English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 987
Total Replies: 243 394
Total Views: 82 949 027
topics: 11 230
replies: 132 905
views: 39 172 717
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

TENT MUF

replies: 6
views: 243
10 Nov 2019 @ 11:33:05 am
Player
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 11 Oct 2019
Experience: 9 years

Ek het ń dom vraag vir julle slimmes

Ons staan nou al 3 maande by die see, feitlik op die strand en moet binnekort oppak

Dit is tans reënerig en November lyk my is maar so

My plan is om die weer dop te hou en as daar ń mooi weers dag naby oppak tyd is, die tent af te spuit en te was, so dag te gee dat hy droog word en dan die tent af te slaan en te bêre. 

My vraag nou is, as ons dan nog ń paar dae staan met die tent wat weggebêre is, sal die tent in die paar dae muf kry

 

 

Slegs uit genade.
Tot alles instaat deur Hom wat my krag gee
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2019 @ 14:46:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8984
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met die xplorer se ralley het ons net die nodige water af geskud en hom op gerol.

By die huis hom weer uit sy sak laat hang tot hy droog is, alhoewel hy nie baie nat bly nie. Mos tipe van n seil met materiaal binne.

Sal die draad volg met die Classique se tent.

Maar soos ek dink het ek n plan dat hy nie sal muf nie.

Mos n ou kamper.

Sal hom mooi opvou en in sy swart kas sit. Sal darm nie muf oppad huistoe nie.

 

By huis hom oor wasgoed lyn gooi. Weer afspuit dat hy droog word.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2019 @ 17:38:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15633
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As jy n mooi sonskyn dag het, behoort tent heeltemaal droog te word. As jy dink jy gaan hom nog half klam bêre, sal ek liewer tot die einde staan en n nat tent inpak en weer by die huis uitpak....iets wat jy tog ook sal moet doen met n half klam tent wat al paar dae in sak lê. Sterkte! 

My neef het ook bietjie vroeer vanaf TO gekom....ook net heeltyd reën.....Vrydag toe dit bietjie opklaar het hul gepak en gewaai....res van tyd in Drakensberg deurgebring

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2019 @ 18:07:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8984
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het vir my n kas gekry vir die ralley.

Gaan hom sommer buite gebruik vir n tafel langs my stoel om my whisky glas neer te sit.

Geen water wat uitloop of dat hy muf met hitte nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
10 Nov 2019 @ 19:00:07 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 642
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

goeie vraag nou wonder ek ook

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 06:47:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15794
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die tent sal MUF op kry as hy klam gebêre word en nie uitgehaal word om deeglik droog te word nie.  Die muff sal darem nie gebeur binne een of twee dae nie.

Die beste is maar altyd om te sorg dat hy deeglik droog is voordat jy hom wegsit.

Onthou die tent is nie droog as die nate nog klam is nie.

 

Dan onthou die ou Army tentseil tipe materiaal hou nie van nat opgevou wees nie.  Daai materiaal maak soos wat 'n komposhoop maak en die MUF en materiaal begin om hitte te genereer.  Die hitte kan so erg raak dat dit begin smeul en aan die brand slaan.

Ek het al paar keer gehoor/ nie self gesien nie van tent store in die weermag wat afgebrand het.

Ek het self gesien hoe tent kant seile gate in gesmeul het.  Dit het gelyk soos 'n sy-wurm wat 'n blaar gevreet het.

Maak seker jou goed is deeglik droog vir lang tye van stoor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 06:52:11 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8984
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die tent sal MUF op kry as hy klam gebêre word en nie uitgehaal word om deeglik droog te word nie.  Die muff sal darem nie gebeur binne een of twee dae nie.

Die beste is maar altyd om te sorg dat hy deeglik droog is voordat jy hom wegsit.

Onthou die tent is nie droog as die nate nog klam is nie.

 

Dan onthou die ou Army tentseil tipe materiaal hou nie van nat opgevou wees nie.  Daai materiaal maak soos wat 'n komposhoop maak en die MUF en materiaal begin om hitte te genereer.  Die hitte kan so erg raak dat dit begin smeul en aan die brand slaan.

Ek het al paar keer gehoor/ nie self gesien nie van tent store in die weermag wat afgebrand het.

Ek het self gesien hoe tent kant seile gate in gesmeul het.  Dit het gelyk soos 'n sy-wurm wat 'n blaar gevreet het.

Maak seker jou goed is deeglik droog vir lang tye van stoor.

Hiermee kan ek getuig dat dit vinnig brand.

Weet so Army tent neem 20 t 30 sek om uit te brand.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First