English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 153
Total Views: 83 291 897
topics: 11 632
replies: 139 986
views: 39 364 682
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

TV Installeer: Sprite Swing

replies: 6
views: 3957
27 Jun 2016 @ 09:15:43 am
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Ek weet daar is baie kampers wat nie hou van n TV as hulle kamp nie. Ek wil nou nie die lepel roer oor die onderwerp nie maar wil graag n TV in my Sprite Swing installeer. Het baie raad op die blad gekry oor die skottel (baie dankie)maar enige raad oor die TV installasie? Waar is die beste plek, moet ek hom vas sit, of los hou, binne of buite gebruik? Miskien iemand wat n paar fotos het? Baie dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2016 @ 11:04:19 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Jakes, ek het vir myne 'n aanhaakplek gemaak by een van die rakkies sodat ons op die bed kan lê en TV kyk as ons wil. Ek het ook nog 'n rakkie onder een van die huidige rakkies aangebring waarop die dekodeerder staan.  Veiligheidshalwe haak ek dit af as ons reis en bêre die TV onder ons kopkussings op die dubbelbed.  Sou ons in die tent of rally saam met vriende rugby kyk, maak ek hom staan in die tent op 'n tafeltjie.  Vir ons werk dit uitstekend !

Hier is nog 'n foto waar ons rugby kyk in die rally.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2016 @ 11:33:54 am
Anonymous

Ek weet daar is baie kampers wat nie hou van n TV as hulle kamp nie. Ek wil nou nie die lepel roer oor die onderwerp nie maar wil graag n TV in my Sprite Swing installeer. Het baie raad op die blad gekry oor die skottel (baie dankie)maar enige raad oor die TV installasie? Waar is die beste plek, moet ek hom vas sit, of los hou, binne of buite gebruik? Miskien iemand wat n paar fotos het? Baie dankie.

ekt ook do rukkie terug n tv installasie gedoen vir n sprite waar die TV binne en buite karavaan geskuif kon word.. ons het n bracket gebruik wat kan swaai en draai wat in "clip" by die bracket binne em buite.. die brackets het mekaar vasgehou aan die muur, maw die buite bracket was presies aan ander kant van binne bracket... sal fotos bietjie soek

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2016 @ 13:48:32 pm
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Baie dankie Lennie en Brommer. Netjies gedoen Lennie. Goeie idees en raad !
Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2016 @ 12:53:13 pm
Anonymous

Hier is n foto van brackets wat ek ontwerp het vir die dvd speler (word vasgeskroef aan bracket onder kassie) en die TV bracket plaat wat teen muur binne en buite vasgesit is.. nou op foto nie so duidelik nie, maar die tv is op swing arm, en die het n bracket wat in daai muurbracket inskuif.. buite ook.. so dis kwessie van skuif in en skuif uit en swaai waar jy wil he.. werk blykbaar lekker vir die mense...

 

Ek sien die sahara het altyd die tvs uit die dak laat swaai?? Maar ja, dis ook n manier...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2016 @ 12:54:32 pm
Anonymous

En sommer n muurprop met multiplugs om als te dryf ;)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2016 @ 13:09:49 pm
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Dit lyk vir my na die antwoord. Baie netjies gedoen ! Dankie.
Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za