English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 573
Total Views: 82 435 543
topics: 10 888
replies: 126 377
views: 38 910 107
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Suidelike Kruger November weer patroon.

replies: 20
views: 250
10 Oct 2019 @ 22:01:13 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Wat kan n mens te wagte wees van die weer patroon so tussen Malelane, Skukuza en Crocodile bridge die eerste week in November. 

Is dit reen seisoen, is die muskiete al giftig daardie tyd, moet n mens maar doom saam vat.

Wie kuier daardie week daar in die omgewing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 22:04:09 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Pak gerus die doom en waaier en of aircon.  Hopelik kry julle reen. Ons land is droog.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 22:13:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Los maar jou trui en wind breaker tuis......smile

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 05:56:45 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 920
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ons is middel November daar. Lower Sabie en Satara. Koel klere, swembroek, Doom en Peaceful Sleep. En sluk  maar die malaria pille....๐Ÿ‘๐Ÿ˜

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 08:36:51 am
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 131
Joined: 10 Oct 2007

Baie warm en soms erge donderstorms en wind. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 09:05:16 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die algemene wysheid is dat die gevaarlikste tyd vir malaria is direk na die reënseisoen wanneer daar poele staande water is wat ideale broeitoestande is vir die muskiete is.  Dis natuurlik gladnie die geval dat daar ander tye nie gevaar is nie.  In malariawêreld vat jy nooit kanse nie.  Die beste verweer teen malaria bly steeds om nie gebyt te word nie.  Die gevaar is die grootste snags, so probeer binne bly in 'n muskietdigte karavaan of tent, spuit maar Doom so 'n rukkie voor jy ingan, trek langmou hemde, lang broeke, kouse en skoene aan en wend afweermiddel aan op ontblote vel.  Ek het hier tuis al meermale gevind 'n muskiet byt jou deur 'n kous, so wend maar Tabart aan onder die kous ook.  Ek vermoed wolkouse sê vir die muskiet hy is op 'n prooidier, so dalk is dit net bietjie veiliger om nie wolkouse aan te trek nie.  Ek het ook al gevind dat as ons in die veld loop met wolkouse aan, byt bolsuise meer as wanneer ek kunsvesel kouse dra. Dis nie 'n wetenskaplike feit nie, net maar my vermoede.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:07:52 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Koop daar doom en vermy eksta gewig in die wa.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:14:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek vat maar nie kanse nie. Gebruik altyd malaria pille as ek daai kant gaan. Veral met die warm winter seisoen wat ons gehad het. Voorsorg veel beter as nasorg. Maar bly maar elkeen se keuse.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:43:25 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 649
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek moet bieg dat ek nie 'n room-man is nie, Bekkie Bokkie Baby is glad nie daarmee ge-imponeer nie. Maar ek spuit somtyds 'n bietjie DOOM hier en daar, net om te wys dat ek graag saamwerk. Ons drink so 'n kruie-agtige pil voordat ons vertrek, en dit hou aan vir n week nadat ons terug is. Die ander pille dryf jou tot 'n selfmoord-depressie of sit jou op 'n LSD-trip. Ons pilletjies het geen newe-efekte nie, net so 'n kruie-burpie (windjie) elke nou en dan.

Ek dink jy kan maar' n sambreel ook saamneem wanneer dit November of Krismis slaan. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 11:22:13 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons het slegs die eerste maal wat ons Kruger toe is, malaria pille gedring- seker 35 jaar gelede- en alvyf van ons het ernstige hoofpyn gehad.  Sederdien het ons nog nie weer pille gebruik nie maar net die voorsorg getref soos ek hierbo beskryf is en was gelukkig om nooit malaria te kry nie ten spyte daarvan dat ons al menige keer daar was.  Ek is nie 'n dokter nie, so daar is geen waarborg nie, maar al gebruik jy ook pille, dink ek dis steeds wys om sover moontlik seker te maak dat jy nie gebyt word nie.  Die voorsorgmedisyne is nie 100% effektief nie.  Daar is 'n tipe malaria wat amper 100% dodelik en moeilik of gladnie  behandelbaar is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 15:10:22 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sal moet besluit wat alles saam gaan. Doom, peaceful sleep, malaria pille, lang mou klere, room, tabart. 

Dankie mense ek het nie gedink miskiete sal nou al aktief wees. 

Maar soos bo gese  "moet liewer nie kanse vat"  Ek pak sommer die krieket bat ook in vir die groter vlieënde goete ook. 

Nou net duim vas hou die weer is lekker die eerste week in November

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 15:23:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal moet besluit wat alles saam gaan. Doom, peaceful sleep, malaria pille, lang mou klere, room, tabart. 

Dankie mense ek het nie gedink miskiete sal nou al aktief wees. 

Maar soos bo gese  "moet liewer nie kanse vat"  Ek pak sommer die krieket bat ook in vir die groter vlieënde goete ook. 

Nou net duim vas hou die weer is lekker die eerste week in November

 

 

 

 

Al reën dit in die KP is dit altyd lekker.

Geniet dit.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 15:43:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons was al bevoorreg om op paar geleenthede goeie reens in die KNP te ervaar. Die mooiste was hele paar jaar terug toe van die riviere in suid in vloed was...alle grondpaaie gesluit en water oor laewater brug by Lower Sabie. Maar soos Jin sê....altyd lekker daar. Maar ek glo nie jy hoef te worry oor reen nie.....ek sal meer worry oor oormatige hitte

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 15:44:42 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Drink elke aand 'n Gin en Tonic skemerkelkie. (Of twee) Die muskiete hou nie van die Quinine in jou bloed nie.

Was die gebruik van die grootwildjagters in Afrika vroeer jare.undecided

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 16:42:10 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Gevaarlike een daai! Sê nou hulle hou van die gin!undecided

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 20:35:33 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ons gaan gewoonlik in die herfsmaande Kruger Wildtuin toe en ten spyte daarvan, drink ons ALTYD malaria-werende tablette.  Deesdae se tablette is wel baie duur, maar het feitlik geen lastige nagevolge nie.

Ek was nog nooit van Oktober tot April in die Kruger Wildtuin nie en kan dus ongelukkig nie jou vraag beantwoord nie. Maar die eerste jaar nadat ek my karavaan-skoene opgehang het sal ek graag in Februarie daar wil wees om daardie tipiese vloede te ervaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 22:06:20 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 865
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

November kan soms onsmaaklik warm wees in die wildtuin. Ons was die eerste 4 aande van Nov 2000 in Berg-&-Dal en die volgende 5 aande in Skukuza. Ons was nie juis gepla met muskiete nie, maar Berg-&-Dal het van die grillerigste goggas saans rondom die braaivleisvuur opgelewer. As 'n Bolander, wat nie juis donderweer ken nie, het ons skrikwekkende elektriese storms in Skukuza beleef. Die hoë humiditeit en temperature het ons besoek ook nie juis vergemaklik nie.

Maar die hordes rooiboklammers, die wonderlike voëllewe danksy die somerbesoekers en die mooi groen veld, het alles opgemaak vir die minder aangename ervarings.

'n Jaar later was ons weer aan die einde van Nov in Olifants. Iets wat my sal bybly is die gedurige geroep van die bosveldvisvangers en die enigste keer wat ek die Timbavatirivier in vloed gesien het. Baie van die gruispaaie was gesluit a.g.v. die voortdurende reën.

Ek was vanjaar in Jan/Feb in die wildtuin. Behalwe vir die onsmaaklike hitte, was dit 'n wonderlike tyd in die wildtuin - weereens danksy die somer-voëlbesoekers en die pragtige groen omgewing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 11:29:19 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ons het reeds muskiete in Gauteng so ek sal alle voorsorg tref soos reeds genoem. Vir 20jr het ek gereeld die skoonmense besoek en te dom gewees om iets te drink. Nooit enige slegte byte ondervind maar as ek terug kyk was mens seker net baie gelukkig. Het ook nooit lang mou klere gedra en nie doom gespruit nie. Net om die vuur coils gebrand tydens besoeke.

Elke jaar oor Des het ons maar vir weke gesweet sonder om te werk in die hitte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 12:02:31 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons moet onthou die malaria muskiete broei nie uit met die malaria parasiete reeds in hulle liggame nie.  Hulle moet eers bloed suig van iemand wat reeds die parasiete in sy/haar bloed het.  As jy mooi daaroor dink, is die kans dat 'n malariamuskiet se byt dus dodelik sal wees, maar baie klein want maar net 'n klein persentasie van die bevolking in malariagebiede kry wel die siekte en is dus draer van die parasiet. Die muskiet se kans om 'n malarialyer raak te byt is dus ewe skraal.   Maar die moontlikheid bestaan en die gevolge daarvan is so erg dat dit nie geïgnoreer behoort te word nie.  Ek weet nie wat die statistiek sê nie, maar moontlik is jou kans om deur 'n malariadraende muskiet geteiken te word, maar iets soos een uit 'n honderd, en jy was dus tot sover in die 99% gelukkige groep Danie.  Vir die teoretiese 1% help die statistiek net mooi niks. Dit is dalk ook waar van mense in die malarie-gebiede van die Laeveld dat hulle nie almal voorsorgmedisyne gebruik nie en dalk kry min van hulle werklik malaria, maar ek wil nie die ongelukkige uitsondering wees wat dit wel kry nie.

Ek het nie die feite nie, so ek weet nie of dit steeds so is dat in malariagebiede hutte en huise gereeld gespuit word nie.  Dit was in die verlede 'n groter faktor in die bekamping van malaria as die gebruik van vooerbehoedmiddels.  Ek het op 'n stadium met die mense van die Siegfried Annecke instituut op Tzaneen oor die saak gepraat.  Hulle het hoofsaaklik navorsing oor malaria gedoen.  Die instituut het nou 'n ander naam

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 15:14:45 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Fred. Eks een van daai manne wat n honderd cheques in die lug op gooi en dan vang ek n Summons. Sal maar voorsorg tref. Slim mag dalk net sy baas vang

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 15:25:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Fred. Eks een van daai manne wat n honderd cheques in die lug op gooi en dan vang ek n Summons. Sal maar voorsorg tref. Slim mag dalk net sy baas vang

Wat vir my altyd goedkoop uitgewerk het sonder newe effekte was Meflian....ook net 1x n week gebruik. Maar vir een of ander rede sukkel ek die afgelope 2-3 jaar om dit in die hande te kry. Jy hoef ook nie meer Dr voorskrif te kry vir medikasie nie.....spaar darem al bietjie!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required