English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 127
Total Replies: 227 598
Total Views: 82 275 813
topics: 913
replies: 12 230
views: 3 191 235
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

TPMS van EBAY

replies: 7
views: 146
25 Aug 2019 @ 14:48:01 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Na 'n kort rit op die Landy kon mens duidelik sien hoe vinnig dit reageer op druk en temp. Terwyl ek by 'n robot staan het die band wat in die son was en nou skadu het 2 grade afgekom. In totaal het die warm band met 3 grade gedaal binne 5km. Die koue band wat nou in die son was het 3 grade gestyg.

Die eenheid is binne 0.2 bar akkuraat volgens 'n drukmeter wat vir my heel aanvaarbaar is.

Die eenheid se battery bly vol wys al het ek dit nog nie in die son gehad dat die sonpaneel dit kan laai nie. Dit laai alreeds as dit net in sterk lig is. Na 24 uur het genoeg lig op die eenheid geval om battery te laai. Dit lyk dus nie nodig om die USB laaier te gebruik nie.

Die eenheid sit self af daar geen beweging is vir 5min. Sodra mens aan hom raak of die voertuig se deur toegemaak word sit dit aan. Die skerm het ook 'n lae en hoe intensiteit om nie te pla in die donker.

Temp en druk alarms is maklik om te stel maar die instruksies is so deurmekaar dat dit moeilik is om uit te vind waar stel mens die alarms vir elkeen v d 4 bande.

Selfs in vandag se son met die wa wat stilstaan het die band in die son tot soveel as 43 gestyg. Dus is die normale 44 grade as ek sleep nie te hoog nie. Dis effens meer as wat ander sleepers ondervind.

Algeheel is ek baie beindruk met die eenheid en op 'n afstand van 10m tel dit die sein op v d sensors. As dit betroubaar gaan aanhou werk is die 17.50 pond=R330 goeie waarde vir geld.

Foto is na ek bande gepomp het en nie een v d bande lank in die son was nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 17:22:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13445
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is bly jy is ook tevrede met jou eenheid Danie. Ek het gesien dat my eenheid .1bar minder op skerm wys as wat hy gepomp is. Dis nie op die wiel sensors nie, maar op ontvanger self.....want dis oor al 4 sensors dieselfde. Ek het ook maar sensor alarm gestel, want hy het begin skreeu bo 3.0 en onder 2.6. Gaan jy joune permanent op kar gebruik....of net met lang afstande en sleep?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 17:45:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Goed omte hoor julle is gelukkig. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 18:19:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ek sal seker net as ek sleep want ek is nie gepla om te weet wat die kar se bande druk en temp is nie. Die 2 sensors sal egter op die voor wiele bly dan hoef ek net die TPMS skerm uit die wa te haal en in die kar te sit as ons ry. Met die woonwa wat stilstaan behoort dit basies die heeltyd af te wees weens geen beweging nie.

My verstellings was 'n druk alarm op 1.6 en 3.3. Temp dink ek was op oor die 60 wat ook heel OK is vir my. Ek sien die eenheid hou die laaste ware lesing in geheue tot dit weer 'n sein ontvang v d sensors.

Ek het nie die woonwa se druk gemeet nie en dit wys nou dalk ook so 0.2 bar laer as wat dit werklik is. Sal dit eers sien as ek weer pomp voor ek die pad vat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 06:44:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13742
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie bly die goed werk vir julle.  Teen die prys wat julle betaal het Danie is dit 'n wenner.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 08:15:01 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon ja teen hierdie prys kan mens amper op elke voertuig so iets gebruik sonder om elke paar weke bande na te gaan veral as mens self met jou eie drukmeter bande pomp. Myne tel binne 15m die sein van die sensors op so mens kan die goed selfs in die huis/garage hou en dit optel en die skerm kom aan. Gisteraand gekyk hoe die temp afkom met die eenheid in die sitkamer.

'n Geringe risiko sal seker wees as mens 'n foutiewe sensor het gaan mens dit nie goedkoop kry nie en dan eerder 'n nuwe kompleet TPMS aanskaf.

Iets wat ek opgetel het is dat elkeen v d cheapies in die VSA onder 'n spesifieke maak verkoop word maar op EBAY is daar geen naam nie net 'n beskrywing en fotos. Dus is almal namaaksels v d brands beskikbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 08:40:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13742
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My Tipper het sy eie TPMS as deel van die voertuig.  So ek gebruik die los sensors en monitor net op die karavaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:13:31 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Erens het ek die een met die 6 sensors en skerm gesien, dink dis nogal nuttig. Sal graag eerder die met 6 wil he


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required