English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 990
replies: 14 011
views: 3 254 149
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

TPMS External / Internal

replies: 24
views: 289
06 Feb 2020 @ 06:38:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Tyre presure monitor systems. Mens kry 2x opsies....die een wat buite aanskroef en die een wat binne in die wiel is. Watter een is die mees aanbeveelbare een? Watter een het die meeste voordele en watter een die meeste nadele?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 06:59:43 am
Phil
Gold Member
29% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 11 Jun 2012

Ek het die Tyre Care twee wiele een gekoop van n verskaffer in George. Dit is dit een met die binne die band sensors wat jy daarin moet installeer met n klein monitorjie wat jy net binne jou sleep voertuig plaas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 07:05:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My sleep voertuig het die TPMS as deel van die voertuig.  Die sensors is aan die binnekant van die band op die valve gemonteer.  Ek dink die enigste nadeel van dit is die versigtigheid aan verbonde wanneer nuwe bande opgesit word om nie die valve te beskadig nie.  En die valve moet versigtig verwyder word en oorgeplaas word sou jy ander MAGS wou opsit.

Voordeel is dis iets wat reeds deur die voertuig gemonitor word en daar is nie adisionele monitors êrens op die dash geplaas nie.

Die TPMS aan die buite kan is nogal 'n mission om reg geprogrameer te kry maar as jy agter die kap van die byl gekom het loop dit verder soos stroop.  Ons weet dat dit verkieslik op 'n S/steel tipe valve gebruik moet word anders beskadig die sensor die rim se verf as gevolg van die flietende kragte as die wiel draai.  Verder is dit die ou SA ding diefstal.  Sommige kom met 'n lock washer wat jy met 'n allen key vas maak die ding is iemand wat dit steel weet van die allen key storie en sal dit saam bring.  Dis nog 'n addisionele monitor op die dash.

As ons nie oppas nie lyk ons voertuie soos 'n vliegtuig kajuit as ons net karavaan sleep.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 07:24:35 am
Phil
Gold Member
29% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 11 Jun 2012

Goeie more Leon,

 

Ja, my sleepvoertuig wat basies dieslfde is as joune het ALLES in maar die tyre care sensors moet in die wa se wiele kom vir daardie pap word or bars slag sodat ek ten miste weet dat dit gebeir want Desember se bars het ek geensins gehoor/gesien of gevoel nie. Was dit nie vir my seun wat agter my gesleep het en my gebel het met die nuus dat die wiel gebars het nie, sou ek seker tot in BFN gesleep het en nie geweet het nie.

Die tyre care hoop ek sal in die toekoms sy deel doen om my te waarsku.

Hy word op staal valves binne die band geinstalleer......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 07:51:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Goeie more Leon,

 

Ja, my sleepvoertuig wat basies dieslfde is as joune het ALLES in maar die tyre care sensors moet in die wa se wiele kom vir daardie pap word or bars slag sodat ek ten miste weet dat dit gebeir want Desember se bars het ek geensins gehoor/gesien of gevoel nie. Was dit nie vir my seun wat agter my gesleep het en my gebel het met die nuus dat die wiel gebars het nie, sou ek seker tot in BFN gesleep het en nie geweet het nie.

Die tyre care hoop ek sal in die toekoms sy deel doen om my te waarsku.

Hy word op staal valves binne die band geinstalleer......

Phil ek het alreeds 'n tyd lank die wat buite op die valve gemonteer word.  Dit werk baie goed. Mens moet maar net die bandruk dop hou as jy bv af ry kus toe.  Kan dalk 'n alampie kry weens atmosferiese druk wat hoer raak.

Ek sal ook die tipe verkies wat jy voorstel wat binne die band gemonteer word.  Maar toe ek gekoop het was die aan die buite kant die enigste op die mark of eerder geredelik beskikbaar.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 07:56:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het die Tyre Care twee wiele een gekoop van n verskaffer in George. Dit is dit een met die binne die band sensors wat jy daarin moet installeer met n klein monitorjie wat jy net binne jou sleep voertuig plaas.

My Broer het syne ook by George op gesit.

Hy is tevrede met die een binne in.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 08:26:38 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1191
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Wat kos die binne-band monitors? My sleepvoertuig het ook die fasiliteit waar die monitors binne die band is, maar ek dink daar aan om "Pophuis" toe te rus met soortgelykes. Het die buite-band stelsel probeer maar was gepla met vals lesings (by tolhekke wys die bande dat hulle pad is weens die "Armco" reelings!), bo en behalwe die schlepp om dit ingestel te kon kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 08:43:44 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het van die buite-gemonteerdes en is heeltemal gelukkig daarmee.  Dit is nog nie beskadig of gesteel nie.  Laasgenoemde is twee van die risiko's van die buite gemonteerdes.  Nog 'n nadeel is dat jy elke keer die sensor moet afhaal as jy die band moet oppomp.  Daar is ook 'n ander tipe buitegemonteerde wat jy nie hoef te verwyder nie, maar hy is weer bietjie groter en dus meer opsigelik vir diefstal.

Die intern gemonteerdes lyk vir my in meeste opsigte voordeliger behalwe vir die feit dat jy die band moet afhaal om die battery te vervang.  My batterytjies hou ongeveer twee jaar terwyl die intern gemonteerdes blykbaar groter is on ongeveer dubbel so lank hou.  Die sensors is ook duurder as die ander maar dit is nie juis 'n faktor nie- dis maar 'n eenmalige uitgawe. As die band sou bars, sou die interne monitor ook waarskynlik vernietig word, maar die kanse daarvoor is sekerlik skraal en sal slegs gebeur as daar skielik 'n groot gat in die band kom- stadig pap word word mos juis deur die stelsel verhoed.

Watter een sou en koop as ek nou, met meer kennis, sou koop?  Ek dink dalk die intern gemonteerdes.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 08:45:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wat kos die binne-band monitors? My sleepvoertuig het ook die fasiliteit waar die monitors binne die band is, maar ek dink daar aan om "Pophuis" toe te rus met soortgelykes. Het die buite-band stelsel probeer maar was gepla met vals lesings (by tolhekke wys die bande dat hulle pad is weens die "Armco" reelings!), bo en behalwe die schlepp om dit ingestel te kon kry.

Ek het nog nie die probleem gekry van verkeerde lesings naby tolhekke nie.  Net 'n vals alarm gekry toe ek eenkeer grondpad gery het met dit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 09:12:17 am
Phil
Gold Member
29% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 11 Jun 2012

Ek sou graag die prys wou deurgee maar weet nie of dit gedoen mag word hier op die forum se blad nie..... wil nie die reels oortree nie....help my met die reels dan sal ek die prys met graagte hier plaas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 12:16:46 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink nie Bestuur sal beswaar maak nie- hulle net nog nooit in sulke gevalle nie.  Daar is verskillede make en modelle op die mark, so ek weet nie van hoeveel waarde dit sal wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 13:26:20 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het extern (tyre guard, Abraham Kruger) op beide sleep kar en woonwa. Die eerste ontvangertjie het nou en dan NO5 vir my gegee, (no signal). Abraham het die ontvanger vervang en probleem is opgelos.

Ekstern het een voordeel, die TPM sensorst is toegangklik vir monteer en instandhouding.

Nadeel is dus maklik verwyderbaar en dus diefstal. Ek het nog nooit gehoor van diefstal van die sensors nie.

Intern het een voordeel, hulle kan nie gesteel word nie.

Nadeel is dus nie maklik toeganklik vir monteer en instandhouding nie. Ook waneer jy bande roteer moet die bande verwyder word om die sensors te skuif.

Ek sal weer vir die externe opsie gaan.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 13:27:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het hierdie 4-monitor stelsel gekoop vir R300. Werk puik....al n hele paar keer gebruik. Alles is reeds geprogrammeer....so jy skroef net die monitors op wiele....en daar gaan jy. Ek moes net due minimum en maksimum gestel het wat 2.2 en 2.8 was...wat heeltyd die alarm laat skree het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 13:34:17 pm
Phil
Gold Member
29% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 11 Jun 2012

Die Tyre Care sisteem van George in die Suid Kaap met twee interne sensors (omdat my Classique net twee wiele het) was R1600-00.

Terloops ek het drie DUNLOP SP ENDURA 185/14 bande gekry (en hulle is algemeen beskikbaar) wat ek Saterdag gaan laat optrek en dan sommer ook die TYRE CARE sensors sal laat installeer. Sal daarna weet of die system effektief werk....ek hoop regtig so!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 14:16:29 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Paul, ek twyfel of die interne sensors fisies verskuif moet word as die wiele geroteer word. Met my eksternes doen ek dit wel, maar dit is ook moontlik om net eenvoudig hulle oor te programmeer vir die wiele waarop hulle werk.  Ek glo die tipe wat ek het (ek dink tyredog) se internes kan ook so geprogrammeer word.  Ek weet nie wat die geval is met die was as deel van die pakket met nuwe motors uitkom nie, maar ek sou dit snaaks vind as hulle nie ook so herprogrammeer kan word nie.  Dit klink darem baie lomp en ondeurdag  as dit die enigste manier is om dit te doen.  Wat sê die manne wat wel sulke stelsels op hulle voertuie  het, soos die nuwer Fords.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 14:35:33 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Fred, dit is wat ek gehoor het. Klink ook maar ondeurdagt vir may as dit nodig is. Myne kan ook oor geprogrameer word. Ek kanseleer hulle as ek nie vir n' ruk gaan sleep nie want anders kry ek NO5 op die monitor as ek weg ry van die woonwa af. My monitor is vir beide woonwa en voertuig....agt wiele.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 14:50:20 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek gebruik maar nog die ou konvensionele TPMS

Werk baie maklik en beskikbaar by alle garages.

Werk so: Hey tjomma. πŸƒ Check my tyres, 27 pleaze.πŸ‘ 

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 15:24:10 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Bak Oor, daar was n' gesprek hier oor. Daai "Check my tyres" is baia uit. Duncan Straat Engen lees punt 7 bar te laag. En ek het al n' band en skade voorkom met my TPMS. Een keer in Wildtuin sien/hoor ek die linker voor band het n' alarm. Ek draai toe om en ry so vinig as moontelik terug kamp toe. Dit net gemaak en toe voorkom om die band tussen die wilde diere te moet vervang.

Beveel TPMS definitief aan.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 16:16:47 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Interessant Paul.  Dit lyk ofverskillemde stelsels verskillend werk.  Ek het 'n stelsel wat ses wiele meet- my karavaan het 'n enkelas.  As ek met die Kuga alleen ry, toon dit slegs vier wiele en as die karavaan gehak is, ses wiele. Dit toon geen aanduiding van wanfunksionering as die karavaan nie gehak is nie.  Ek hoef niks te doen nie.  Maar as ek 'n sensor afhaal met die stelsel aangeskakel, gaan die alarm af. Ek weet nie hoe hulle dit reggekry het nie, maar dit werk goed.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 17:11:33 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

As ek met die Kuga alleen ry, toon dit slegs vier wiele en as die karavaan gehak is, ses wiele.

Wow dit is nice.....Hoe kry hy dit reg??

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 17:16:18 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Bak Oor, daar was n' gesprek hier oor. Daai "Check my tyres" is baia uit. Duncan Straat Engen lees punt 7 bar te laag. En ek het al n' band en skade voorkom met my TPMS. Een keer in Wildtuin sien/hoor ek die linker voor band het n' alarm. Ek draai toe om en ry so vinig as moontelik terug kamp toe. Dit net gemaak en toe voorkom om die band tussen die wilde diere te moet vervang.

Beveel TPMS definitief aan.

Mulder jy is seker reg. Ek vertrou maar die garage se pompe en Kan fout maak. Maar as hy gepomp is dan check ek nog met n oog 😜 ook 

πŸ™ Tog ek het nog nooit Tyre probleme op die pad gehad, touch wood.

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 17:43:56 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Ek het hierdie 4-monitor stelsel gekoop vir R300. Werk puik....al n hele paar keer gebruik. Alles is reeds geprogrammeer....so jy skroef net die monitors op wiele....en daar gaan jy. Ek moes net due minimum en maksimum gestel het wat 2.2 en 2.8 was...wat heeltyd die alarm laat skree het

Geert where did you buy that for R300.00 ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 18:57:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert where did you buy that for R300.00 ?

Online via Banggood 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 22:05:06 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek het extern (tyre guard, Abraham Kruger) op beide sleep kar en woonwa. Die eerste ontvangertjie het nou en dan NO5 vir my gegee, (no signal). Abraham het die ontvanger vervang en probleem is opgelos.

Ekstern het een voordeel, die TPM sensorst is toegangklik vir monteer en instandhouding.

Nadeel is dus maklik verwyderbaar en dus diefstal. Ek het nog nooit gehoor van diefstal van die sensors nie.

Intern het een voordeel, hulle kan nie gesteel word nie.

Nadeel is dus nie maklik toeganklik vir monteer en instandhouding nie. Ook waneer jy bande roteer moet die bande verwyder word om die sensors te skuif.

Ek sal weer vir die externe opsie gaan.

Het laas jaar ook Abraham se stelsel gekoop, die kan tot 22 sensors hanteer (oorspronklik bedoel vir trokke en dus is afstand tussen karavaan en sleepvoertuig geen probleem wat kommunikasie tussen wa se wiele en die vertooneenheid binne die voertuig aanbetref. Sommer myne met 8 sensors gekoop (perdeboks is 4 wiele). Abraham kalibreer die stel vooraf en disable ook die hoë druk alarm (ek is bekommerd oor 'n wiel wat besig is om pap te word nie waarvan die druk op gaan agv band se hitte nie!). Ek is uiters gelukkig met my stel en sover loop dit heel goed, amper soos 'n Toyota, maar net op 'n Ford :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Feb 2020 @ 07:02:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Interessant Paul.  Dit lyk ofverskillemde stelsels verskillend werk.  Ek het 'n stelsel wat ses wiele meet- my karavaan het 'n enkelas.  As ek met die Kuga alleen ry, toon dit slegs vier wiele en as die karavaan gehak is, ses wiele. Dit toon geen aanduiding van wanfunksionering as die karavaan nie gehak is nie.  Ek hoef niks te doen nie.  Maar as ek 'n sensor afhaal met die stelsel aangeskakel, gaan die alarm af. Ek weet nie hoe hulle dit reggekry het nie, maar dit werk goed.

As jy sensor afhaal....sien die stelsel dit as n pap band omdat daar nie meer druk op sensor is nie. Dis hoe ek soms my stelsel toets, ek draai sensor los en hoor dan alarm. As jy geen lesing sien op die skerm nie, beteken dit dat sensors buite kommunikasie afstand is vanaf monitor. So dis vir jou baie maklik om te weet/sien of jou stelsel of sekere sensors werk of nie....so behoort jy ook agter te kom as batterye van sensors pap is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za