Graag hoor ek van julle wat mens kan gebruik om hierdie swart vlekke te verwyder op my m-fiets se agter velling. Al vloeistof wat ooit hier kom is water en honde wat hul been lig. Duidelik is dit remblok poeier wat daar vassit.
Ek sal nie se ek het al alles gebruik nie maar die beste skoonmaak goed wat mens normaalweg sal gebruik verwyder net mooi niks v d vlekke nie.
Het dit nog nie ondervind nie.
Ek het dit al gesien.....is dit nie maar korosie nie? Sal interesant wees om te sien of daar iets is wat daarvoor werk....sal draad dophou
Ek het dit al gesien.....is dit nie maar korosie nie? Sal interesant wees om te sien of daar iets is wat daarvoor werk....sal draad dophou
Ek het al stainless steel skoongemaak met koeksoda en asyn....miskien probeer, mens weet nooit. Hulle gebruik dit ook om swartgebrande potte en panne weer blink te kry
Danie ek het jou probleem nog nooit gesien nie maar ek neem aan dat dit alluminium velling is wat die vlekke op het. Het jy al Alu Brite probeer. Ek het baie lank terug dit by Midas gekoop en vind nogal dat dit Alluminium mooi skoonmaak. Dit is dalk die moeite werd om te probeer.
Danie ek stel voor jy draai by Midas en kyk of jy alluminium acid kan kry. Spuit dit aan en binne half minuut spoel af. So herhaal jy dit tot skoon. As dit te kank bly kan jy lelike vlekke verder kry so wees maar versigtig. Gesels met die manne eers by Midas dalk het hulle n beter plan of iets nuwer op die mark wat makliker is om te gebruik
Ek het al baie keer my karre se engins so skoon gemaak maar jy moet die produk leer ken en weet hoe lank dit vat om sekere dinge te doen voor jy dit net aanwend.
Gesels ook met mag repair manne / panelbeaters en kyk wat hulle gebruik.
Dankie vir die raad alreeds ontvang. Ek sal dit probeer. Daar is nog groter aanmekaar swart dele. Ek vind dit baie vreemd dat dit so aanmekaar swart is op omtrent 20% v d velling en dis meer op die plat deel.
Ek kon deur die jare gewoonlik met Rally politoer sulke plekke skoon kry maar nie die keer nie.
Ek het so tydjie terug julle vertel van Alu Mag wat jy by the Cleaning warehouse te koop kry.
Spuit dit op wag so 30 sekondes en vee dit af. Ek glo met geredelike herhaling jy dit gaan skoon kry.
Ek het die ou checkered plate waarop dit staan met dit skoon gemaak.
Dankie Leon. Ek het onthou jy het iets genoem maar kon nie onthou wat dit is nie en waar mens dit kry nie. Sal dit probeer.
By die Oriental Mark op die hoek van Panorama en Ou JHB pad is 'n Cleaning warehouse winkel.
Hulle verkoop dit daar in 500ml spuit botteltjies of 5l kanne.
Terloops Danie daai motorfiets band van jou is al meer as 3 jaar oud. Nie lank nie dan is hy regtig te "OUD".
Hoe lyk die loopvlak nog op hom.
Leon nou raak jy 'n vreeslike sensitiewe saak aan. Daai band is nog splinternuut en seker 6 maande terug opgesit en gaan NIE hom op 5jr vervang nie..... Die vorige een het seker sowat 8.5jr diens gedoen en ek kon nie glo dat ek oor die 20 000km gekry het. Al my vorige bande het tot maksimum 7 000km gehou. Hy is gemaak in week 17 van 2014. So alreeds 5.5jr oud.
Dis wat ek nou die dag opgetel het op die R101 naby Foodlovers. Die 1e papwiel op 'n bike in 30jaar.