Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Swakopmund
Ons was pas vir 'n week in Swakopmund, ons eerste besoek daar. Ons het gevlieg en in 'n AirBNB gebly. Omdat ons kampeerders is, het ons natuurlik na die kampgeriewe gaan kyk. Daar is twee parke in die suidelkike deel van die dorp, Tiger Reef en Alte Brücke en een aan die noordelike end van die dorp by Myl4. Ons het na eersgenoemde twee gaan kyk. Beide lyk heel goed maar Alte Brüke vat die koek. Swakopmund is in 'n ernstige woestyn geleë maar die plek het groen gras, elke staanplek het sy eie ablusies, die hutte en die ablusies is eenvoudig puik en in baie oulike styl. Dit lyk baie aantreklik om daar te kamp. Ek weet nie wat die tariewe is nie, maar ek sal nie 'n probleem hê om dit te betaal nie. Miskien kamp ons dit volgende keer as ons so ver kom om 'n uitgebreide toer van die baie interessante land te onderneem.
Swakopmund self is 'n baie aantreklike, vriendelike en interessante dorp, aansienlik groter as wat ons gedink het. Die Duitse argitektuur in die ou deel laat jou voel jy is in Duitsland. Die mense is regtig uiters vriendelik, jy ervaar geen rassegevoel nie. Meeste Suid-Afrikaanse winkegroepes is daar verteennwoordig en dit lyk of hulle pryse maar min of meer dieselfde as hier is. Dis verbasend as 'n mens in ag neem dat alle voorrade oor 'n groot afstand daarheen vervoer moet word. Daar is 'n baie groot aantal restaurante wat meestal puik lyk, maar hulle pryse is hoër as hier by ons.
Daar is 'n baie mooi gholfbaan met groen gras tussen palmbome met 'n groot aantal Springbokke wat daar wei- amper hondmak.
Die nuwe deel, wat noord langs die kus strek, lyk baie duur met paleise van huise. Ons wonder waar al die miljoenêrs vandaan kom- ons vermoed heelwat vanaf Europe. Langstrand tussen Walvisbaai en Swakop, is net reuse wonings, duidelik baie duur.
As jy egter klaar al die besienswaardighede besoek het, is daar net visvang en gholf om te doen. Ek doen nie een hiervan nie, so permanente verblyf daar sal vir my uiters vervelig wees. Maar dat dit 'n besoek werk is, is vir seker.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Thanks for the feed back, we will be heading that way in the not to distance future with our caravan in tow.
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
Swakop is a perfect place for you as I know you like fishing.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Vir ons is dit die mooiste plek in Afrika.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Ek het nog nie al Afrika se stede en dorpe gesien nie, maar ek twyfel of daar n netjieser en skoner plek kan wees nie. Stokholm in Swede is op een webwerf wat ek gelees het, die skoonste stad op aarde maar Swakopmund word ook in die top groep genoem. Daar is net nie n papiertjie op straat nie en al die sypaadjies is geplavei. Die land is n navolgenswaardige voorbeeld vir ons. Die mense sê daar is ook bitter min misdaad. Ek praat van Swakop, ek weet nie hor dir res van die land is nie
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit was ons vakansie plek in my kinderjare en my pa het vis gevang vanaf die Alte Brücke. Ons het by ‘n plek vars gerookte vis gekoop wat uiters gewild was en jou bestelling moes vroegtydig ingehandig word anders het jy net nie die gerookte vis gekry nie, mooi herinneringe .
Was na 30 jaar daarna weer daar sekere dele was en is seker nog net soos destyds maar daar is uitbreidings met spog plekke.
Dis heerlik om langs die “Molle” te stap en by die Strand Hotel iets te eet en daarna na die aquarium te gaan en dan op die Alte Brücke te stap en die uitsig te geniet
Walvisbaai is ook ‘n besoek werd met die baie see voëls en selfs ‘n bootrit te onderneem en daarna die Duin 7 daar naby uit te klim wat vir fikse mense bedoel is. Geniet die woestyn met die verskillende ontspannings wat aangebied word, “Quad bikes” en afgly vanaf die duine
Sal daar gaan golf ââºÂ³ speel volgende Jaar.
Al weer oppad iewers heen.

Ek dink een hou onder baansyfer is dalk n Sprinbok.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Alte Brüke was ons vakansie plek oor Desember tot Covid ons planne laat plat val het. â˹â˹
Oppad na die volgende kamp.

Ek het net deurgery- was nie eers in die ablusies nie. Vertel bietjie hoe julle dit gevind het, Willem.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons het in Maart 2019 by Alte Bruck gebly vir twee aande - in 'n chalet. Maar ek het gaan rondloop in die kampeerterrein - uiters netjies. Elke staanplek het sy eie privaat ablusie. Ek sal ter eniger tyd daar gaan kamp. Die hele oord is baie netjies.


Ek het net deurgery- was nie eers in die ablusies nie. Vertel bietjie hoe julle dit gevind het, Willem.

Fred, ons was toe niebdaar nie weens Covid wat ond geblok het, ons sou 3 karavane gewees het.
ðŸ¤ââ˹â˹â˹
Oppad na die volgende kamp.

Interessant the palmbome. Dis blykbaar die bome wat in die woestyn aard sonder baie sorg en word oral aangeplant. Dis ook die bome wat op hulle puik gholfbaan staan. By Walvisbaai, op die pad na die noorde- na Swakop- is daar 'n sewe kilometer laning van die bome weerskante van die pad, en hulle lyk almal heel gesond. Upington spog met 'n ek dink kilometer lange palm laning na die Eiland.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
