English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 680
Total Views: 83 243 574
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 735
Share your best or worst experiences to help others out.

Teleurstellend

replies: 14
views: 742
13 Aug 2017 @ 13:13:15 pm
Anonymous
Vanoggend ry ek Springbok apteek toe vir my weeklikse vitamines.
Ek ry verby die karavaan stoorplek in Alberton en kan dit nie glo of verstaan hoekom mense hulle eiendom so laat verniel nie.
Karavane wat daar staan, is nog net iets waaroor ek droom, maar word gelaat op eie genade.
Bossies groei deur die plaveisel, shade netting hang verweerd en op genade, sommige karavane staan met pap bande, sommiges het karavaan seil oor, maar wat ook nie meer na wense is nie.
Die ergste van alles, daar is nie ń beweging van enige persoon nie, nie eens sekuriteit nie.
Ek verstaan dat sommige mense nie genoegsame stoorplek het vir hulle karavane nie, maar doen tog net darem so klein bietjie moeite om seker te maak,jou karavaan is darem nog daar en veilig.
Ongelukkig het ek my foon by die huis gelos, maar sal volgende keer ń foto plaas.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 14:24:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek het self al groot skade gely met soortgelyke stoor plek weens swak sekuriteit. Dis nou nie vir karavaan gewees nie....maar toe my vrou nog n winkeltjie gehad het, het ons baie voorraad gestoor gehad by daai stoorplek langs die N1 by Waterkloof lugmag basis. Eendag toe ons voorraad wou gaan haal...is beide store leeg gesteel. Plek se cctv en elektriese heining was buite werking en die eienaars van public storage was nie behulpsaam nie...min gepla.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 15:53:37 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4736
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Pas jou wa op en hy sal lank jou gelukkig hou
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 16:16:59 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Ons wa staan onder n afdak langs die huis. Ek gaan elke week in hom net om te sien dat alles nog reg is.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 16:33:14 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek kan nie glo mense los hul karavane op so plek nie.   Nee wat, as jy nie by jou huis of iewers anders, ordentlike en veilige stoorplek het nie, moet jy maar eerder jou karavaandae koebaai sê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 16:40:29 pm
Anonymous

Ek kan nie glo mense los hul karavane op so plek nie.   Nee wat, as jy nie by jou huis of iewers anders, ordentlike en veilige stoorplek het nie, moet jy maar eerder jou karavaandae koebaai sê.

Ek kan doen met een van daardie karavane.
Sit nou en wiskunde doen. Ek het mos ń groot erf, mieskien?????
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 17:24:09 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

DK jy moenie hond se gedagte kry nie. Dis nie lekker as jy daar moet uitkyk ipv in ?  smilesmile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 17:33:52 pm
Anonymous

DK jy moenie hond se gedagte kry nie. Dis nie lekker as jy daar moet uitkyk ipv in ?  smilesmile

Sit nou op "worst scenario" en bereken. Dit gaan in die omgewing van R55k wees vir 12 karavane se berg, maar dan moet ek kyk na wat my versekering gaan wees.
Sal maar nog verder sit en kop krap en somme maak.
Ek wil nou net eers ń verfroller ophang en gaan kamp.
Sal dit dan vandaar neem met die stilte om my.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2017 @ 10:50:17 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9753
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Vêr van jou goed en naby aan jou skade!
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2017 @ 11:12:07 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
DK
Yes moet saam stem met jou. Ek het al verskeie keer daar gedraai vir stoor plek. Die pryse is baie aanlokkend maar wragtig kan ek dit nie oor my hart kry om my karavaan daar te los. Die plek is n seer oog en om te dink dit is in die hart van Alberton CBD. Dood gelukkig met X Tra space in alberton en my wa word goed opgepas.
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2017 @ 14:25:26 pm
Anonymous

Neewat as iets nje in my pkek by my jan staan nie koop ek dit eerder dan nie.. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2017 @ 17:31:43 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sal maar niks sê nie.

Wil graag my wa by my stoor maar hy gaan nie pas nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2017 @ 17:32:34 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

So hy moet maar op die plot staan. Mense daar hou 'n goeie ogie op hom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2017 @ 18:52:00 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Meenthuiskomplekse se spasie bly ook n probleem. Gelukkig maak n boer altyd n plan.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2017 @ 21:51:27 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years
Dagse
Ek stem saam n mens maak n plan.
Ek bly in Pta middestad en my karavaan staan in "basement" parkeering onder toesig met 24uur sekuriteit asook allerhande pilare, draaie, swaaie en roldeure voordat jy hom op sy staanplek uit en weer daarin te kry.
Al wanneer hy die son wind en weer sien is as ons elke maand gaan kamp.
As ons moeg word vir die lewe in die stad wat ons die lang pad.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za