English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 643
Total Replies: 236 878
Total Views: 82 687 915
topics: 4 437
replies: 30 056
views: 17 390 410
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 428
replies: 22
views: 17 351 410

Sunset Ranch Game Lodge

replies: 0
views: 10811
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
18 May 2008 @ 22:12:14 pm
Leeu
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 18 May 2008
Experience: 26 years
Ons het saam vriende die lang "na+week" by die oord gaan uitkamp met die karavane. Die oord is sowat 60km vanaf Warmbad op die Rooiberg pad na Thabazimbi. Die oord is ook 70 km vanaf Thabazimbi net verby die vakansie dorpie, Leeupoort. Die grondpad in na die oord, +-10km is nie van die beste nie, maar gelukkig het ek 'n B'rakhah, maar ons vriende het met 'n nuwe Jurgens Palma gekamp. Ek het nadat ons terug gekeer het die volgende epos aan die oord gestuur oor klein goeters wat epla het en hulle het nie eens moeite gedoen om my te skakel nie, maar wys jou net, mens moet liewer na ge-gradeerde oorde toe gaan. Ten spyte van alles het ons lekker gerus. Aangeheg vind die epos Hi Chantel, Ek het gevoel dat ek terugvoer vir julle gee oor my indrukke van julle karavaan park. 1) baie rustig toe ons daar aangekom het, tot die Woensdag 2) ek weet nie wat julle besiel het om die groep toe te laat wat met die klomp tente gekamp het nie, ek weet dis ekstra inkomste, maar ten koste van die gewone kampeerder is onaanvaarbaar (julle bly ver van die gronde en ons sit met die spul??), julle moes die badkamers sien toe die spul daar deur is, en EK moet daar was, nie julle nie. 3) julle badkamers kort dringend onderhoud, krane wat afgebreek is, ens 4) julle adverteer dat daar kanos beskikbaar is, die kanoes l stukkend vir jare al, maak dit reg of haal die kanoes beskikbaarheid af van julle webblad. 5) sit n asblik in die ablusies asook waar jy opwas, geen asblikke was beskikbaar waar ons opwas en gevolglik gooi die mense die kos in die drein af. 6) vir kinders is daar absoluut niks om te doen, OK miskien wil jul n atmosfeer skep van rustigheid, maar maak net die pool tafel reg. 7) julle rate vir die huur van die 4 x 4 motorfietse is nie markverwant, sit dit op julle webblad sodat n mens kan begroot vir die bedrae. 8) Christo (eienaar se seun) jaag te veel met die quad motorfiets verby ons kamplek en baie stof word opgeskop, ek stel voor julle gebruik die boonste pad na julle huis. Baie dankie, ons het, ten spyte van die bogenoemde, lekker uitgerus.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required