Hier is my persoonlike ervaring van besoek aan Dinokeng Camp and Leisure.
Die hoofpad na die oord is grond en was baie sinkplaterig....omtrent 2 km, maar die pad binne die oord is baie nice. Die sinkplaat pad moet mens maar net stadig vat....die eindpunt is darem n beloning met die heerlikste oord. Die ontspanning is hoofsaaklik om die stilte van die natuur te geniet met die wilde diere om jou wat rustig tussen die kampeer plekke wei. Die njalas is so mak....hulle eet selfs uit jou hand uit. Ons het ook heerlik op die oord rond gestap en wild besigtig. Oord se veld is in baie goeie kondisie. Ons het met die stap afgekom op Blou wilde beeste, koedoes, Njalas, Bles bokke, wit blesbokke en rooibokke. Die oord personeel was regtig baie vriendelik en gasvry gewees....hulle is deurentyds betrokke sodat verblyf glad verloop. Ablusies was n plesier om te gebuik: Genoeg, skoon, netjies en lekker groot stort areas. Daar is ook voorsiening gemaak vir n paraplegiese badkamer. Ons het deurgaans veilig gevoel. Hulle verkoop hout en ys op die perseel, maar net buite oorkant die pad van oord se ingang is n klein kafee anders kan mens so 3km ry na die Safari mall waar daar n supermark, garage, drank winkel en slaghuis onder andere is. Die atmosfeer hier was heerlik rustig gewees....so in die natuur en wilds lewe. Ons het die Saterdag self deur die Dinokeng Big5 wildsreservaat gery. Die staanplekke is regtigwaar heerlik groot met n paving vierkant op elkeen. ...vir die warmer dae sal ek aanbeveel om n ekstra afdakkie saam te neem, maar daars n heerlike silverskoon swembad wat op jou wag om af te koel. Ons het dit egter nie gebruik nie, aangesien dit winter was, maar kan glo dat daai goud werd gaan wees in die somer. Staanplekke is duidelik genommer en afgesper. Ek voel dat ons goeie waarde vir ons geld gekry het aangesien alles in ons skoen gepas het. Ons sal beslis weer terug keer na hierdie oord en sal dit sterk kan aanbeveel vir enige kampeerder wat hou van die natuur en rustigheid daarvan kan waardeer. So terloops.....ons volgende besoek aan hierdie oord is reeds in beplanning. Ons het met n swaar gemoed die oord verlaat....wou nie, dit was te lekker hier.....gelukkig is die volgende bespreking reeds op die tafel
Hier volg klompie foto's van oord en geriewe
Skuus....ek probeer fotos laai....maar sukkel weereens🤔🤔🤔
Karavaanpark gedeelte
Admin....kan julle asseblief hierdie draad delete....stelsel wil nie fotos laai nie.
Dit wat Geert hierbo noem Kan ek sekondeer.
Goeie more almal,
Ons het 2 toetse gedoen en gevind alles werk normaal sonder enige probleme.
Kan julle asb vir ons screenshots stuur na updates@vserve.co.za van die probleem wat julle ervaar wanneer julle fotos probeer laai.
Lekker dag verder.
Groete Brian

Kyk onder galleries....daar is 2x pogings van gister wat nie wou laai nie....fotos lê net daar sonder dat dit gekoppel is aan n draad. As ek post wys daar boodskap dat suksesvol is, maar as mens dan af scroll na reply, dan is net die woorde daar maar nie die fotos nie.....die fotos is dan wel sigbaar onder galleries. Dit gebeur op gereelde basis....as jul by my galleries loer, gaan julle klomp albums sien wat nie titel het en gekoppel is aan n draad nie

Soos hierdie een van blomme....jul sal sien dat ek 6x album moes create voor hy deurgegaan het
Is bly julle het geniet wil ook Kyleu Boskamp gaan draai
More almaal,
Is dit net 'n na-week kamp. Indien nie , vir hoe lank het jullie daar gekamp?
As pensioenaries stel ek belang om daar te gaan kamp. Sy my, is daar hulp beskikbaar met tent opslaan en weer afbreek?

Daar is paar kampeerders wat paar maande daar staan. Ek het geen hulp gesien nie....miskien by oord hoor
Ons het 3mnde daar gestaan verlede jaar. Ek weet nie of hulle tariewe al op gegaan het nie. Ons was vir omtrent 2 mnde alleen gewees deur die week, en het altyd veilig gevoel. Reel net met Daven of Carla vir iemand om te help met die tent, hulle help graag. Ek kan beaam dat dit n baie mooi en skoon kamp terrein is met die netjieste ablusie blok wat ek in n lang tyd gesien het. Carla en Daven maak dat mense weer en weer terug gaan na Dinokeng Camp and Leisure.
Ons kamp eerskomende naweek weer hier....enige forum lede wat ook daar gaan wees?
My dogter, skoonseun en klein kinders gaan Dinokeng toe vir 'n week. Weet nie of dit dieslefde plek is waarnatoe julle gaan.
My dogter, skoonseun en klein kinders gaan Dinokeng toe vir 'n week. Weet nie of dit dieslefde plek is waarnatoe julle gaan.
My dogter hulle gaan www.dinokengresort.co.za toe.
Nee...is 2 verskillende plekke, maar om die hoek van mekaar
Ons kamp eerskomende naweek weer hier....enige forum lede wat ook daar gaan wees?
Weereens puik gewees. Ons was hierdie keer met n groep daar van 45 mense....almal het dit ter deë geniet