English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 870
topics: 11 571
replies: 139 178
views: 39 340 554
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Suid Kaap vakansie

replies: 25
views: 7522
02 Nov 2015 @ 10:38:48 am
Suidwester
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 29 Oct 2015
Experience: 20 years
Ek en die vrou beplan om 2016 die karavaan af te sleep Suid-Kaap toe. Ons wil buite seisoen gaan en so vier of vyf plekke kamp vir so twee tot drie dae per plek. Wil graag die gedeelte tussen PE en Mosselbaai besoek. Sal graag by mede kampers wil hoor watter tyd van die jaar die beste is, oorde(waar ek kan visvang)ens.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 10:58:32 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Welkom Olive, Hoop jy gaan lekker saam kuier. Ek is seker die manne wat daardie kant van die kaap ken sal jou die inligting ge.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 13:27:11 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Welkom op die forum Olive.  Daar is so baie karavaanparke op die roete om uit te kies, veral in George/Knysna/Plett omgewing.  Sommige is by die see en jy sal kan stap viswaters toe.  Die wat ons al by gestaan het en kan aanbeveel is as volg:

Mosselbaai : Die Punt (The Point)

Hartenbos : ATKV Hartenbos

George : Glentana

Knysna : Buffelsbaai

Plettenbergbaai : Forever Resort Plettenburg of Keurbooms Lagoon

Stormsrivier Oord kom hierna, en is wonderlik om na toe te gaan, maar jy mag nie visvang daar nie.

Jeffreysbaai : Jeffreysbaai Munisipale Karavaanpark

Port Elizabeth : The Willows of Van Stadens Resort

Google hulle gerus om na hul webtuistes te kyk (ek dink nie Die Punt het hul eie webtuiste nie) of gaan kyk op FlipenTilla se webtuiste.  Jy kry baie inligting en foto's daar. Jy kan ook die name bo links onder Keyword Search invoer en sal vorige posts oor die plekke kry.

Dit is 'n absolute voorreg en wonderlike ondervinding om met 'n karavaan te toer op die Tuinroete, julle sal dit baie geniet.

Groete, Freda

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 13:30:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Welkom op die forum. Sien Freda het klomp oorde aanbeveel...geniet dit
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 14:00:17 pm
Anonymous

Welkom op die forum Olive.  Daar is so baie karavaanparke op die roete om uit te kies, veral in George/Knysna/Plett omgewing.  Sommige is by die see en jy sal kan stap viswaters toe.  Die wat ons al by gestaan het en kan aanbeveel is as volg:

Mosselbaai : Die Punt (The Point)

Hartenbos : ATKV Hartenbos

George : Glentana

Knysna : Buffelsbaai

Plettenbergbaai : Forever Resort Plettenburg of Keurbooms Lagoon

Stormsrivier Oord kom hierna, en is wonderlik om na toe te gaan, maar jy mag nie visvang daar nie.

Jeffreysbaai : Jeffreysbaai Munisipale Karavaanpark

Port Elizabeth : The Willows of Van Stadens Resort

Google hulle gerus om na hul webtuistes te kyk (ek dink nie Die Punt het hul eie webtuiste nie) of gaan kyk op FlipenTilla se webtuiste.  Jy kry baie inligting en foto's daar. Jy kan ook die name bo links onder Keyword Search invoer en sal vorige posts oor die plekke kry.

Dit is 'n absolute voorreg en wonderlike ondervinding om met 'n karavaan te toer op die Tuinroete, julle sal dit baie geniet.

Groete, Freda

Wat van Van Staadenslaughing en Victoria baai in George

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 14:06:19 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

DK, ek het Van Stadens genoem by Port Elizabeth.smile   Ons het nog nie by Victoria Baai gestaan nie, al paar keer daar ingery.  Het goed gelyk, lekker naby die see, sal beslis ook werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 14:09:16 pm
Anonymous

O nou sien ek Van Stadens is genoemlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 14:17:58 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Soos ek gesê het, daar is so baie lekker kampe, mens kan amper almal opnoem.  Een waarvan ons ook baie hou is Island Lake in Wilderness maar jy sal ook moet ry see toe.  Ons het ook die pragtige en rustige Woodbourne in Knysna geniet, maar ook weg van die see.   Daar is meer wat ons nog nie by was nie as wat ons al by was, maar mens is mos geneig om terug te gaan na jou favourites laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 14:18:10 pm
Anonymous

DK, ek het Van Stadens genoem by Port Elizabeth.smile   Ons het nog nie by Victoria Baai gestaan nie, al paar keer daar ingery.  Het goed gelyk, lekker naby die see, sal beslis ook werk.

Tannie Freda, hoe is Humewood en Kings Beach deesdae?

Heroldsbaai naby George is ook nie sleg nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 14:24:33 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

DK, moet asb nou nie vir Olive wegjaag van die Baai nie.  Ons soek die mense hier by ons, het hul revenue nodig.laughing  En ja, ek het nou die dag die Kobras gesien op 'n program en toe sien ek eers dis die een wat sy kop so platmaak!  surprised

Nee wat, Olive, DK maak net 'n grappie, daar is nie sulke goed hier by ons nie, net in Gauteng in die Bosveld wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 15:10:14 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

DK, Humewood en Kings Beach is 'n lang storieundecided.  Gelukkig kan "niemand" daardie lieflike, veilige strand met sy warm water verander nie.   Mense gaan nog baie na die strand om te swem en die lang stappaadjies te geniet.  Kings Beach, Hobie Beach en Humewood Beach het almal Blouvlagstatus.   Daar was ontsettend baie ontwikkeling en die area bly baie gewild onder veral jong mense en toeriste.  Ons kom maar min daar, ry net deur oppad na Willows en bekyk alles.  Maar ons weet dat die fasiliteite nie meer is wat dit was nie, praat van die twee swembadareas, Happy Valley, Akwarium en Museum, Slangpark en Botaniese tuin.  Ek wonder of laasgenoemde twee nog bestaan.  Daai slange het seker lankal ander blyplek gaan soek, wonder waaryell  Die groot swembad vir kleintjies was een jaar oor die Kersseisoen nie eers oop vir die publiek nie!  Skandelik van ons munisipaliteit.   Die dolfynvertonings waarop almal so trots was, bestaan lankal nie meer nie.  Arme Dimples en haar kinders is lankal wegcry

Maar rondom die 16de Des elke jaar is dit mos die "Opening of the Season" wanneer al die liggies aangeskakel word en allerhande dinge daar onder gebeur.  Dit was altyd die hoogtepunt van die jaar vir die Baaienaars en jy mag dit nie gemis het nie.  Nou gaan jy net as jy baie braaf is want dit word oorstroom deur jy weet wie en die verkeer is iets ysliks.  Dieselfde oor Nuwejaarsnaweek, die mense bly eerder weg.

Ek dink verlede jaar, het toerisme in die Baai 'n spesiale kommissie aangestel  om alles weer te maak soos dit al die jare was en ons hoor dit het reeds verlede jaar verbeter en hopelik sal dit hierdie jaar nog beter wees. Daar word ook baie strenger opgetree teen drankmisbruik, vandalisme, rommelstrooi, en baie beter sekuriteit.  Verlede jaar was daar heelwat polisie wat met perde aanmekaar patrolleer het.  Maar geld om die swembadareas op te knap moet nog gevind word.frown

Olive, jammer dat ek en DK jou draad so kaap, maar nou het jy sommer iets geleer van die Baaismile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 15:17:37 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 32 years

Olive

Ons het Februarie en Maart in 2013 en 2015 daai gedeelte getoer en dan is die weer baie lekker. Binneland toe is dit lekker warm.

Ons beplan ook elke keer so 3 tot 4 nagte per plek maar gewoonlik kom jy by 'n plek wat jou geval dan bly jy langer soos bv Island Lake op Wilderness.

Daai tyd van die jaar hoef jy nie te bespreek nie. Party gewilde oorde soos Forever Resort Plet en ATKV Hartenbos kan nogal vol wees a.g.v. spesiale maand tariewe wat hulle vir pensioenarisse het daai tyd van die jaar, maar daar is altyd nog 'n plekkie vir 'n enkel karavaan

Oesterbaai is pragtig met 'n mooi park maar die pad soontoe is onbegaanbaar en nie geskik vir enige karavaan nie.

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 15:29:05 pm
Anonymous

DK, Humewood en Kings Beach is 'n lang storieundecided.  Gelukkig kan "niemand" daardie lieflike, veilige strand met sy warm water verander nie.   Mense gaan nog baie na die strand om te swem en die lang stappaadjies te geniet.  Kings Beach, Hobie Beach en Humewood Beach het almal Blouvlagstatus.   Daar was ontsettend baie ontwikkeling en die area bly baie gewild onder veral jong mense en toeriste.  Ons kom maar min daar, ry net deur oppad na Willows en bekyk alles.  Maar ons weet dat die fasiliteite nie meer is wat dit was nie, praat van die twee swembadareas, Happy Valley, Akwarium en Museum, Slangpark en Botaniese tuin.  Ek wonder of laasgenoemde twee nog bestaan.  Daai slange het seker lankal ander blyplek gaan soek, wonder waaryell  Die groot swembad vir kleintjies was een jaar oor die Kersseisoen nie eers oop vir die publiek nie!  Skandelik van ons munisipaliteit.   Die dolfynvertonings waarop almal so trots was, bestaan lankal nie meer nie.  Arme Dimples en haar kinders is lankal wegcry

Maar rondom die 16de Des elke jaar is dit mos die "Opening of the Season" wanneer al die liggies aangeskakel word en allerhande dinge daar onder gebeur.  Dit was altyd die hoogtepunt van die jaar vir die Baaienaars en jy mag dit nie gemis het nie.  Nou gaan jy net as jy baie braaf is want dit word oorstroom deur jy weet wie en die verkeer is iets ysliks.  Dieselfde oor Nuwejaarsnaweek, die mense bly eerder weg.

Ek dink verlede jaar, het toerisme in die Baai 'n spesiale kommissie aangestel  om alles weer te maak soos dit al die jare was en ons hoor dit het reeds verlede jaar verbeter en hopelik sal dit hierdie jaar nog beter wees. Daar word ook baie strenger opgetree teen drankmisbruik, vandalisme, rommelstrooi, en baie beter sekuriteit.  Verlede jaar was daar heelwat polisie wat met perde aanmekaar patrolleer het.  Maar geld om die swembadareas op te knap moet nog gevind word.frown

Olive, jammer dat ek en DK jou draad so kaap, maar nou het jy sommer iets geleer van die Baaismile

Regtig ''Sad'' om dit te lees. Dit laat my dink aan Scottsburgh oor Desember, veral gewoonlik die 26ste Desember en dan nuwe jaargil met sekeres wat die strand oorneem.

Humewood was regtig 'n lekker strand en veral die Happy Valley met die Merry Go Round oor die Fees seisoen en nou wil dit vir my voorkom, alles is taboe en "Gone Forever''cry

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 15:40:12 pm
Suidwester
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 29 Oct 2015
Experience: 20 years
Ons beplan om na die 10de Oktober te toer, en hoop dan vir goeie weer. Die laaste keer wat ek daar was, was as kind saam met my ouers. Dankie vir die inligting, sal verseker daardie oorde gaan loer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 16:02:39 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years
Olive verneem na oorde waar hy kan visvang. As ek reg onthou, help 'n bietjie, - Willows - hengel verbode, Beachview buite PE het lekker rotshengel geleentheid, Stormsrivier - 'n reservaat, Plett - ?, Knysna - hengel op die lagoon, Buffelsbaai - rotshengel, Sedgefield/Swartvlei ?, Wildernis - strandhengel, Vistoriabaai - rotshengel.
As 'n man egter aan die Namibiese kus bokant Swakop se hengel gewoond is sou ek voorstel 'n ou maak jou klaar om terleurgesteld te wees met hengel ervarings tussen PE en George. My ervaring is dat hengel hier by ons aan die weskus beter is as aan die suid-kaap kus.
Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 16:07:37 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years
Olive, welkom op die forum
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 16:09:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Hoe is Lake Brenton deesdae?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 16:27:05 pm
PietRiana
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 23 Oct 2015
Experience: 6 years
Die karavaanpark by Brenton on Lake is toe gemaak vir ontwikkeling. Was Februarie daar toe is hy alreeds gesluit.wat n jamerte.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 17:01:56 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Kanneman, jy kan beslis visvang by Willows, het al mense groot visse daar sien vang.  Beachview is uitstekend vir visvang maar die karavaanpark is 'n munisipale tragedie.   By Maitlands en Van Stadens word daar ook baie vis gevang.  Soos ek ook gesê het, visvang is verbode by Storms.   Al die karavaanparke op die tuinroete is by of naby die see en as jy nie kan stap see toe nie, ry jy, maar jy kan by heelwat van hulle in die see of rivier of lagoen visvang.   Die Weskus met sy koue water het sy visse, die Suidkaap kus met sy warm water het sy visse.  Jy sal nooit snoek hier vang nielaughing en daar is baie warmwatervisse wat jy nooit aan die Weskus sal vang nielaughing.   So maak die natuur voorsiening vir ons almal.

 Jy moet seker net die kennis hê om te weet watter gereedskap en aas jy nodig het, elke area verskil.   Hier in die Baai werk mossels, wat jy onder die sand uitgrawe en rooi-aas wat jy van die rotse afsny die beste (my man het altyd die rooi-aas laat lê vir 'n dag of twee, om 'n "klankie" te kryfrown)  Help nie juis om pilchards en sulke goedjies te gaan koop nie.  Of gaan pomp jou eie vars prawns uit die modder en voer hulle lewendig vir die riviervisse of koop dit langs die river van die manne wat dit doen en graag aan jou wil verkoop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 17:06:32 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 62 years
Baie welkom op die forum.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 18:44:25 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Olive welkom hier sien daar is baie  plekke  aanbeveel  gaan geniet dit 

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 19:47:23 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years
Freda, jy laat my terug verlang Baai toe. Van ons 7 verplasings was die 16 jaar in die Baai ongetwyfeld die beste. 'n Wonderlike dorp om kinders in groot te maak, maar as hulle klaar is met skool het die Kaap net soveel meer geleenthede.
Ons het destyds vir "Opening of the Season" ons karavaan by Humewood staangemaak, en maak nie 'n fout nie, ek het daardie tyd (meer as 20 jaar gelede) al gesien hoe manne deurnag knertse vat en hulle nog steeds ordentlik gedra - gawe kerels - effens gesuip maar nog steeds gintilmans!
Ons het baie by die Willows gekamp, maar by die karavaanpark self het ek nooit 'n vis gevang nie - ook nie een gesien land nie. Beachview was destyds 'n baie lekker oord. So ook van Stadens met sy duine waar my laaitie 'n voorbok was met die bord op die duine. Die hoogste spoed wat ek op 'n bergfiets gehaal het was teen van Stadens se bult af.
'n Oord wat ook 'n besoek werd is is Addo. Ek wil weer soontoe om te sien of daar nou regtige leeus is.
Ek kan amper dieselfde sÍ van 'n paar ander plekke, maar PE sal altyd spesiaal bly.
Ek vertrou Olive sal PE met sy historiese mistiek terdeŽ geniet.
Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2015 @ 20:45:16 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Olive,geniet die forum soos ons ander,die gebied wat jy wil besoek bly in enige persoon se taal iets besonders.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2015 @ 12:54:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9760
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Wekom op die forum.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2015 @ 15:57:54 pm
Robbie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 03 Sep 2013
Experience: 11 years
Olive welkom ...geniet dit
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2015 @ 20:38:01 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Kanneman, ek sien nou eers jou antwoord aan my.  Ek is bly jy het soveel mooi herinneringe oor my geliefde tuisdorp.   Al waai die wind soms, dit bly 'n lekker plek om in te bly.  Maar, jy is reg, ons het nie die geleenthede hier wat die ander stede het nie.   Hier is beslis minder geld en ons kan dit sien as ons reis, sekere dinge is goedkoper hier, bv. eiendom, drank en kruideniersware.  Ry net tot in Plettenbergbaai of verder Kaap se kant toe en alles is duurder.  Ook Oos Londen se kant toe.   Dit maak nie noodwendig ons lewens makliker nie, want almal verdien minder hier.smile

Onthou jy nog die Buffalo Rallies (paar duisend motorfietse) wat elke jaar hier plaasgevind het?  Die Humewood Karavaanpark was hul tuiste.  Nou is dit die Boardwalk Casino se tuiste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za