English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 987
Total Replies: 243 389
Total Views: 82 948 906
topics: 11 230
replies: 132 902
views: 39 172 661
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Stormwind op die pad .... help!

replies: 30
views: 571
28 Oct 2019 @ 12:00:18 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ons het die afgelope naweek vanaf Swellendam terug gekeer na die Strand en ons vasgery in 'n ORKAAN. Ek het nog nooit in so 'n storm ingery nie en soos ons nader aan die Houw Hoek pas gekom het hoe gruweliker het dit gelyk. Die wind het so hard reg van voor gewaai dat dit gelyk het asof die Fleetline se dak effens op en af beweeg het. Ek het stilgehou en kon, met die uitklim-slag, nie glo dat die karavaan nie omwaai nie, soos dit geruk het. Die reën het so hard geval dat gewone karre teen 'n stadige spoed moes ry. Ons het nooit vinniger as 80 gery nie en selfs 70. Oor Sir Lowriespas het ek 60km per uur gery. Dit het amper 80mm by ons huis geval.  

Ek het aan die binnekant 'n poging aangewend om die dak-meganisme stewiger te kry deur die spasie tussen die skarnier en die dak te "vul" met, onder ander, 'n Carlton roll. Die meganisme gaan gewoonlik redelik moeilik toe en ek het nog altyd redelik veilig daarmee gevoel, maar nou is ek nie so seker nie. Die blote suigkrag oor die dak was geweldig!

Wat is julle slim manne se ervaring hiervan? Moet ek die dak-skarniere vervang? Kan dit verstel word? Is daar n beter patent?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:45:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Deur net 'n 5 tot 10mm spacer tussen die onderste gedeelte van die bracket en die aliminium surround in te sit sal die bracket se plat skyf, waar jy die papier rol ingedruk het, stywer teen die dak se rubbers druk.

Let wel dat jy daai hout/selftapper skroewe wat jy gaan uit draai met nog langer gaan moet vervang.  Hulle is reeds aan die lang kant.

My broer se Penta wat hy in 2000 saam met my gekoop het, het ons so verbeter en in die 9 jaar wat hy hom gehad het was daar nie weer probleme nie.  Sy spacer was 10mm dik tussen aliminium en die bracket se voet.  Die twee skroewe gaan dan deur die bracket voet deur die spacer in die aliminium en hout in.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:50:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Voor ek vergeet maak net eers seker die dak lê presies in die middel tussen voor en agter.

Dit kan dalk raad saam wees om die spacer dikte te deel tussen agter en voor Sou beide brackets effe los wees nadat dit vas gemaak of in transport posisie is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:00:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15633
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was onlangs iemand hier op die forum wat sy dak se brackets moes vervang omdat dit nie mooi gesluit het nie. Hulle het toe straps in die hoeke geplaas om te help om dak onder te hou. Sal kyk of ek daai draad kry.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:09:15 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kan dit ook onthou.  Maar sy dak het heeltemal of baie gelig.  In Danie se geval is daar net speling.

Maar die straps van die nuwe waens is darem beter sekuriteit dat daai dak gaan plat bly.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:13:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15633
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was onlangs iemand hier op die forum wat sy dak se brackets moes vervang omdat dit nie mooi gesluit het nie. Hulle het toe straps in die hoeke geplaas om te help om dak onder te hou. Sal kyk of ek daai draad kry.....

Click op link hier onder

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Roof-lifted-on-my-Jurgens-Fleetline.htm?forumaction=1&loadcategory=4239&loadpost=1174&highlight=Straps#ForumsAnchor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:26:32 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5698
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Daar was onlangs iemand hier op die forum wat sy dak se brackets moes vervang omdat dit nie mooi gesluit het nie. Hulle het toe straps in die hoeke geplaas om te help om dak onder te hou. Sal kyk of ek daai draad kry.....

Sprite Kalahari kom daarmee uit. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:38:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sprite Kalahari kom daarmee uit. 

Lyk my dit raak nou standaard op al die Pop up roof karavane.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:52:48 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1825
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ons Tourer het straps in elke hoek. Ek het egter nie geweet dat die dak se meganisme met die "wing nut" vasgemaak moet word as die dat afgeslaan is nie. Ek sal stoorplek toe moet ry om te kyk of ons dit kan doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:57:11 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

OK Leon, ek het n rukkie geneem om jou advies te verstaan, maar nou sien ek. Jy praat van 'n vertikale spacer daar waar die skroewe is. Ek sal dit bekyk, dalk kan ek dit regkry.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:01:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15633
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons Tourer het straps in elke hoek. Ek het egter nie geweet dat die dak se meganisme met die "wing nut" vasgemaak moet word as die dat afgeslaan is nie. Ek sal stoorplek toe moet ry om te kyk of ons dit kan doen.

In afgeslaande posisie sal wingnut nie werk nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:09:03 pm

.....nut is aan die onderkant, niks wat hy bymekaar gaan hou nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:10:47 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1825
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

In afgeslaande posisie sal wingnut nie werk nie

Ek het net vinnig na foto 3 gelyk toe lyk dit of hy die arm vastrek. Sien nou daar is nie skroefdraad in boonste arm nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:33:09 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

OK Leon, ek het n rukkie geneem om jou advies te verstaan, maar nou sien ek. Jy praat van 'n vertikale spacer daar waar die skroewe is. Ek sal dit bekyk, dalk kan ek dit regkry.  

Dis reg dan druk hy die voetjie van die bracket weg van die aliminium af en dit maak dat hy die knak gedeelte van die bracket nader aan die dak druk.

Ons het netjies wit plastiek vir my broer se penta gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 15:20:12 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek ken nie die wingnut deel maar ek het op my Caravette 6 jare gelede 3stukkies plank gelas en tussen die voorste en agterste onderste dele ingesit sodat hulle nie kan uit haak nie. Die plank is skuins ingesit en dan reguit geskuif. Ek het geelkoper skroewe gebruik waarop ek op die kop 'n dwars stukkie "brazing rod" vas gesoldeer het sodat mens nie gereedskap nodig het om dit in en uit te draai nie.

Dis nie "grand" nie maar het gewerk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 16:22:01 pm
Anonymous

Daai straps op die off-road karavane aan binnekant van dak is baie goeie oplossing. Dit trek die dak vas na jy dit reeds toegemaak het.. Die dak kan dan nie fisies lig nie....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 16:34:53 pm
Anonymous

The roof will not lift by strong wind from the outside i the roof was closed  with the normal forces. The van is quite airtight but if you would have a window open or partially open the roof could lift by air/wind pressure from the inside  but never from the outside due to the mechanical resistance of the locked roof struts.

The power required to overcome the locking position  is basically impossible due to no wind attack areas outside which could lift the roof.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 17:32:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8984
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ons Tourer het straps in elke hoek. Ek het egter nie geweet dat die dak se meganisme met die "wing nut" vasgemaak moet word as die dat afgeslaan is nie. Ek sal stoorplek toe moet ry om te kyk of ons dit kan doen.

Die xplorer het dit in.

Met langpad het ek cable ties ook dit mee vas getrek.

Het jare terug genoem hoeveel karavane ons van die kaap af terug gekry het wat se dak voor oplig.

Het baie ingery en hy waai net terug. Tot hy stop en ek hom wys jy sy oë moet sien.

Lol

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 06:42:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gedurende die 2011 Desember vakansie het ons van Plet af Kaap toe gery om vir Skoonouers daar te gaan kuier.  Ek het die Classique toe nog met die Navara gesleep.

Daai tyd het ons so wind gehad van voor af.  Beide die Navara se diesel tanks was vol met die wegtrek in Plet.  Toe ons in die Kaap aankom by Hardekraaltjie in Belville het die Tipper gestaan  net bokant kwart.

Dit wil sê ek het 63Liter van die longrange tank en basies driekwart van die oorspronklike tank diesel gebruik om net oor die 500km te sleep.  Die wat agter gebly het in Plet het tend skade gehad as gevog van die wind en Plet het ook daaidag amper afgebrand.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 08:35:20 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2878
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Danie, ek wonder nou net oor iets: Hoe loop jou wa- neus op of neus af?  Teoreties as hy neusaf loop, behoort die wind die dak op die karavaan vas te druk en andersom, andersom.  Die wind kom natuurlik nie noodwendig net van voor af nie, so dis dalk nie die hele prentjie nie, maar kan dalk deel van die probleem wees.  So 'n jaar of twee gelede is die aspek op hierdie Forum bespreek en toe was daar mense wat getwyfel het of dit enigsins 'n faktor kon wees omdat hulle gemeen het die vakuum bokant die dak van 'n karavaan wat neusop loop, is te gering om 'n verskil te maak.  Ek dink anders, veral as daar nog 'n sterk wind min of meer van voor af kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 10:29:12 am
Anonymous

Het jy die plat dak of is die dak met klomp buigings ens? Want ek dink die baie plat dak karavane gaan makliker opsuig as die ander? Maar met erge wind kan enigiets gebeur. 

Ek het bv 'n karavaan gesleep met sonpanele op, toe ek 60km/h bereik, begin panele lig, maar die afwaai nie. Dis toe ek dit in spieel sien en dadelik afkom met spoed en hulle gaan vasmaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 11:49:36 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8984
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kan helse skade wees as daai dak uitlig.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 13:09:22 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2112
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Op ons April maand toer iewers in die Karoo kom 'n man by my verby en bedeie dat iets fout is agter by die wa. Met hart in die skoene stop ek en sien dat die dak van die wa aan die agterkant opgewip het. Kon dit gladnie in die spieel sien nie. 

Was baie gelukkig dat dit nie skade berokken het nie. 

Nog nooit voorheen met my gebeur nie en maak maar nou die dak met tou vas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 14:06:38 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Dankie vir almal se insette. Fred my karavaan se neus loop af, ek het ook geredeneer dat die karavaan se vorm sal veroorsaak dat die wind oor die dak sal trek. Ek moet beklemtoon dat ek teen 'n orkaan ingery het, enige-iets was moontlik. Ek was verbaas om te sien hoe "vortex" die reen agter die karavaan in die kamera-monitor.

Ek stem saam met jou Gerd. Brommer die dak het drie vallei, dit is nie plat nie, maar ek hoor wat jy sê, ek het ook gewonder oor suigkrag, ek het daarmee te doen wanneer ek dakke ontwerp.

Ek het gister 'n draai gaan maak by Caracamp om te kyk na die nuwe Jurgens'e se meganismes, hulle lyk presies soos myne maar daar is 'n kleiner gaping tussen die plat-deel en die dak. Toe ek met die tegnikus gesels het hy my verseker dat die dak NOOIT sal afkom as daai knippe in is nie. (Kyk die foto's van 'n nuwe karavaan) My karavaan gaan binnekort in vir 'n onderstel-diens en hy het gesê hy sal na my meganisme kyk. Ek het uitgewys dat myne juis moeilik inglip en dat ek gedink het hulle is veilig. Hy het gesê dat die dak nie 'n effense opening vanaf die body mag hê nie en hy sal daarna kyk ook. Hy sê om 'n spacer in te sit beteken absoluut niks nie. 

Ek sal aan julle ouens rapporteer wanneer ek meer inligting het.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 06:35:18 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie Danie.  Ek sal graag wil weet wat hulle doen om dan die gaping op te maak.

Dis dan vir die manne se toekomstige probleme .

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 08:30:55 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Hier is foto's van 'n nuwe Penta se dakknip. Julle kan sien dat daar feitlik geen speling is na die dak se kant toe nie. Wat ek ook opgelet het was dat die Penta se dak papper is as my Fleetline, dit is asof die materiaal dunner is. Dus sal dit geensins help om die dakknip teenaan die dak te laat raak nie, die dak sal bloot induik.

Die dakknip maak ook heeltemal makliker as myne toe. En ek skroef die twee skroewe ook in nadat ek die dak laat sak het, wat blykbaar heeltemal onnodig is en net ingeskroef moet word wanneer die dak opgeslaan is.

Brommer, die Penta se dak is ook ongeveer 500mm LANGER as my Fleetline, wat dalk ook jou vraag aanspreek.

Miskien is ek onnodig ge-worry en was die omstandighede eenvoudig bo-normaal. Ek verseker julle toe ons langs die pad stilhou om te kyk of alles binne-in OK is kon ek nie glo dat die karavaan NIE omwaai nie. As hy nie aan die Fortuner gekoppel was nie het hy sweerlik omgewaai. Oor Sir Lowriespas het ek 60km p u gery en my oë was vasgenaal op my spieël. Ek het al opgestyg vanaf Kaapstad op 'n reëndag en die vortex agter die vlieguig was dieselfde as die vortex wat ek in my karavaan se kamera gesien het.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 10:19:35 am

Dis soos jy te reg noem Danie.  Die omstandighede van sleep in daai wind toestand was 'n "Once Off" in hoeveel jare van sleep.  Nou wil mens onnodig plan maak om dit te "counter".

Dalk 'n goeie ding.................. dalk heel onnodig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 15:59:24 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8984
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het eendag van die Kaap af n ou gekry wat sy dak met toue vas gemaak het.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 16:17:49 pm
LEEN
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 62
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Het dag voor Kersfees Dec 2017 by SONDELA gekamp en reen met stormwind gehad - nog n middagslapie probeer inhaal toe word mamma se naam in krutaal uitgeroep om te help- sytente pale tafels waaiers alles rondgevlieg.  Draadhokke wat om hul bome was vir beskerming is teen my Toyota vasgevlieg.    Dit was aaklig 8 volwas het gehang aan die voortent terwyl dit stort en stormwind na elke windrigting verander.  Mamma het natuurlik eers gebid toe gevloek en toe sommer dadelik camping trailer gratis in haar mind op junkmail gesit.  Alles verbygewaai skade bepaal en aangehou kamp lieflike kersdag met heerlike ontbyt in restaurant gehad en ja ons kamp nog steeds.  Manne wat weet het bevestig dat Sondela altyd so lastige wind het wat daar deurtrek op verkeerde dag en tyd.  Ten minste het ons nou meer stormnette en toue aangeskaf as wat nodig is maar voel ten minste baie kalmer.   Lekker kamp so leer ons maar.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 16:48:08 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8984
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het dag voor Kersfees Dec 2017 by SONDELA gekamp en reen met stormwind gehad - nog n middagslapie probeer inhaal toe word mamma se naam in krutaal uitgeroep om te help- sytente pale tafels waaiers alles rondgevlieg.  Draadhokke wat om hul bome was vir beskerming is teen my Toyota vasgevlieg.    Dit was aaklig 8 volwas het gehang aan die voortent terwyl dit stort en stormwind na elke windrigting verander.  Mamma het natuurlik eers gebid toe gevloek en toe sommer dadelik camping trailer gratis in haar mind op junkmail gesit.  Alles verbygewaai skade bepaal en aangehou kamp lieflike kersdag met heerlike ontbyt in restaurant gehad en ja ons kamp nog steeds.  Manne wat weet het bevestig dat Sondela altyd so lastige wind het wat daar deurtrek op verkeerde dag en tyd.  Ten minste het ons nou meer stormnette en toue aangeskaf as wat nodig is maar voel ten minste baie kalmer.   Lekker kamp so leer ons maar.   

Hoop die stormnet wat Geert vir my by Hennie gekoop het, is groot genoeg vir die Classique.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 17:44:10 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Chuck die geluk is darem dat jy kan oorsit wat daar is en as hy te kort of te smal is help n bree stormband aan hom vasgewerk om hom aan die grond vas te kry. Ek het n paar jaar terug n ou op Jeffries gesien wat n skadunet van so 300mm breed met 2 stormbande aan die kante oor sy tent getrek het. Sy tent het doodstil in Jeffries se wind gestaan. Dit was n goedkoop bree stormband wat al die werk van die duur toerusting gedoen het.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First