English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 523
Total Replies: 252 745
Total Views: 83 245 475
topics: 11 572
replies: 139 187
views: 39 340 928
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Storte - wat maak julle met die water?

replies: 44
views: 568
17 Feb 2020 @ 10:11:46 am
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years

Die kampers wat hulle eie storte in hulle karavane/motor homes/bos waens het en gebruik, maak my nou al vir jare die joos in. Die afloop water wat net so onder die karavaan uitloop met nerens heen om te gaan nie. Ek kom ook gereeld by staanplekke waar die vorige kamper vir my n modder bad gelos het en as my karavaan nie in dieselfde posisie staan nie nie is dit in my tent. yell 

Nou het ek self n stort, en weens my ondervindings wil ek die probleem voorkom. Deel asb julle planne met die afloop water, dankie.

Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 10:26:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jakes dit is al 'n paar keer bespreek.  

Wat almal eens is dat dit onbedagsaam is om die water netso op die staanplek te laat uit loop.  En die hoof rede is die volgende ou wil dalk sy wa op 'n ander manier parkeer soos jy tereg noem.

Hier waar ons meestal kamp in die bosveld en omgewing is enige watertjie vir enige plant 'n voordeel.  So my aksies met die grys water is een van twee.

Ek vang dit op in 'n skottel en gooi dit teen 'n boom of op plante uit.  Sommige mense het in droogte tye hulle bad water op hul gras laat uitloop by hul huise.  Dis dieselfde prinsiep.

As daar 'n erge stof pad voor my karavaan verby loop gooi ek dit party keer daar uit in 'n poging om die stof so effe te beheer.

Tweede manier is ek lei die water direk in 'n plant bedding sou die karavaan naby so iets staan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 10:36:56 am
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years

Dankie Leon, ek het die posts gekry. Moes seker eers gekyk het. Ignoreer my versoek.

Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 10:46:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Nee wat daar het intussen ander nuwe forum lede by gekom.  Dit sal goed wees om hulle inset ook te kry oor die aspek.

Gesels kan ons gesels. Dit hou die forum lewendig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 11:17:22 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Soos Leon tereg opmerk, is die onderwerp al voorheen bespreek, en sal weer en weer bespreek word. Geen probleem daarmee nie.... die irritasie kom in wanneer iemand sy "gat jam" (jammer dat dit kru klink maar ek noem maar 'n graaf 'n graaf!) water van sy stort op die staanplek self laat uitloop en vrede het daarmee dat 'n ander daar moet staan na hom (genoeg lab resultate wat wys hoe ongesond dit is). Blombeddings en jou grasperk by die huis is uiteraard nie noodwendig ;n probleem nie, behalwe as dit oor 'n lang tydperk opgedam daar lê en begin ruik (daar is ook mense wat glo dat stortwater "skoon" is,, yuk!), en jy kamp nie bo dit op jou huis se grasperk nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 11:28:29 am
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Die kampers wat hulle eie storte in hulle karavane/motor homes/bos waens het en gebruik, maak my nou al vir jare die joos in. Die afloop water wat net so onder die karavaan uitloop met nerens heen om te gaan nie. Ek kom ook gereeld by staanplekke waar die vorige kamper vir my n modder bad gelos het en as my karavaan nie in dieselfde posisie staan nie nie is dit in my tent. yell 

Nou het ek self n stort, en weens my ondervindings wil ek die probleem voorkom. Deel asb julle planne met die afloop water, dankie.

Verlede Desember mos so 'n man gesien by Die Eiland met sy groot karavaan. Pa, ma, ouma en 3 kinders liewer in die karavaan gesort ipv die ablusie so 30m van hulle af. Afgesien van die modderbad was die reuk ook nie te aangenaam nie. Met hulle vertrek het die staanplek soos 'n opgedroogde dam gelyk met sulke wit seep strepe oor die grond.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 11:43:19 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Verlede Desember mos so 'n man gesien by Die Eiland met sy groot karavaan. Pa, ma, ouma en 3 kinders liewer in die karavaan gesort ipv die ablusie so 30m van hulle af. Afgesien van die modderbad was die reuk ook nie te aangenaam nie. Met hulle vertrek het die staanplek soos 'n opgedroogde dam gelyk met sulke wit seep strepe oor die grond.

 

Het ook al ervaar dat iemand langs my staan en nie net sy stortwater nie maar ook sy skottelgoedwater sommer so op die staanplek laat uitloop...dit bly maar 'n "pet hate" van my. Is mos nie moeite om dit in 'n skottel op te vang en behoorlik daarvan ontslae te raak nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:00:22 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek maak ook soos Leon. Ek het 4 lengtes swembad pyp (geem so 6 meter lengte) wat ek dan van die stort uitlaat na die kant van die staanplek vat by n' boom/plant indien moontelik. Anders grou ek n' gat by die uitlaat van die vier pype aam die kant van die stand en dan waneer ek vertrek maak ek weer die gat toe. Die uitloop is waar niemand kan kamp nie. Vir die wasbak grou ek n' gat onder die wa of ek sit n' bak onder die uitlaat. My keuse word bepaal waar ek my woonwa geplaas het. As ek aan die kant staan dan grou ek as dit meer in die middle is gebruik ek die bak. My Exclusive woonwa vat baia plek en dus is dit gewoonlik aan die kant van die staanplek.

Ek het ook 4 X een en 1/2 meeter 50mm Marley pype wat ek gebruik vir die wasgoed machjien se uitloop. Die soliede pype werk eintelik vir my beter as die gorrel swembad pyp want jy kan hom laat konstant hel. Daar le dus nie water in die pyp nie.

Die selfde gaan ook vir die skottelgoed water. As jy by jou kamplek moet skottle goed was, gooi die water waar dit niemand gaan pla nie. Verkieslik moet jy jou skottelgoed by die verskafte opwas plekke was, as daar so iets is. Die ding is, baia van die nuwe woonwaens het warm water aan die buitekant van die woonwa vir opwas. Dit is meer gerieflik om by jou woonwa die goed te was en dan as julle net twee is, is dit ook so min dat jy versuim om dit tot by die opwas plek te dra.

Die belangrikse ding is jy moet jou meede kamper se behoeftes en waardes respekteer en as dit vir jou sou pla, dan moet jy dit nie aan ander doen nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:34:11 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 402
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

My wife and I have none of these facilities in our camping gear, thank heavens. I can however understand how some people could get " gatvol " when using the parks facilities only to find that the previous user was a dirty pig who left the whole ablution filthy,at times the floor covered in mud and the toilet bowl totally spray spray painted. unfortunately this will always be a fact of life where self centered people are concerned.

Also the scullery, at times the sinks are left with bits of food, fat and grease and dirty soap suds, an then the floor looks like they have washed their feet while doing the dishes.

At times the campers who shower and wash dishes in their vans are no less of an unsightly  problem, with the resultant accumulation of scum/water and soap suds under or around their vans. One sometimes also wonders if some of these people have nasal problems, these quagmires do smell.

No offense intended, just experienced.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:42:07 pm
Anonymous

Die slegste ervaring wat ons verlede jaar by Weesgerus ondervind het was, by sirkel 4 is daar een kraan vir elke 2x staanplek asook een asblik vir elke 2x staanplek.

Die vorige bure het hulle tuinslang ontkoppel na elke stort ens.., maar ook die water netso laat lê. Die tweede klomp bure wat ingetrek het, het blatant geweier om hulle tuinslang te ontkoppel en dan nog die vermetelheid om vir my vrou te sê toe sy die karavaan se asblikkie wou leeg maak by die groot asblik van die 2x staanplekke: Is dit 'n gesaamentlike asblik en kraan????

Asseblief tog my ou, jy kan sekerlik sien die asblik en kraan is presies tussen die twee staanplekke geplaas.

Ek het het telkemale snags die tuinslang ontkoppel en reg geskuif, want jy bly jouself bykans in jou dorie in val op die manier hoe hy net daar gegooi is en veral as jy nog nagblind ook is.

Die volgende oggend word die hele verhaal hom weer herhaal en ek moet weer op my manier my verhaal herhaal.

Wees darem toegewend aan ander ook wat die kraan water fasiliteit wil gebruik. Almal is nie toegerus met die ''luxury'' fasiliteit in die karavaan nie.

Die asblik is nie 'n probleem nie omrede die karavaan asblik sakkie gewoonlik maar lig is en stap darem die entjie verder na 'n ander een, maar as daar skottelgoed gewas moet word, kan so emmer water nogals swaar raak as jy 'n ent moet stap na 'n ander kraan wat ook soms dan beset is.

Jammer die antwoord wyk so ietwat weg van die onderwerp, maar tog is dit deels van stort water.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 13:00:52 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Hierdie is 'n groter fight as tussen Ford en Toyota. Amper so groot soos badkamer etiket, neus skoonmaak in die stort.

Ek huur die stukkie grond teen 'n mal bedrag per dag waarop ek kamp.  Daar is 'n geldige ondertekende kontrak tussen die twee partye tesame met kampreels.   Ek kamp netjies met my toerusting en is trots daarop.  Ek neem my buurmanne in ag maar alles binne perke.   As 'n buurman sy reels of standaarde op my wil afdwing dan verwys ek hom na die bestuur.  Ek het jare met 'n exclusive gekamp en alles in die badkamer te volle gebruik.  As daar 'n gryswater probleem in die hele kamp is is dit die Kampplek se probleem.  Die meeste kampplekke wil reeds water bespaar en laat toe dat plante natgegooi word met gryswater.  As dit 'n probleem is moet die kampplek die fasaliteit skep op die staanplek om van gryswater ontslae te raak of karavane met badkamers verbied.  Ek as persoon sal nie 'n skotteltjie water ronddra om my buurman gelukkig te hou nie.   Dis hier waar ek vir hom roep om van my gryswater ontslae te raak as dit hom pla.   Dieselfde ou buurman was sy motortjie en die seepwater val op die gras.   Dis ook gryswater en nou hoe gemaak?   Dieselfde ou buurman spoel sy vuil voete as by die algemene kraan.  Dis ook gryswater en vuil na die tyd.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
17 Feb 2020 @ 13:34:35 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Nee Zack, as jou gryswater in 'n blombedding uitloop, geen probleem nie. As dit egter op die staanplek self uitloop vorm dit so 'n lekker gat jammerige en seperige gemors (stuur gerus vir my jou epos adres dan stuur ek vir jou resultate wat labs in gryswater gekry het...). Seker jy wil nie jou tent bo-op dit opslaan nie? En nee, as die park se eienaars nie voorsiening maak vir gryswater aflope nie is dit in baie gevalle omdat die park oud is (daar is maar min nuwe en moderne parke deesdae en baie parke is ontwikkel lank voordat party waens badkamers bygekry het). Vir my gaan dit uiteindelik bloot om behoorlike respek teenoor die ou wat na jou daar staan. En as dit beteken ek moet 'n emmer met gryswater wegdra en behoorlik daarvan ontslae raak dan is dit so, sal my nie dood maak nie en my minstens laat voel ek los iets skoon vir die ou na my. As die park se eienaars nie fasiliteite daarvoor verskaf nie en ek wil aandring daarop dat hulle dit wel doen moet ek ook nie kla om ekstra daarvoor te betaal nie, oftwel tariewe wat heelwat sal styg nie? Hou in gedagte dat in bv. besige tye daar moontlik heelwat gryswater op 'n staanplek kan opeindig as almal reken dis die park eienaars se probleem...

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 13:57:26 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Nee Hurricane.   Duisende plaas eienaars met diere wat daagliks doodgaan van die dors sal smag na enige gryswater.   Daar is niks leliker as 'n dier wat doodgaan van dors.   Daar is baie plekke in die N-Kaap wat nog geen reen gehad het nie.  Die mense wat so warry oor kieme.  'n Cell het meer kieme as 'n tioletsitplek.   

Ek het geen kontrak of verpligtinge met die kamper wat na my gebruik van die site neem nie.  Dis waarom hy 'n kontrak met die oord teken.   Ek sal dit teruggee in 'n beter skoner site as wat ek dit ontvang het.  Daar is ek perfeksionisties.  As my site nie na my wense skoongemaak is nie dan hark ek blare en gras op.   Dis hoe ek is wat netheid betref.  Geen stompies of enige iets wat rondlê nie.  Soos jy voel oor Gryswater voel ek oor stompies.   As die nuwe kamper voel die site is nie na wense nie noem dit aan die bestuur en kies 'n ander site waarmee juy gelukkig is.  Ek stem wel in 'n mate saam oor die water wat buite jou staanplek opdam.  Dis 'n watervloei en dreinnerings probleem wat die kamp moet uitsorteer. 

Soos genoem is ek klaar met die onderwerp want hier is baie verskille en almal het iets beet reg of verkeerd.   Deesdae het ek 'n Penta maar ek het steeds 'n gevoel dat elke ou sy eie karavaan kies en gebruik hoe hy wil.   Dis gewoonlik die ou wat nie 'n badkamer in sy karavaan het nie wat kla oor waterprobleme.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 14:01:02 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dis soos Jorg dit stel.  Jy moet in agneem dat die ou wat na jou daar wil kamp. Nie deur jou modder plas wil loop terwyl hy kamp nie.

So eintlik is dit onaanvaarbaar as die grys water op enige plek op die staanplek uit loop en daar 'n modder plas vorm.  

Beste is om dit op te vang en van die  staanplek te verwyder. Ek self soos voorheen genoem

  • Gooi dit teen 'n boom uit.
  • Of gooi dit op plante uit.
  • Gooi dit in 'n stof pad voor my karavaan.
  • As 'n drein naby is soos by Merry Pebbles gooi ek dit daar in.

Neem maar net die volgende kampeerder in ag.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 14:08:12 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Australiese karavane het meestal nie badkamers nie want daar is mos ablusiegeriewe waarvoor elke kampeerder betaal.  Ek gaan met die standpunt saam. Ek het niks teen mense met geriewe in hulle karavane nie, mits hulle dit so gebruik dat hulle hulle bure in ag neem.  Om die afvalwater in 'n gat onder die karavaan te laat loop, klink soos 'n goeie oplossing.  Dit lyk wel vir my onnodig en dan is dit nog baie klein en ongerieflik ook, maar dis seker elkeen se eie saak.  Ek neem ook aan mense met sulke aan boord geriewe staan nie op luukse staanplekke met privaat abulsies nie, of hoe? Jy huur tog nie iets by terwyl jy dit wel al het en duur daarvoor betaal het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 14:43:26 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Respekteer jou mede kampers.

Ek het n' twee rigting Gardina kraan koppeling. Ek koppel op een en die ander is vir mede kampers. Geen ongerief vir niemand nie. Ek het ook 40 meter tuin slang so ek roteer hom buite sig en ongerief. Mens kan ook oor die krag koort val, of hoe.

Toe ons net skool vakansies gekamp het sou ek nie n' vol badkamer kon regverdig nie. My Exclusive is nou "my home away from home" en ek probeer dit so gerieflik maak as moontelik sonder om, binne perke, my mede kamper te veronrief....maar jy kan nie almal altyd gelukig hou nie.

Stompies/gemors, geraas en helder ligte pla my ook maar ek sal met my buurman ordentelik gaan praat as iets my pla. Maar jy kry party kampers, by ver die minderheid, wat net mooielik is.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 14:47:42 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Om die gat te maak is baia eenvoudig. As die grond nat is grou met die graaf tot op droe grond. Dan weer as die gat te klein is. Na die laaste gryswater opvul en dreineering maak die gat toe met die droe grond. 2 minutes! insluitende om die graaf te gaan haal.

Dit sou goed gewees het as staanplekke n' put gehaad het vir grys water. Ek dink die aanvraag is net te min of daar is te min klagtes.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 14:54:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Respekteer jou mede kampers.

Ek het n' twee rigting Gardina kraan koppeling. Ek koppel op een en die ander is vir mede kampers. Geen ongerief vir niemand nie. Ek het ook 40 meter tuin slang so ek roteer hom buite sig en ongerief. Mens kan ook oor die krag koort val, of hoe.

Toe ons net skool vakansies gekamp het sou ek nie n' vol badkamer kon regverdig nie. My Exclusive is nou "my home away from home" en ek probeer dit so gerieflik maak as moontelik sonder om, binne perke, my mede kamper te veronrief....maar jy kan nie almal altyd gelukig hou nie.

Stompies/gemors, geraas en helder ligte pla my ook maar ek sal met my buurman ordentelik gaan praat as iets my pla. Maar jy kry party kampers, by ver die minderheid, wat net mooielik is.

Ek stem met jou 1ste sin....as jy dit as beginsel gebruik, sal mens ook weet wat om met die water te doen en nie te doen nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 15:01:04 pm
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Die wat nie kampreëls gehoorsaam nie, raas, mors en maak of hulle stoksiel alleen kamp sal ons altyd met ons hê. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 15:43:08 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Hierdie is 'n groter fight as tussen Ford en Toyota. Amper so groot soos badkamer etiket, neus skoonmaak in die stort.

Ek huur die stukkie grond teen 'n mal bedrag per dag waarop ek kamp.  Daar is 'n geldige ondertekende kontrak tussen die twee partye tesame met kampreels.   Ek kamp netjies met my toerusting en is trots daarop.  Ek neem my buurmanne in ag maar alles binne perke.   As 'n buurman sy reels of standaarde op my wil afdwing dan verwys ek hom na die bestuur.  Ek het jare met 'n exclusive gekamp en alles in die badkamer te volle gebruik.  As daar 'n gryswater probleem in die hele kamp is is dit die Kampplek se probleem.  Die meeste kampplekke wil reeds water bespaar en laat toe dat plante natgegooi word met gryswater.  As dit 'n probleem is moet die kampplek die fasaliteit skep op die staanplek om van gryswater ontslae te raak of karavane met badkamers verbied.  Ek as persoon sal nie 'n skotteltjie water ronddra om my buurman gelukkig te hou nie.   Dis hier waar ek vir hom roep om van my gryswater ontslae te raak as dit hom pla.   Dieselfde ou buurman was sy motortjie en die seepwater val op die gras.   Dis ook gryswater en nou hoe gemaak?   Dieselfde ou buurman spoel sy vuil voete as by die algemene kraan.  Dis ook gryswater en vuil na die tyd.  

Zack, ons weet almal wat "road rage" is. Mense het mekaar al doodgeskiet oor verskilletjies baie kleiner as 'n buurman se stortwater/urine mengsel wat in 'n ou se tent inloop.

Ek is bevrees dat as ek jou houding reg verstaan soos in hierdie aanhaling uit jou post: "As dit 'n probleem is moet die kampplek die fasaliteit skep op die staanplek om van gryswater ontslae te raak of karavane met badkamers verbied.  Ek as persoon sal nie 'n skotteltjie water ronddra om my buurman gelukkig te hou nie.   Dis hier waar ek vir hom roep om van my gryswater ontslae te raak as dit hom pla." dan gaan ons ons die een of ander tyd van "kampeerterrein rage " lees.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 16:03:17 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Deja vu!

Ek moes seker maak ek lees nie n draad wat voorentoe gebring is nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 08:18:43 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

I drilled 25mm holes on the top of a 25 litre container and feed the waste pipes in.

I empty it daily and it is no hassle at all.

Like my parents taught me:- Do unto others as you would have them do unto you!

I try to live my life by that credo.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 08:22:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

I drilled 25mm holes on the top of a 25 litre container and feed the waste pipes in.

I empty it daily and it is no hassle at all.

Like my parents taught me:- Do unto others as you would have them do unto you!

I try to live my life by that credo.

Good creed to live by.

If all would just consider it...................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 08:59:47 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Zack, ons weet almal wat "road rage" is. Mense het mekaar al doodgeskiet oor verskilletjies baie kleiner as 'n buurman se stortwater/urine mengsel wat in 'n ou se tent inloop.

Ek is bevrees dat as ek jou houding reg verstaan soos in hierdie aanhaling uit jou post: "As dit 'n probleem is moet die kampplek die fasaliteit skep op die staanplek om van gryswater ontslae te raak of karavane met badkamers verbied.  Ek as persoon sal nie 'n skotteltjie water ronddra om my buurman gelukkig te hou nie.   Dis hier waar ek vir hom roep om van my gryswater ontslae te raak as dit hom pla." dan gaan ons ons die een of ander tyd van "kampeerterrein rage " lees.

 

Kanneman ek het geweet die topic gaan verskille uitbring dis waarom ek my opinie gee en nie verder wil deelneem aan die topic nie.  Soos ek al vroeer genoem het almal het opinies.  Jy was die een ou wat op Leon se konflik draad genoem het dat jy konflik gaan stop.  Nou tik jy in ROOI jou opinie teenoor my. As dit nie in rooi was nie sou ek verby dit gelees het.   Ag nee man, hou by die konflik ooreenkoms.  (Ek is nie kwaad nie en geniet jou insette maar net nie in rooi nie asb)

In meer as 10 Jaar wat ek exclusives gehad het was daar nog nooit 'n water probleem naby my karavaan nie.  Ons was 4 wat die badkamer stort ten volle gebruik het saam met 'n klein wasmasjien.  Wat ek wel verpes is as iemand wat sy kamp etiket op my wil afforseer en in my keel wil afdruk.  Hiermee het ek 'n probleem en jy was reg oor die kampterein rage as hy sy wil op my, op my staanplek wil kom afforseer.  Dis waarvoor bestuur daar is om reels te stel wat almal moet nakom en so ook konflik of verskille moet uitsorteer tussen kampers. Al wat ek wil doen is om lekker in rus in vrede te kamp. Die grootste reel vir my is seker-- los jou buurman dat hy op sy manier kamp.   Daar is baie goed in 'n kampplek wat mens nie meer saamstem nie maar ter wille van vrede die ander pad kyk. 

Wat vir my baie uitstaan by kampplekke waar daar baie buite seisoen kampers (afgetrede kampers) kamp altyd konflik is oor nity gritty issues.  Die een laat nie die son oor die ander skyn nie want hy volg nie "my" reels nie.  Dis seker waarom daar in baie kampplekke verwys word na 'n bo-dorp en 'n onder-dorp.  Sekere kampers sien neer op ander omdat hulle dinge anders doen al kamp hulle volgens die kampreels.

Dis my opinie en my siening.     

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 09:32:51 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

I drilled 25mm holes on the top of a 25 litre container and feed the waste pipes in.

I empty it daily and it is no hassle at all.

Like my parents taught me:- Do unto others as you would have them do unto you!

I try to live my life by that credo.

Also working well is the Addis Dumpy that is meant to be used to drain car oil into during a home service. It has a sort of funnel shape on top with a hole (that can be closed with a little screwtop) and when full you grabs it by its handle and and go and drain it where its supposed to be drained. No sweat, and ensures the neighbours remain your friends!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 11:45:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Also working well is the Addis Dumpy that is meant to be used to drain car oil into during a home service. It has a sort of funnel shape on top with a hole (that can be closed with a little screwtop) and when full you grabs it by its handle and and go and drain it where its supposed to be drained. No sweat, and ensures the neighbours remain your friends!

Jorg ek dink jy praat van die "Sumpy".  Hy kos R115 nou op takealot.

Nee een nadeel vir my is hy is effe klein kan net 9l akkomodeer.  As ma stort gebruik sy so 17 -19 liter water.  As ek stort ongeveer 20-22 liter.

Mense gaan dit nie laaik as ek met my kaal bas om die karavaan hardloop en gou die Sumpy in die helfte van my shower eers leeg maak nie.

Ek stem hy sal goed werk by ons skottelgoed uitloop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Feb 2020 @ 11:47:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Tans werk een van die 25Liter plastiek bakke heel skaflik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 12:09:05 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Zack, ek dink jy verwar my met 'n ander deelnemer. Kom ons verwyder enige misverstand. Ek kan my nie herinner dat ek genoem het dat ek konflik gaan stop nie. Ek beskik nie oor bomenslike kragte nie.  Hierteenoor sê jy dat jy geweet die topic gaan verskille uitbring  en dit is waarom jy jou opinie gee en nie verder wil deelneem aan die topic nie. Ek vind dit vreemd dat jy die honde aanmekaar wil sit en dan wil weg loop van die onderonsie af.

As ek jou verkeerd verstaan het dan vra ek by voorbaat om verskoning, maar op hierdie stadium het ek nie van opinie verander nie.  Jy sê van my: " Jy was die een ou wat op Leon se konflik draad genoem het dat jy konflik gaan stop.  Nou tik jy in ROOI jou opinie teenoor my. As dit nie in rooi was nie sou ek verby dit gelees het." Ek het nie my opinie teenoor jou in rooi getik nie. Ek het bloot 'n gedeelte waar ek jou aanhaal na rooi verander, om uit te lig dat jy weier om jou eie stortwater te bestuur, en dit aan jou buurman oorlaat. "Kampeer rage" is na my mening konflik, en as jy dit nie met jou voorgestelde optrede gaan bewerkstellig nie sal ek baie verbaas wees.

Ek wil nie konflik aanwakker nie, bloot net moontlike misverstande uit die weg ruim. Ek hoop eintlik ek het dit in rooi verkeerd verstaan, maar jy sal dit eers vir my moet verduidelik. Ek is maar stadig van begrip.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 12:57:00 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Miskien is ons almal te oor sensetief en probeer konflik vermy.  Kom ons kies die middelweg?  Ek het my opinie gegee en wil geen honde aan mekaar sit nie en dan wegloop nie.  Op jou uitnodigging sal ek dan aan die bespreking en en moontlike fight deelneem.

Terug op die topic.

Nerens het ek geweier om my grys water te beheer nie.  Ek doen dit op my manier.   As jy steeds voel ek beheer grys water nie reg volgens jou nie is jy welkom om jou naam en tel no te los by my karavaan.  Ek sal jou skakel om dit te kom verwyder op die manier wat jou pas. 

Ek bestuur my eie stortwater soos ek dink dis goed en van pas.  Vir meer as 10 jaar het ek dit gegooi in beddings deur 'n pyp afvoerkanaal wat uitstekend gewerk het.  Jaar na jaar gaan ek terug na dieselfde staanplek om te sien hoe die bome en struike groei.  Grys water maak bome en struiker sterk en laat hulle groei.  So voer ek voels wat hier en daar 'n ou wurmpie kom oppik.  Ek luister na al die opninies oor die voordele en nadele en volg dan my eie kop en doen soos ek goeddink.

 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:11:55 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Do unto others as you would have them do unto you!

Dit is ook my philosofie.

Party keer is dit mooielik. Soos ek genoem het, ons is lang termyn kampers. So ons vat huis plesiertjies/luksheede saam, soos laptops, ys masjien, klein wasmasjien, en....radio en DSTV. Ek het nooit, nooit in die verleede n' radio en TV saam gevat nie. Ons geniet om in die natuur op still plekke te kamp en ek verstaan die ander kampers wat daar kamp het ook hierdie behoefte. So, waneer ons in die Wildtuin of Pilanesberg of Dinokeng kamp dan kamp ons so ver as moontelik van ander en probeer om die radio en TV so min as moontelik gebruik. Dit gebeur dan well dat n' kamper langs ons kom kamp en dan wat nou? Hy sien die DSTV antenae langs die woonwa en die radio op die rack in die tent. Hy sien ook seekerlik die 32" TV wat langs die woonwa hang. Nou mag ek seeker nie meer my radio en TV gebruik nie of net waneer hulle nie daar is nie?

You can not please everyone all the time! 

Ek wonder ook hoeveel mans kampers in die nag n' no 1 in die bos doen langs sy staanplek of net agter die woonwa?. Dit is eintelik veel erger as grys water. By my laaste kamplek het die buure dit gedoen. Die bos was vol toilet papier (seker van die vrouens se velties) en hoope stompies. Varke!

But, Two wrongs don't make a right. :)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:18:56 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Paul dis presies my punt ook.

Almal doen iets wat jou buurman afsit of waarmee iemand nie saamstem nie.  Ek hou van die No1 langs die tent.  Dis verseker erger as grys water.  Die manne wat so gal braak oor grys water moet maar 'n nag rooster opstel om op almal te spy deur die nag.tongue-out

Ek sal een aand langs hom gaan staan en saam no1.  Na die tyd sal ek hom net mooi vra dat ons dit nie op my tent moet doen nie.innocent

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:28:45 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Die kampers wat nie badkaamers (met gryswater) het nie doen dit gereeld. In die hols van die nag en sonder n' badkaamer of PP en dit reen, of/en dit is baia koud, of/en die ablusies is ver, of/en jy is nie lus om te loop nie ens ens....... dan is langs die tent die maklikste. Ek het dit al gedoen embarasseden as jy mooi kyk sal jy sien, jy is nie aleen nie.surprised

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:34:11 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Zack, nou verstaan ek glad nie. Jy sal asseblief moet verduidelik, want ek verkeer blykbaar onder 'n misverstand.

In die elfde post op hierdie draad se jy: "As dit 'n probleem is moet die kampplek die fasaliteit skep op die staanplek om van gryswater ontslae te raak of karavane met badkamers verbied.  Ek as persoon sal nie 'n skotteltjie water ronddra om my buurman gelukkig te hou nie.   Dis hier waar ek vir hom roep om van my gryswater ontslae te raak as dit hom pla. 

Drie posts bo hierdie een sê jy: "Nerens het ek geweier om my grys water te beheer nie. "

Soos ek gesê het. Ek is maar stadig van begrip. Verduidelik asseblief vir my die teenstrydigheid.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:47:41 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Zack, my raad aan jou is, stap weg van die gesprek.

Jy het jou mening gestel so dis onnodig om nog misverstande uit die weg te ruim. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:57:10 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

HM, dit sal gaaf wees as jy wil verduidelik waarom jy hierdie raad vir Zack gee.

Ek dog toe al die tyd ek voer 'n beskaafde gesprek, maar nou maak jy my bekommerd.

Ek is oud genoeg om sonder aarseling om verskoning te vra waar ek fouteer, maar dan wil ek graag weet waar dit is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:59:38 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Pieter jy maak my nou ook deurmekaar.  Kom ek probeer.

"As dit 'n probleem is moet die kampplek die fasaliteit skep op die staanplek om van gryswater ontslae te raak of karavane met badkamers verbied.  Ek as persoon sal nie 'n skotteltjie water ronddra om my buurman gelukkig te hou nie.   Dis hier waar ek vir hom roep om van my gryswater ontslae te raak as dit hom pla.

My antwoord op bogenoemde As gryswater 'n groot probleem in 'n kampplek is, is dit die kampplek se verantwoordelikheid om 'n oplossing te gee.  In Amerika, Europa en sekere plekke in Australia word 'n riool - en gryswater aansluiting reg langs jou karavaan voorsien.  Probleem opgelos.  As hulle voel badkamer karavane bemors hulle grond en kampplek is dit hulle keuse om dit toe te laat of nie.

Drie posts bo hierdie een sê jy: "Nerens het ek geweier om my grys water te beheer nie. " Hierdie kom uit jou brief Ek het nie my opinie teenoor jou in rooi getik nie. Ek het bloot 'n gedeelte waar ek jou aanhaal na rooi verander, om uit te lig dat jy weier om jou eie stortwater te bestuur, en dit aan jou buurman oorlaat.

MY antwoord op jou stellingNerens het ek geweier om my grys water te beheer nie. Ek doen dit op my manier. As jy steeds voel ek beheer grys water nie reg volgens jou nie is jy welkom om jou naam en tel no te los by my karavaan. Ek sal jou skakel om dit te kom verwyder op die manier wat jou pas.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 15:13:18 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Niemand, snaaks genoeg, het die VOORDELE van die ablusie uitgelig nie! En nee ek doen nie daai deng langs die tent innie nag nie, as dit 'n paar keer gebeur stenk dit ten hemele! (en die gras vrek). Terug by die ablusie, of my wa 'n stort het of nie, in my geval asook Ma s'n verkies ons die ablusies want.....dis die BESTE plek om enige nuus oor plaaslike gebeure asook skindernuus te kry asook waar die vis vandag gaan loop, wat die weer inhou, waar die beste bargains is ens. ens.! Daai oggend geselsies met al die ouens wat so staan en skeer is goud werd! Maak mens sommer terugverlang na die Army toe :) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 16:17:52 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Zack, Murphy's Law sê blykbaar "If something can go wrong, it will go wrong!"

Parkinson's Law sê blykbaar "If someone can be misunderstood he will be misunderstood". (ek kan nie pa staan vir die oorsprong van die wette nie).

Ek wil nie argumenteer of stry nie. Ek hou egter daarvan om te probeer verstaan wat mense bedoel met wat hulle sê.

Ek sukkel egter om die kloutjie by die oortjie te kry met jou sin: 

" Ek as persoon sal nie 'n skotteltjie water ronddra om my buurman gelukkig te hou nie.   Dis hier waar ek vir hom roep om van my gryswater ontslae te raak as dit hom pla." 

en

"Nerens het ek geweier om my grys water te beheer nie. "".

Ek weet 'n mens moet nie veronderstel nie, maar die enigste sin wat ek uit die twee aanhalings maak is dat een van jou maniere om jou grys water te bestuur is om vir jou buurman te vra om van dit ontslae te raak as dit hom pla. As dit tong in die kies bedoel was dink ek dit is dêm snaaks. Ek sien al sy gesig! As jy egter ernstig is dink ek dit is nog nie snaaks nie, maar gaan dit dalk snaaks word. surprised

Lyk my ek moet jou liefs beter leer ken sodat ek kan seker maak dat ek nie dalk per ongeluk langs jou te staan kom nie, want ek doen met groot liefde gunsies vir my bure, maar hulle grys water verwydering is nie een van dit nie.smile

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 20:02:22 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Jorg ek dink jy praat van die "Sumpy".  Hy kos R115 nou op takealot.

Nee een nadeel vir my is hy is effe klein kan net 9l akkomodeer.  As ma stort gebruik sy so 17 -19 liter water.  As ek stort ongeveer 20-22 liter.

Mense gaan dit nie laaik as ek met my kaal bas om die karavaan hardloop en gou die Sumpy in die helfte van my shower eers leeg maak nie.

Ek stem hy sal goed werk by ons skottelgoed uitloop.

Dink jy het al vergeet hoe om 'n "combat" stort te neem, dan is 1 liter meer as genoeg :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 20:33:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9760
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Respekteer jou mede kampers.

Ek het n' twee rigting Gardina kraan koppeling. Ek koppel op een en die ander is vir mede kampers. Geen ongerief vir niemand nie. Ek het ook 40 meter tuin slang so ek roteer hom buite sig en ongerief. Mens kan ook oor die krag koort val, of hoe.

Toe ons net skool vakansies gekamp het sou ek nie n' vol badkamer kon regverdig nie. My Exclusive is nou "my home away from home" en ek probeer dit so gerieflik maak as moontelik sonder om, binne perke, my mede kamper te veronrief....maar jy kan nie almal altyd gelukig hou nie.

Stompies/gemors, geraas en helder ligte pla my ook maar ek sal met my buurman ordentelik gaan praat as iets my pla. Maar jy kry party kampers, by ver die minderheid, wat net mooielik is.

Ons gebruik minder water tydens stort in die wa as by die huis of in die Oord se ablusie.....

As ouers net hul kinders ook so wil inlig dat water kosbaar is en gou stort by n Oord en nie more nie.

Ons stort in die wa met 1 Min natmaak, maak die water toe en smeer seep. 1 min se afspoel. 

Vloer is droog buite.

Ek het die gerief vir my gekoop en geniet die gebruik.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 20:55:15 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 402
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Wow,

Hope I am the last to say anything on this thread. I really think enough has been said to make everyone aware of our individual standpoint in this matter.

Good night, sleep in peace.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 21:35:24 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Wow,

Hope I am the last to say anything on this thread. I really think enough has been said to make everyone aware of our individual standpoint in this matter.

Good night, sleep in peace.

 

We're just getting warmed up! laughingKeep in mind that this camping business is actually a simple activity, thinking about it, how complex can it really be...hence even the simplest topics become a major research and debating activity LoL

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 07:33:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dink jy het al vergeet hoe om 'n "combat" stort te neem, dan is 1 liter meer as genoeg :)

Het ook al daai ding gedoen as die water skaars is so oor 'n naweek.  Soos Jin noem 1 min nat maak. 1 min smeer seep. 1 min spoel af.  

Maar die stort in die wa is vir my gerief.  Ek stort sonder dat iemand my aan jaag. Lank genoeg om skoon te kom en dit te geniet.  Kort genoeg dat ek die skottel gemaklik kan leeg maak.

Ek sal nie sommer weer 'n karavaan koop sonder 'n badkamer nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 12:48:48 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek stem, die geselsies by die skottlegoed opwas en in die ablusie is iets om na uit te sien. Veral by die skottlegoed.

Ek het ook al n' paar keer gewonder wat die oord se bestuur moet dink van n' ten volle toegeruste woonwa. Ek dink hy verkies dit vir die volgende reedes:

1) Ek sit minder slytasie op sy gariewe. Ek gebruik my eie geyser om warm water te maak, gebruik my eie stort en toilet en pompe en die water wat ek gebruik is minder (krag seeker ook).

2) Sy ablusie het nou minder verkeer en dus meer beskikbaarheid vir ander kampers

3) Ek betaal die selfde as die wat die gariewe gebruik maar gebruik minder van sy gariewe...seeker soos 1 hier bo.

4) Ons loop/ry minder rond in die kamp dus meer rustigheid vir ander kampers.

Nadeel:

Ek stort extra grys water erens op my staanplekke....wat die plante bevoordeel.

Ek glo as daar meer woonwaens met vol gariewe was sou die algeheele rustigheid bevorder word en daar sal seeker punte op die staanplek wees waar grys water gestort kon word.

Maar dan verloor ons daai lekker geselsies oor die skottlegoed. Dan het ons nog die lekker ontmoet en geselsies met jou buure.

Ek het onlangs in Pilanesberg weer my buurman van twee jaar terug in Satara (met sy Sensation Maia) ontmoet...weer lekker gesels....that is what it is all about!!! Ek het aleen in my tent in Satara gekamp.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 17:08:17 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 865
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

vang nou eers op maar baie interesant

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za