Gee asb. advise.
My 2011 Fleetline beskik oor 'n Al-Ko koppelstuk wat nie funksioneer soos wat hy veronderstel is om te doen nie. Dit is die tipe met 'n ovaalvormige handvatsel en die hefboom aan die linkerkant wat jy druk om die koppeelstuk te ontsluit.
Die problem het ontstaan to ek diewa gehak het met die terugkeer na ons laaste kamp. Die handvatsel wou nie sluit nie en ek kon hom optel sonder om die hefboom te druk. Ek het gedink hy het nie behoorlik gehak nie met die wat die grond ongelyk was.....het toe stadig 'n entjie gery om te kyk of dit ddie problem is. Het presies dieselfde gedoen .Het toe maar die pad huistoe aan gedurf en veilig by die huis gekom sonder enige probleme . Weet nie of ek 'n vet kans gevat het of nie.
Indien ek die handvatsel optel sonder dat die wa gehak is, is hy in die sluit posisie maar so met die 4de of so probeersslag ontsluit hy sonder dat die hefboom gedruk word. Ek weet nie of die pennetjie van die hefboom dalk gebuig of geslyt is nie.
Miskien is dit dalk maar die beste dat ek 'n nuwe koppelstuk gaan koop. Al-Ko maak nie meer hierdie tipe koppelstuk nie. Die nuwes het 'n hefboom wat jy optel.
Enige advise sal waardeer word.l
Ek wou nog ook gevra het of dit veilig is om so met die wa na 'n handelaar te ry indien ek die koppelstuk moet vervang?
Weet nie hoe moeilik of maklik dit is om hom te vervang nie. Daar is 'n tipe van 'n pen/klinknael wat uit geslaan of geboor moet word. Sal my anderhelfte dit kan doen? Kan dit ongelukkig nie self doen nie aangesien ek siggestremd is.
Chris. As jou wa nie reg hak moet nie n kans vat. As jy hom by n handelaars wil laat reg maak, vertel hulle die hak probleem en laat hulle h kom haal.
Ek Sou dit self aan Pak as dit my wa is. Ek Sou nie kans vat met n hak wat alreeds probleme gee en nog bo op dit herstelwerk nodig het. Ek sal liewer kompleet nuwe hak voor installeer.
Daar is n paar plekke wat jy pryse Kan kry. Beste is om agter in die karavaan boeke in classifieds te kyk. Al die parte manne adverteer daar, kry pryse.
So iets as jy die hak het Kan iemand Sommer by jou huis kom aansit as jy dit nie self wil doen.
Ek glo hier is n hele paar manne wat jou na Plekke toe Kan verwys

Stem saam met John....sal nie daai kans waag nie....kry iemand by jou huis
Ek sou eerder kyk oorweeg om die haak te vervang. Miskien kan jy iemand kry om dit tuis te kom doen. Dit is net te 'n belangrike komponent om kanse mee te waag. Ek twyfel of die komponent ontwerp is om herstel te word.
Chris......
In Jacaranda Straat verby die eerste sirkel net voor Kutcu elektries Lang's die viswinkel is trailor parts. Vra vir Hendrik Om jou te help, sê ek het jou gestuur.
Hy het alles daar binne.
Die hefboom se onderkant haak aan 'n gedeelte van die koppel stuk wat verhoed dat die handvatsel lig. Die haak gedeelte het met tyd net effe afgewerk.
Gebruik 'n vyltjie en maak dit net weer "skerp". As dit 'n pennetjie is wat deur die hefboom uitgetrek word kan jy die pennetjie los maak en dit net 180 grade in sy posisie roteer. Dan sal hy weer goed werk.
Jin baie dankie. Ek was reeds by hulle en die person daar was geensins behulpsaam nie. Weet nie of hy bang was vir my gidshond nie.
Leon baie dankie vir jou advise. Ek sien daar is 'n moer aan die teenoorgestelde kant van die hefboom. Vermoed as jy hom gaan los maak, gaan jy die hefboom kan verwyder en dan die nodige doen soos wat jy voorgestel het.
Dis reg ja. Die twee vlakke, dit waaraan die hefboompie moet haak en hefboompie self moet dalk net skoongemaak word.
Onthou daar is 'n veertjie binne dat dit nie weg skiet as jy oopmaak nie.
Jin baie dankie. Ek was reeds by hulle en die person daar was geensins behulpsaam nie. Weet nie of hy bang was vir my gidshond nie.
Leon baie dankie vir jou advise. Ek sien daar is 'n moer aan die teenoorgestelde kant van die hefboom. Vermoed as jy hom gaan los maak, gaan jy die hefboom kan verwyder en dan die nodige doen soos wat jy voorgestel het.
Het jy met Hendrik gepraat, of die deur opsigter.......
Jin, daar was net een person in die onderneming wat agter die toonbank gesit het en nie eers sy agterkant van die stole kon lig nie. Weet nie wat sy naam was of die poswat hy beklee het nie…….moontlik dalk die vloerwasser. Hulle het nie 'n deurwag nodig nie aangesien daar 'n veiligheidshek by die deur is.☺
Jin, jy sal moet ernstig met jou pal Hendrik gesels.
Hy gaan die virus hê as ek klaar is met hom.
Chris, om die boot te vervang (oor die koppeling gly) moet jy die ontkopelings meganisme "catch" verwyder. Jy verwyder die bout langs die kant en trek die staaf (met n' gleuf langs die kant) uit. Soos Leon gese het, wees versigtig om nie die veertjie te verloor nie. Dan kan jy die meganisme inspekteer vir slytasie/werking. Ek weet nie hoe siggestremd jy is nie maar as jy dit nie kan doen nie vat die woonwa na n' herstel plek, soos One Stop Caravan Clinic of reel dat iemand na jou huis toe kom, soos Hans (0832879252/0839748487). As jy die woonwa sou sleep maak die ontkopelings meganisme vas met n' bree cable tie of n' stuk draad.
Ek hoop dit help.
Dankie Paul. Ongelukkig is my sig te min om sulke take te verrig.
My vrou is nogal handig en gaan eers kyk of sy dit sal kan doen. Ek het gelukkig ook 'n baie bereidwillige buurman wat altyd 'kom handgee.
Ek is bly Chris. Ek het maar die boot manier genoem want die proseduure is al goed bespreek op hierdie forum. Ek het nog nooit gehoor dat die "catch" probleeme gee nie. Hy si seeker net n' bietjie geslyt, soos Leon hierbo verduidelik het.
Die knip slyt gewoonlik wanneer die koppelstuk op die voertuig se bal met die jockey laat sak word voordat die hefboom gedruk word.
As jy die koppel stuk wil haak maak net seker jy druk die hefboom aan die bokant. As ek reg onthou is dit nie nodig om die handvatsel op te trek nie, as die hefboompie gedruk is sal die bal alles op druk en dan terugval so dra die bal diep genoeg is soos wat jy die a raam laat sak met die jockey wiel.
Maar dis ook elke ou se eie metode hoe hy iets wil doen.
Ek het vir my aan kettingkie n ou 5c stuk vasgemaak(gaaitjie in die 5c geboor) en aan handvatsel vasgemaak. Wanneer ek koppel of ontkoppel tel ek die handvatsel op en druk die 5c daar in as die handvatsel in die "oop" posisie"is. Dit bly dan tot ek weer aanhak en as hy in plek is moet jy net onthou om die 5c te verwyder. Hy hang dan aan sy kettingkie langs die kant tot ek weer wil afhak.
Onthou ook om so dan en wan daardie pen olie te gee. Omdat hy maar aan die elemente oorgelaat is kom daar roeserigheid in en dan steek hy vas. Na so n olietjie en heen en weer werk gly hy weer gladweg. Ek vermoed dit kan dalk een die probleme(of enigste) wees dat die pen net vassteek omdat hy droog en roeserig is.

Die idee het ek ook al van gehoor in die verlede. Sodra jy dan die wa haak en die bal druk die handvatsel op om die haak prosedure te voltooi val die 5 cent automaties uit.
Slim idee wat al lank werk ja.