English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 555
Total Views: 82 435 073
topics: 10 888
replies: 126 365
views: 38 909 882
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Swing / Splash blad voor kasdeur

replies: 10
views: 271
03 Jul 2019 @ 16:25:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink nie daar is n oplossing vir hierdie een nie....maar kom ons kyk....miskien het iemand n blink idee

In die Swing / Splash het mens hierdie kassie langs die yskas met n blad bo-op. Die probleem is mens kan eintlik niks bo-op daai blad sit nie, want sodra jy iets daar bo-op sit, kan jy nie die kasdeur agter dit oopmaak nie. Sou iets daarop sit, moet jy dit eers verwyder alvorens om by kasdeur uit te kom. Het iemand al met n plan gekom wat dit vir hom beter maak werk? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 17:20:50 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1086
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Geert, in my Swing staan die kassie bietjie verder uit.  Dit pakplek is net lastig sodra iets op die blad staan.   Moet net nie iets binne die kassie pak wat tot teen die kant skuif nie.   Dit is dan 'n gesukkel om dit uit te haal. 

Ek hoor ook graag wat ander doen.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 17:39:09 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2023
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

In ons swing het ek die kassies heeltemal verwyder en 'n groot kas gebou wat ons gebruik vir die porta pottie. Nou kan Elmarie die toilet in die nag gebruik. Het 'n deur en dakkie op wat ons in die dag toemaak en dan kan jy dit gebruik vir pakplek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 18:46:18 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Jy sien n man maak n  plan lekker Jan lekker.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 22:17:16 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die versoeking vir my om die hele kassie uit te haal sou baie groot wees. Ek hou van beweeg ruimte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 05:44:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sou voorstel om een van die rol deurtjies te instaleer soortgelyk aan die wat in die Classique se Kombuis kas is.  Ek dink van die Penta's het dit ook in gehad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 05:53:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die onder kassie deur.

Dink dit kan werk. Jy gaan net so effe kas spasie verloor weens die skuif spasie van die deurtjie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 08:21:03 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Haal die deur af en sit n gordyn voor wat oop trek.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2019 @ 13:36:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Haal die deur af en sit n gordyn voor wat oop trek.

 

Ja of maak die kassie toe met 'n stukkie kamp seil soos wat van die Off-road karavane maak.  Dit sal steeds netjies lyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:59:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek verneem dat hulle die kassie by die wasbak nou kleiner maak op die Swing.....dit gee bietjie beter beweeg ruimte om die eiland bed

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 14:30:00 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons sal sien hoe lyk die nuwe verwikkelinge by die fabriek om meeste van die modelle.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required