusie het elke staanplek ook sy eie water kraan en kragpunt wat met gewone 3-punt kragprop werk. Elke staanplek het sy eie asblik asook n stewige ordentlike braaier. Staanplekke is bedek met netjiese gesnyde versorgde groen gras....dit was nie eers nodig om ons grondseil te gebruik nie. Staanplekke is duidelik genommer en grense is duidelik afgemerk met hout afskortings tussen mekaar. Staanplekke ook baie gelyk. Die winkel op oord verkoop alle basiese benodighede wat n kampeerder sal benodig asook oulike aandenkings .....alles baie billik geprys. Dan is daar n baie aantreklike en gesellige restaurant en bar. Ons was in die winter daar....hulle het toe die aand n heerlike warm kaggelvuur aangesteek terwyl ons heerlik warm daar binne kon rugby kyk en eet/kuier. Die kos is absoluut heerlik en baie bekostigbaar. In die middae kom hul verby jou staanplek met n vierwiel bakkie met hout te koop vir daai gesellige kampeer vuurtjies. Die atmosfeer was deurgaans absoluut fantasties gewees. Medekampeerders was almal gaste wat ook net die pragtige natuur op n rustige manier wil geniet....so was fantasties, geen probleem met lawaai ensovoorts nie. Die eerste aand het dit baie geryp....die volgende oggend het die oord soos n sprokies wêreld gelyk met al die wit ys. Dit het so baie geryp dat sommige fotos lyk of dit daar gesneeu het. Krane se water toevoer was vroeg oggend gevries gewees. Heerlik het ons toe n ontbyt met koffie in die warm sonnetjie in restaurant gaan geniet. Ek voel die kampeer kostes bied goeie waarde vir geld as mens kan verwys na netjiese privaat ablusies en pragtig versorgde staanplekke en fasiliteite. Vir diè wat nie kampeer nie, is daar verskeie aantreklike chalets beskikbaar op oord met pragtige uitsigte. Daar is nog ander besienswaardighede in die omgewing, maar die oord het vir ons meer as genoeg gebied dat dit nie nodig was om elders te gaan nie. Sal ons teruggaan na hierdie oord? Ja, baie beslis, maar dan sal ons bietjie langer wil bly. Ek kan hierdie oord met n ope hart aan my medekampeerders aanbeveel wat ook van pragtige natuur en rustige kampeer ervaring soek. Ons het hierdie oord as een van ons stoppe oppad wildtuin toe gemaak, en sal dit beslis in die toekoms weer doen. Soos ek nou geskrywe het, mis ek die oord reeds.....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Toegangs roete met oulike borde oppad na oord
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ontvangs, restaurant en ontspannings areas
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Erg ryp die oggend....het gelyk soos sprokies wêreld
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Restaurant het die Forel wat ons gevang het heerlik gaargemaak
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Hond het self kom tuismaak by ons staanplek...het ook saamgestap na waterval. Geskenk was n verrassing van n ander forum lid
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Daaglikse hout aflewering

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Baie dfankie vir deel Geert. Net jammer dat die meeste foto's nie oop maak nie.
Kan Admin asb. aandag daaraan gee.
Moeg geploeg.
Nadat ek my boonste boodskap geploaas het, het al die foto's afgelaai.
Was seker maar 'n fout met internet aan my kant.
Moeg geploeg.
Heck this resort can work for me ,chilling out in the lovely countryside.
Reminds me of Glensheiling Park near Nottingham rd......Lekker koud in the winter but lovely days being experienced if no icy wind was blowing from the berg.
Enjoy and thanks for sharing
none
Geert thanks for the feedback really looks very nice there, going to add this one to my goto list
Thanks Geert, looks great, perhaps sn enroute to Kruger alternative.
Living the dream

Baie dankie. Kamp altyd by Phalaborwa Safari Park voor ons wildtuin ingaan. Hierdie lyk na pragtige plek en beslis 'n opsie om te oorweeg in die toekoms.
Dankie vir 'n uitstekende verslag Geert.

Dankie vir die terugvoering. Ek het glad nie eers geweet van die spesifieke kampeer-plek nie, en is verbaas hoe mooi dit daar is. Ek gaan volgende week gou my plek bespreek vir Augustus. Die uitsig op die berge en die privaat ablusies het dit aan my verkoop. Ek sien die staan plekke is genommer en jy kan dit so bespreek ook. Het almal die pragtige uitsig oor die vallei en berge, of is party agter die bloekombome weggesteek.
Al die kampeer staanplekke is in 2 rye wat se uitsig almal noord kyk. Ja, jy kan spesifieke staanplek nommer bespreek.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
