Ek is op soek na 'n Tando Stabiliseerder. Ek woon in Kaapstad. Het iemand dalk een te koop?
Campworld daar by julle behoort dit aan te hou. Andersins kan hulle dit seker vanaf Gauteng vir jou courier
Al die uitlaat plekke wat Bosal produkte gebruik kan dit bestel. Ek het al by Supa quick bestel. Hul kan bel en binne 5min hul prys gee voor mens enige Tando part bestel.
Ek glo hulle is merkbaar goedkoper as die Camp World takke.
Kyk op Gumtree en Junkmail- goeie pryse.
As jy 2de hands koop, maak seker jy kry n volledige een. Ek sien daar is heelwat te koop, maar baie kort n bracket.
Ek het juis 'n bracket by Supaquick gekoop want my kar is verkoop sonder dat ek die ding afgehaal het.
Onlangse draad hier op die forum het aangedui dat die Tando selfs geskik is vir swaar karavane.