Ek het nou n paar fotos van hierdie oord gesien op internet wat my baie beindruk het....lyk na n heerlike plek om jou penne te gaan inslaan. Het iemand onlangs hier gekampeer wat meer kan vertel....sien laaste terugvoering op sisteem is amper 2jaar oud.
Dankie, waardeer!
Dalk moet ons middel Maart gaan kyk.
Ek kry nie hul kamp staan plek nie.
Net Chalets wat my R2600 vir 4 nagte kos.
Dankie. Verkeerde vinger gebruik.
Ek sal liewer wag vir n lang naweek....bietjie ver vir n gewone een
Lyk heel skaflik.
Swembad area is baie netjies. Dis suid van Johannesburg. So mens moet maar soontoe gaan in die sommer.
So 230km skat ek. Stem dat dit bietjie vêr is vir 'n kort naweek.
Lyk of dit n hele ent van die Vaal rivier is. As ek Parys se Kant toe sal ek graag Langs die rivier will kamp
Dis 150Km van alberton en lekker winters kamp. groot kuier vure. ons was laas junnie daar en baie geniet.
Ja Nico dis mos lekker naby aan julle.
Ek kamp in die winter maar verkies om so bietjie verder noord te ry. En dan maak ons nog konka vure ook.
Leon ons het hier bakkie vragte hout gekoop en die kamp het trekker agter rims vir tonkas en ons het lekker gekuier lekker gekuier
Nee wat dis naby.
Ons was daar gedurende die laaste week van Augustus 2020. Pragtige plek, alhoewel hulle nog in 'n gevordere stadium van herstel en opknapping na die Inperking besig was. Wind het ons uit mekaar gewaai, maar ek sal hierdie beslis aanbeveel. Sien ook my evaluering gedoen.