English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 637
Total Replies: 236 791
Total Views: 82 682 039
topics: 11 032
replies: 129 002
views: 39 028 773
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Taxi ongeluk KNP

replies: 42
views: 578
10 Nov 2019 @ 21:45:10 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4548
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ai ek wonder wat kan gedoen word met hierdie roekelose bestuurders. 

Taxi tref blykbaar 'n jong kameelperd en val daarna op 'n oorsese toeris se gehuurde "camper"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 05:52:52 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 966
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Sommige mense, gelukkig die minderheid, ry soos idiote in die wildtuin. Ons was gister amper in ‘n kop aan kop ongeluk betrokke toe ‘n aankomende voertuig ‘n ander op ‘n blinde draai verbygesteek het.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 06:13:39 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 376
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 42 years

Spoed, spoed en spoed!!! Kyk die sleepmerke agter daai taxi se agterwiel. Arme kameelperd is natuurlik erg beseer en/of dood ook nou! Hy moes sommer die blik@#$se drywer ook in sy moer in doodgeval het, een minder ergenis op die pad dan. @#$%#@$, sulke IDIOTE laat my bloed behoorlik kook!

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 06:33:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ai tog.  Kyk ek kan vestaan as mense dit op hulself bring maar om diere ook daarby in te bring deur onbedenkde optredes.

 

Die skade aan die toeriste se gehuurde voertuig lyk baie erg.  Weet iemand of hulle Okay is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 06:41:15 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Click op link vir berig

 

https://lowvelder.co.za/512703/taxi-hits-kills-giraffe-falls-onto-another-tourist-vehicle/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 06:45:07 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8540
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis n Taxi wat verwag jy.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 06:51:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hoë spoed ongelukke is deesdae nie meer n rare gebeurtenis in KNP nie. As mens google kom mens op hordes van sulke gebeure af wat soms nie eers meer die nuus haal nie. Mense wat nie Malelane hek sien nie en skielik moes stop, skryf kar af teen muur......karre wat buite beheer raak, op n 50km zone?....drywer wat dood is oor kar wat rol op n 40km/h zone.....so gaan die lys aan en aan. Twyfel of KNP gepla is oor hierdie gedrag.....meeste van hulle is nie daar oor die liefde vir diere en veld nie, is maar net nog n job. Al baie gesien hoe hulle personeel daar jaag....selfs Sanparks se groot aflewerings trok het my al met n hengse spoed verbygejaag. Dis maar deel van onbevoegdheid.......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 07:27:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die reels en regulasies wat toeka se tyd ingebruik geneem is was mos om die diere te beskerm.  Want die KNP is daar vir die diere.

Soos jy sê Geert die onbevoegtheid gaan oor hulle weet nie waarvoor daai reels en regulasies daar is nie.  Of dis maar net 'n blatante ignoreering daarvan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 08:48:35 am
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2127
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

n Aflewerings trok het my swaertjie uit pad uit gestamp in so mate dat hy ingesleep moet word sy hele vakansie kort geknip. 

Daar is soveel mense wat oor die spoed ry en ek sien omtrent nerens meer spoed lokvalle.

Ek kom nou net terug van die Kruger. Wat vir my skokkend was is die gedrag en ongeduld van die groen lorries wat toeriste vervoer. Op verskeie plekke het hulle hul self met spoed ingewurm sodat hul mense beter kan sien. Twee keer was dit amper of ek was gestamp met n vuil kyk bo op dit. Duidelike arogantsie en ongeduld kan jy op hul gesigte sien. ( Jy tip hulle mos nie) Beide gevalle was dit blanke bestuurders.

Ek het op een slag die agterpaaie bietjie aangevat en van nerens en baie vinnig kom n man en sy familie met n toyota om n draai en mis my rakelings. Het vêr oor die spoed gery en stof het lank in die lug gehang.

Daar is baie cowboys in ons tuin en dit cover die hele rainbow nation.

Punt is kruger raak slapgat in alles dit ís net die natuurskoon, fauna en flora wat jou by bly. Die res is n rip off en jy moet vat wat jy kry.

Dan sê ek nou die aand vir n pal van my. Maak nie saak hoeveel keer jy gaan kuier in die kruger daar sal elke keer iets wees wat onvergeetlik is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 08:55:52 am
Anonymous

Everytime we are in Kruger we see it over and over again.

Toyota Combis driving faster than 50 km /h . At one stage I drove behind him for a short distance and the speed was 70km/h plus... 

As I said we experience it every time. In addition delivery vehicles  are also joining in.

I wrote a few times to the Management but trhey did not bother to reply, nor did I see any changes in behaviour on the road.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 11:46:47 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Snaaks hoe min skade die Toyota wys vs die Ford Ranger? Die taxi het met spoed getref daarby...

Elkgeval, ek self ry nie tussen die wilde diere rond nie.. Daai is maar net moeilikheid wat altyd wag om te gebeur, en nou en dan, meer as wat mens besef, dan gebeur dit

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 12:51:06 pm
Anonymous

The Toyota  drove into a young giraffe which died and fell onto the game drive/ camper vehicle.

I saw another photo and the braking  marks   were at least 10-15 m long and that does not happen if you drive 50 or even 60.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 15:20:06 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

No one expected the taxi driver to drive with caution.. Here in the cities it is all free game and I can imagine in the KNP.. Free game again...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 18:26:24 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2654
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As ek reg onthou, kan 'n voertuig teen 50k/u, binne ongeveer 'n voertuiglengte stop. As die sleepmerke dus werklik 15 meter is en nog genoeg spoed het om soveel skade tydens die botsing te veroorsaak, het dit beslis nie 50k/u gery nie.

Jou Stieger druk ons almal se gevoel baie goed uit, &^%$( ingesluit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 19:17:35 pm
Anonymous

...and the braking marks were VERY, VERY STRONG AND VERY, VERY Visible....

There were comments that the Parks board did recluse itself from comments and even took the news off social networks (not sure whether this is true however).

Based on this info I thought initially that the TOYOTA BUS was one of their staff transport vehicles and that was the reason for cutting off info.....

Not sure what is going on....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 19:46:57 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Well at least we know the brakes on that Taxi is in working order...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 20:39:26 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2654
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Weet ons dit wel?  Dit lyk soos 'n betreklike nuwe bussie wat waarskynlik ABS remme het.  As dit so is, behoort daar nie juis sleepmerke te wees nie.  Of dalk werk Toyota ABS nie so effektief as Ford s'n nie?wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 21:14:00 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4548
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Weet ons dit wel?  Dit lyk soos 'n betreklike nuwe bussie wat waarskynlik ABS remme het.  As dit so is, behoort daar nie juis sleepmerke te wees nie.  Of dalk werk Toyota ABS nie so effektief as Ford s'n nie?wink

Fred die sleepmerker van albei wiele is sigbaar en die een kant het voor die ander begin sleep. Verder kan ek net noem dat 50km/h is amper 14m per sek. Nou bitter min van ons mense se reaksietyd kan minder as 1 sek wees so dan het mens klaar 7m gery voor jy kan begin rem. Een v d top F1 renjaers met die beste reaksietyd is genoem as 0.3sek.

Die gemiddelde reaksietyd @ 50 is omtrent 21m en dan het mens nog 14m nodig om te stop wat die afstand op 35m bring. Dis nogal interessant as mens op 'n baan is en mens moet skat waar 'n mens tot stilstand gaan kom en jy sien die verskillende skattings en dan daarna te gaan kyk as jy 'n noodstop moet doen waar kom mens regtig tot stilstand. Sekere gevoderde bestuurskursusse het juis hierdie skatting. Dan kom die sports as die pad nat gegooi word om te sien waar stop jy dan.

So geen persoon kan eers in 7 kar lengtes stop nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 21:30:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 21:37:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8540
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wonder wat dink hy daar so voor die Taxi.

Sleep merke nogal lank.

Spoed was defnetief die faktor hier.

En dan is dit nie eers so groot kameelperd nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 07:29:03 am
Anonymous

It does not look kike the giraffe fell onto the safari vehicle...

I think -because of the high speed of the Toyota the giraffe was thrown into the air and landed on the roof of the safari vehicle.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 08:07:34 am
Anonymous

If you consider the skid marks of at least 10m length and consider it very likely that the (relatively small) giraffe was thrown into the air on impact and then landed on the  roof of the safari vehicle (the roof definitely looks like a heavy object struck from above) the Toyota's speed must have been 80/90 km/h....My reckoning.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 09:51:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Feit is ........................... rules and regulations were not followed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 11:16:42 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Weet ons dit wel?  Dit lyk soos 'n betreklike nuwe bussie wat waarskynlik ABS remme het.  As dit so is, behoort daar nie juis sleepmerke te wees nie.  Of dalk werk Toyota ABS nie so effektief as Ford s'n nie?wink

ABS keer nie sleepmerke nie.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 13:39:02 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 705
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

As daai Kameelperd nou `n Ollie was, dan was daar sports !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 17:23:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8540
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kameelperd het deur die lug getrek en op toeris se voertuig beland.

Toeris n switser is vandag oorlede.

Taxi drywer is nie gearisteer nie.

Dis ons land.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 17:27:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Kameelperd het deur die lug getrek en op toeris se voertuig beland.

Toeris n switser is vandag oorlede.

Taxi drywer is nie gearisteer nie.

Dis ons land.

 

Ernstig?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 19:52:56 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2654
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar was verkede nag naby Swellendam, 'n botsing tussen twee vragmotors,  Die een het uitgebrand- sy bestuurder ook.  Volgens fotos op News24 staan die een vragmotor- wat nie uitgebrand het nie, aan die REGTREKANT van die pad en daar is 'n sperstreep! Die duidelik onskuldige bestuurder is die een wat dood is. 

Ons het die afgelope tyd weer verskeie vragmotors gesien wat net eenvoudig sperstrepe ignoreer- selfs teen blinde hoogtes.  Ons was so 'n week gelede vanaf Mosselbaai oppad na Stilbaai toe dit weer gebeur, en toe kom daar 'n vragmotor van voor af. Ek weet nie waarom die botsing nie plaasgevind het nie- dit het onvermydelik gelyk.  Selfde pad as die een hierbo- wonder of dit dalk dieselfde bestuurder was.  Sommige mense leer nooit nie- tot dit te laat is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 07:10:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Volgens berig op Sanparks se website was hierdie taxi daar met 13x dagbesoekers....hulle was oppad na Letaba {Klink dan nie of dit Sanparks personeel was of mense wat roete geneem het na grenspos nie} 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 07:19:22 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 705
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Daar was verkede nag naby Swellendam, 'n botsing tussen twee vragmotors,  Die een het uitgebrand- sy bestuurder ook.  Volgens fotos op News24 staan die een vragmotor- wat nie uitgebrand het nie, aan die REGTREKANT van die pad en daar is 'n sperstreep! Die duidelik onskuldige bestuurder is die een wat dood is. 

Ons het die afgelope tyd weer verskeie vragmotors gesien wat net eenvoudig sperstrepe ignoreer- selfs teen blinde hoogtes.  Ons was so 'n week gelede vanaf Mosselbaai oppad na Stilbaai toe dit weer gebeur, en toe kom daar 'n vragmotor van voor af. Ek weet nie waarom die botsing nie plaasgevind het nie- dit het onvermydelik gelyk.  Selfde pad as die een hierbo- wonder of dit dalk dieselfde bestuurder was.  Sommige mense leer nooit nie- tot dit te laat is.

Die spietcops in daai geweste is te besig om oral kameras weg testeek en weg tekruip. Hulle worrie net oor een ding. Geld wat uit speedtraps verdien is. (kyk Bv. na die stuk pad tussen George en Knysna. Die spoed grens verander so baie mens kop spin as jy aan die anderkant uit kom)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 17:41:04 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1669
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Die taxi moes daardie kameelperdjie baie hard gestamp het om soveel skade aan die toeriste voertuig aan te rig.

Die taxidrywer sal nie arresteer word nie want dit is die kameelperd wie die oorsaak van die toeris se dood is, nie die taxi nie en nog minder die drywer.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2019 @ 05:04:36 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Miskien hoekom ons deesdae so min spoedlokvalle in KNP sien is oordat personeel "danger pay" eis as hulle daar in die oop veld moet staan. KNP het seker nie fondse vir "danger pay" aangesien gelde reeds elders gaan?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2019 @ 09:03:29 am
Anonymous

Exactly........................

I have not seen a single speed trap over the last 5 years........

Why ????? They don't do it anymore because they will catch lots of light delivery vehicles of contractors/suppliers and Toyotas of the Quantum type....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2019 @ 12:21:25 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4170
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

The Swiss tourist has died from his injures. 

Tourist dies

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2019 @ 13:16:34 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4548
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

ABS keer nie sleepmerke nie.......

Dis eintlik eienaardig want ek het nog nooit tydens gevorderde bestuurskursusse op die "skid pan" gesien dat voertuie met ABS bv vir 15m ver 'n wiel sleep sonder onderbrekings soos in hierdie ongeluk. Dus glo ek die spesifieke minibus het nie ABS nie.

Selfs my motorfiets sal nie 'n aanmekaar sleepmerk kan los nie. Dis maklik om dit op grond pad te toets met die agterwiel.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2019 @ 16:35:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

The Swiss tourist has died from his injures. 

Tourist dies

Baie hartseer. Artikel berig dat die bestuurder van taxi MOONTLIK in die hof sal verskyn.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2019 @ 22:01:07 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1669
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Baie hartseer. Artikel berig dat die bestuurder van taxi MOONTLIK in die hof sal verskyn.

Koerant sê vir roekelose en nalatige bestuur.

Myns insiens moet hy ook van strafbare manslag aangekla word want hy is die persoon wie die verloop van gebeure deur onwettige aksie aan die gang gesit het wat tot iemand se dood gelei het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2019 @ 14:02:28 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Dis eintlik eienaardig want ek het nog nooit tydens gevorderde bestuurskursusse op die "skid pan" gesien dat voertuie met ABS bv vir 15m ver 'n wiel sleep sonder onderbrekings soos in hierdie ongeluk. Dus glo ek die spesifieke minibus het nie ABS nie.

Selfs my motorfiets sal nie 'n aanmekaar sleepmerk kan los nie. Dis maklik om dit op grond pad te toets met die agterwiel.

 

Nee ek glo ook nie noodwendig dat die taxi ABS het nie. Maar ABS keer nie noodwendig skuur merke nie. As al 4 wiele vasklou, klou hulle, ABS is eintlik eers werklik in werking as jy wil draai en die een wiel grip begin verloor ens. Daar is baie videos daaroor. 

Ongeag of hy nou het of nie, daai merke wys groot spoed.... Punt. Te vinnig gejaag, wonder wat hy sou maak met olifant, dalk was dit beter bet..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2019 @ 15:36:35 pm
Anonymous

All of the Taxis are not suitable  for people transportation.

They are original DELIVERY VEHICLES without seats and windows similar to the old VW Kombis (no seats and no windows) which were used in the old days for converting into campers.

Normally goods delivery vehicles do not have ABS and that is why the skid marks are uninterrupted (NO ABS). Some time  ago there was a documentary on TV (I think it was Carte Blanche)investigating the conversion of (Quantum) delivery vehicles into taxis and it was found that the mountings for the passenger seats DO NOT COMPLY AT ALL WITH SAFETY LEGISLATION.

 Reason: for passenger seats in proper people carriers the floor pan is considerably strengthened in the areas where mounting bolts for the seat assemblies are located (to prevent a tearing off of seats) and anchor points for seat belts are strengthened as well.

All in all it seems that a blind eye is turned on all the taxi conversions  because of  absence  of political will. Taxi operators all over the world are by law required to have a certain level of  public liability insurance  BUT IN SA IT IS NOT REQUIRED. You may guess why not ????!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2019 @ 16:19:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Paramedic het rem merke gemeet......35m lank!😡

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2019 @ 16:27:07 pm
Anonymous

f.......,..............4874#@$R$%^&*()(*

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2019 @ 19:45:22 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Nou ja... Mens moet ook maar dink as Taxi se bande glad was hoeveel sou hy ook werklik kon rem, ek het nou nie mooi gekyk hoe die rem merke werklik lyk nie, maar ja.. Moeilik.. Eish...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2019 @ 21:12:11 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4548
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Nee ek glo ook nie noodwendig dat die taxi ABS het nie. Maar ABS keer nie noodwendig skuur merke nie. As al 4 wiele vasklou, klou hulle, ABS is eintlik eers werklik in werking as jy wil draai en die een wiel grip begin verloor ens. Daar is baie videos daaroor. 

Ongeag of hy nou het of nie, daai merke wys groot spoed.... Punt. Te vinnig gejaag, wonder wat hy sou maak met olifant, dalk was dit beter bet..

Skuur merke vind net plaas waar die wiel nie gedraai het nie. Soos Geert genoem het was die sleep merke aanmekaar vir 35m=helse spoed van omtrent 100km/h. 'n Voertuig met ABS laat merke wat onderbreek is. Nie net deur 'n draai as voertuig gly nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First