Dag sê mede kampeerders.
Ek het nou per abuis op 'n ander draad my Tando as te koop aangebied, en nou kan ek dit nie verwyder nie!
Bosal Tando, kompleet - koppelstuk vir die voertuig en ook die karavaan, plus die CD ter verduideliking vir installering. Ook 'n tweede arm vir onderdele indien nodig (nooit gebruik nie)
Ek het ook 2 tru-spieëls (regs met 'n blinde hoek spieëltjie ingebou) te koop.
Het bogenoemde nie meer nodig met die Touareg nie.
Ek is in Parys, so verskeping op jou onkoste ..... aanbod?
Nul 71, agt 77 6 nul 79
Nico, sit dit op "Classifieds" middle bo op hierdie web werf.
So leer ons!! Dankie Paul!!