Geert, ek sou die Yellow Blade aan beveel, bloot vir die gerieflike haak metode daarvan. Dit het 'n 1100Kg maks rating, maar ek sleep my 1600Kg Penta met een, sonder enige probleme.
Ek dink weer vjr gewig is Tando sekerbeter? As yellow blade net tot 1100kg gerate is mors ek ook seker my tyd met hom nou?
Geert dit hang af wie se kundigheid jy wil volg. Daar word soveel verskillende gewigte aangegee vir die Tando. Ek sleep met die Tando maar ja dis nogal werk om hom opgesit te kry weens die rubberaksie wat jy moet oorkom om hom in te haak. Ek is baie tevrede met myne.
Wat die stelling van die Tando is weer terug op die mark. Ek glo hy is presies soos wat hy was. Sover ek weet is hy al omtrent 7 jaar of meer deel van Bosal en ek weet dat 2 jaar terug het ek 'n kwotasie van SupaQuick gekry vir die deel wat op die sleepstang vaskom. Die prys is direk by Bosal verkry. Ek het egter by 'n ander tak ook 'n kwotasie so 6 maande terug gekry.
Ek sleep Swing met Yellowblade.
Geen klagtes en hys goedkoper.
Geert dit hang af wie se kundigheid jy wil volg. Daar word soveel verskillende gewigte aangegee vir die Tando. Ek sleep met die Tando maar ja dis nogal werk om hom opgesit te kry weens die rubberaksie wat jy moet oorkom om hom in te haak. Ek is baie tevrede met myne.
Wat die stelling van die Tando is weer terug op die mark. Ek glo hy is presies soos wat hy was. Sover ek weet is hy al omtrent 7 jaar of meer deel van Bosal en ek weet dat 2 jaar terug het ek 'n kwotasie van SupaQuick gekry vir die deel wat op die sleepstang vaskom. Die prys is direk by Bosal verkry. Ek het egter by 'n ander tak ook 'n kwotasie so 6 maande terug gekry.
Chris E ek sleep nou 2011 Romany met 'n Yellow blade, En het jare trug my Super Sport met 'n Tando gesleep. Die meginisme van die twee is basies die selvde( die ou Tando en die Yellow Blade, het nog nie die nuwe Tando gesien nie).
Daar is op die yellowblade 'n hefboom bo op die "friction plate" wat jy los maak, jy haak die arm in en dan aktveer jy hom weer. As jy die hefboom nie skiet gee nie, gaan jy ook knor om die Yellow blade in te hak.
Chris ek sal se die lig v d stert is seker gelyk aan die krag wat jy moet he om die rubber te "buig" en dit is meer as 25kg. Natuurlik as die rubber lank genoeg "gebuig" is dan neem hierdie faktor af. Baie makliker om die ding uit te haak as om hom in te kry. Ek sal later vir jou die syfers kan gee.
Chris E ek sleep nou 2011 Romany met 'n Yellow blade, En het jare trug my Super Sport met 'n Tando gesleep. Die meginisme van die twee is basies die selvde( die ou Tando en die Yellow Blade, het nog nie die nuwe Tando gesien nie).
Daar is op die yellowblade 'n hefboom bo op die "friction plate" wat jy los maak, jy haak die arm in en dan aktveer jy hom weer. As jy die hefboom nie skiet gee nie, gaan jy ook knor om die Yellow blade in te hak.
My syfer op die normale hoogte is 45kg. Die lesing met die skaal is geneem op die plek waar die blokkie is waar die arm op rus. Dis juis weens die gewig wat ek so ruk terug my patent getoon het hoe ek hom optrek met 'n halwe sker domkrag se skarnierpunt. My rug kan glad nie meer sulke gewigte hanteer nie en dan het jy nog 35kg nodig om teen die wrywingsskyf hom te swaai om by die blokkie uit te kom.
Baie moeite en neem niemand kwalik wat eerder die Yellow blade gebruik as die Tand.
Ek verduur maar die gekreun maar myne kreun net as ek draai en nie as daar op en af beweeg word nie. Verder diens niks gehelp op my 2 Tandos nie.
Ek sien my fotos laai wil nie werk nie so ek sal later weer probeer laai.
Leon en Chris ek sal poog om die lesings te doen as ek weer die wa voor my garage het waar mens op plaveisel die nodige kan weeg. Ek kan net byvoeg dat die stert se "optel" sal dan ook afhang van hoe styf die agterste vering op die voertuig is. Ek dink hierdie opwaartse krag is 'n groot plus as mens bv met 'n platkar of selfs met 'n BMW wil sleep. Dit is dan ook so dat mens nie 'n "gooseneck" sleepstang het nie. Ek sien darem daar is 'n paar plekke wat wel gewone sleepstange maak vir voertuie wat meestal 'n "gooseneck" of verwyderbare sleepstang het.
Leon met 'n waarde op die skaal soos ek gemeet het kan mens nou 'n vergelyking tref tussen ander mense se Tando en op so manier bepaal hoeveel die rubber al pap geword het.
My Tando het regtig baie gehelp met die lig v d voertuig se stert toe ek my 1e woonwa gekoop het en met 'n Monza 2L Cli gesleep het.
Dit is dan so dat hoe moeiliker dit eenheid opsit hoe beter gaan die equalising effek wees. Dus die Yellow blade wat maklik opsit se waarde van equalising sal baie minder wees.
Jy is reg Danie. Daar is baie faktore wat die oplig effek beinvloed. Die grootste daarvan is die neusgewig van die wa en dan hoe oud daai Tando rubber al is.
Agtervere bepaal maar hoe laag die voertuig aanvanklik gesak het.
Gebruik nou al lank `n Tando. Of dit werk weet ek nie maar ons geboude wa
het nog nie snaakse goed probeer nie.
Is so 1500Kg gelaai met `n neus gewig van 98-103 Kg.
Die Tando is ook nie te aardig om in te haak nie.
Haak hom aan voertuig, tel effens op, laat sak en bring die pyp vinnig nader aan hak plek, herhaal en clip in.
Soos die jare aanstap raak hy maar net te stram om in te haak. Ek het ook 2 jr terug gevoel dis darem nie so erg nie maar nou vang dit my rug so dag of 2 later.
Soos in vorige plasing is die drukking teen die veerkrag op sleephoogte 45kg.
Hier volg die lesings wat geneem is vanaf die grond tot aan die bokant van die flens waar die gansnek vasbout.
Gevolgtrekking is dat die Tando eintlik 'n baie geringe negatiewe effek het op die balhoogte.
Met 'n gewig van 175kg in totaal is die hoogte 2mm laer met die Tando in plek.
Met 'n gewig van 105kg in totaal is die hoogte 5mm laer met die Tando in plek.
Ek het al vantevore gesê ek glo nie die stabiliseer-tipe aanhangsels werk nie en dit gee valse vertroue en dat ek glo net iets wat soos die trapezium werk, is die moeite werd. Maar dis maar my mening. Ek het wel meer ad dertig jare gelede vir 'n kort rukkie 'n Tando gebruik en sederdien niks nie. Dit lê nog in my garage.
Maar dit is maar so terloops. Ek wil eintlik net bietjie raad gee vir de aanhaak van die Tando. Myne se staaf was 'n buis- ek weet nie of dit nog so is nie. Ek het 'n staaf gekry wat mooi in die Tando se buis pas en so die Tando aansienlik verleng. Met die ekstra lengte was dit heewat makliker om dit op te lig om te haak. Die staaf is net vir die aanhaak en ek het dit uitgetrek sodra die Tando gehaak of afgehaak is.
Danie, Ek wou nie eintlik oor die doeltreffendheid van die Tando debatteer nie- elke ou het maar sy eie mening. Jou oplossing onthou ek en dis goed maar ingewikkelder as om net die hefvoordeel te vermeerder maar sekerlik beter vir ouens van ons ouderdom. Ek het 'n hardestaal staaf gebruik wat ek dink van 'n ou hidroliese domkrag af kom. Ons oueres se rue is nie meer so sterk nie, selfs met die beter hefvoordeel van die langer staaf. Toe ons ons Sprite meer as dertig jaar gelede gekry het, het 'n ou omie (Nou waarskynlik sou ek hom as tydgenoot beskou) vir my vertel hy het die senings in beide sy knieskywe geskeur deur die disselboom van sy karavaan op te lig eerder as om die jockey wiel te gebruik. Mens moet maar aanpas by jou afnemende krag.
Fred ja ons kan alles probeer wat mens moontlik kan doen maar moet tog probeer om die spiere nie te veel te trek nie. Die jare stap ook maar aan vir elkeen van ons. Dit neem maar net 'n besluit en doen dan maar dinge anders en hou daarby.
Ek kan dus na die toets ook voel dat hoekom mens die ekstra moeite moet doen met die Tando as dit geen positiewe effek het om die stert v d sleepvoertuig te lig nie. Mens het dan net iets nodig wat die swaai beperk en dit doen die albei eenhede ewe goed.