Goeiedag almal.
Kan iemand my asb net reg help met die springs wat aan die storm toue kom? Moet daar 1 of 2 springs wees per tou?
Ek het nou al vir n paar mense gevra by verskillende kamp toerusting winkels en 1 ou se 1 spring per tou en ander ou se verseker 2 per tou?
Ek oorweeg n stormnet en hoe gemaak met hom? Trek hy net vas met gewone toue/pale/penne en geen springs nie?
Groete
Die wat ek gekoop het, het net een veer "spring" gehad. Wanneer jy 'n stormnet koop, kyk vir die een wat nie die "nylon" tou het nie. Daar is een wat 'n sagter tou het. Stuur jou selfoon nommer dan stuur ek jou 'n foto van die sagte net.
Ek gebruik Maxcon penne aan beide kante
Dankie Dolrik
0agt twee 5 dubbel ses 9 ses nul agt.
Swanie gebruik jy dam 1 of 2 springs per tou?
Dankie byvoorbaat
Wees maar versigtig met die gebruik van stormtoue. Die skuur van die toue oor die tentseil kan veroorsaak dat die tent daar begin lek. Ek dink dit geld meer vir regte katoenseil, ek is nie seker of dit vir die goedkoper kunsmatige seil (ripstop) geld nie.

As mens Maxcon se produkte reg gebruik, glo ek mens kom reg sonder storm toue. Ek het al in sterk wind gestaan by die see net met Maxcon penne en daai sirkels om pale wat hulle in posisie hou sou die wind die tent lig
As jy die penne so naby moontlik aan die pale inslaan in plaas van verder sodat die tou teen ongeveer 45 grade staan, kan die wind ook nie maklik die tent laat val nie. Die rede waarom die tent val is gewoonlik omdat die seil deur die wind gelig word sodat die kombinasiepale uitmekaar trek. As die penne naby die pale is, kan die tent nie voldoende gelig word nie. Die 'trick' het 'Oom Jeep', 'n lid wat deesdae skaars is op hierdie Forum, hier bespreek en ek het dit baie suksesvol begin gebruik. Voorheen met ons vorige Sprite karavaan, moes ons telkens in die nag as die wind opkom en die rallytent val, die tent gaan red. Sedert ek jare gelede die metode begin gebruik het, het dit nog nie weer gebeur nie. Die huidige Skippertent is in elkgeval amper 100% windbestand.
Goeiedag almal.
Kan iemand my asb net reg help met die springs wat aan die storm toue kom? Moet daar 1 of 2 springs wees per tou?
Ek het nou al vir n paar mense gevra by verskillende kamp toerusting winkels en 1 ou se 1 spring per tou en ander ou se verseker 2 per tou?
Ek oorweeg n stormnet en hoe gemaak met hom? Trek hy net vas met gewone toue/pale/penne en geen springs nie?
Groete
In my opinie gebruik mens nie springs wanneer dit kom by storm toue of bande nie. Soos Fred se.... skuur van die tou of bande oor die tent kan skade aanrig.
Normaal weg span mens die storm tou of band styf oor die tent om enige beweeging van die tent teente werk. Met die springs kan daai toue en bande beweeg wat dan die skuur op die tent veroorsaak.
Ek is ook 'n voorstander van 'n storm net eerder as 'n storm tou of band.
Want die net help om die groot materiaal oppervlaktes van die tent onder beheer te hou.
Die wat ek gekoop het, het net een veer "spring" gehad. Wanneer jy 'n stormnet koop, kyk vir die een wat nie die "nylon" tou het nie. Daar is een wat 'n sagter tou het. Stuur jou selfoon nommer dan stuur ek jou 'n foto van die sagte net.
Die sagte net is n geweefde net (met 'n masjien gedoen) en die harde net is 'n gevlegde net wat ook knope in het.
Dankie julle.
So as ek sou n storm tou moet gebruik by n dam waar die wind erg waai met bv n gazebo en ek moet n storm tou oorsit..nog steeds geen springs nie? Net toue wat hom styf vas trek?
Dan rakende die storm net, ek het nog nie 1 onder hande gehad nie..hoe trek jy hom styf? Koop jy los toue en trek hom vas met penne?

Die strom net werk die beste as jy die tent of gazebo vastrek soos wat jy 'n geskenk sal toedraai.
Trek hom styf oor die dak en dan waar hy oor die kan gaan reguit af grond toe met die winkelhaak penne. As die net tekort is om tot by die grond uit te kom gebruik addisionele nylon tou zig zag na die penne toe.
Nie nodig om groot swaar vrag net te koop nie. Ek gebruik 'n gewone sokker GOAL post net. Want al die dun toue in die net werk saam om die tent op die grond te hou.
Hier 'n foto rof weg hoe my net werk. In die aand span ek tou zig zag aan voorkant ook
Dankie Dolrik
0agt twee 5 dubbel ses 9 ses nul agt.
Swanie gebruik jy dam 1 of 2 springs per tou?
Dankie byvoorbaat
Dis nou nogal interesant, want ek verskil alweer...
Storm Net - Ek sal hom net gebruik saam met my silver cover sheet. My tent is van baie swaar seil, so hy wapper nie so maklik in die wind nie.
As jou seil pap gespan is, sal hy lekker wapper in die wind.
Storm Strap - Hier glo ek weer in die "springs". Dit help dat jou penne nie uit die grond uitgeruk word nie. So daar is wel dan n bietjie "give" met die springs, maar liewer dit as wat jou tent skeur.
Eendag sal ek graag op n plek wil kamp waar jy nie hoef te worry oor wind nie!
Ek kyk maar na die bosse en bome en dan gooi ek die karevaan se soliede kant na die wind. Party keer parkeer ek sommer die bakkie naby vir extra wind skerm.
Ed, Ons binnelanders kamp is gewoond om sonder wind te kamp. Dis eintlik maar net by die kus en die suidelike dele van die land waar die wind gereeld waai. Al ie windplase is in die suidelike del van ons land want in die noorde is die wind maar skaars. Op Pietersburg, as die wind waai, raak ons opgewonde want dan is die waarskynlikheid van reën daar, en daarvan kan ons nie genoeg kry nie. So, as jy sonder windprobleme wil kamp, kom noord, hoe verder noord, hoe minder wind. Op Oudtshoorn het die wind ons al moedeloos gewaai en op die N1 oppad Kaap toe, was dit al kwaai winderig. Die wind pla ons nie juis as ons kamp nie- ons aanvaar dis maar deel van die lewe.
Leon
Sou ek verkeerd wees waar ek my storm straps tussen die tent dak en die pale - op die hoeke styf span af grond toe. Die straps skuur / raak glad nie aan die buitekant op die tent dak nie. Ek trek die straps dan vas met 'n spring aan elke kant so na as moontlik aan die voet van die pale aan die buitekante.
Ek sien kampers se storm toue oor die flappe van die tent kante, maar daai maak nie sin vir my want jy kan die stormtou nie styf vastrek nie.
As die wind dan erg kan waai, gooi ek die stormnet van sage materiaal oor en trek hom ook styf oor die hele tent dak af grond toe om te keer dat die seil / dak lig. Ek het sommer regoor die tent pale / penne, vir my nylon toue vasgemaak om die net lekker styf vas te trek af grond toe.
Ek sou nie die veerbelaaide penne gebruik nie, eerder wilkelhaakpenne. Jy wil nie hê die wind moet enigsins die tent kan lig sodat die kombinasiepale uitmekaar trek nie. Oor dier manier wat jy die toue wil span, stem ek saam.
Die band moet styf gespan wees. As hy skuur, is dit nutteloos want dan is dit nie styg genoeg nie. Jy wil geen speling hê in wind nie, nie met springs of wat ook al nie, want sodra jou pale lig of skuif is dit koebaai tent. Die band moet ook oor die voorste en middelste nok van die pale gaan. Onlangse oupa storm van storms by Rietspruitdam het my 12 mm dik 550mm lange rebar penne gebuig, 400 mm haak vorm penne uit grond getrek en tent sykante totaal verwoes. Maxcons is uit die grond getrek met spring en al. Add -a -room oor tent geflip.60 mm wit bree trok bande met Groot ratchets is al wat kon keer.
Ek het daardie klein swart goedjies in al my kombinasiepale gesit sodat dit nie uitmekaar kan trek nie.
Ek het gate in al my pote se swart cap geboor. Ek slaan ‘n 10mm rod in die grond sodat omtrent 100mm bokant die grond uitsteek en druk dan die poot daaroor. As die poot oplig dan skuif dit nie rond nie. Daar is ander maniere om die poot te anker.
Ek het gevind hierdie werk goed vir my en het nog nooit windskade gehad nie.

Ek gebruik dieselfde konsep....werk ook goed vir my.

Wattse klein swart goedtjies?
I use loop pegs like Geert. Plus I tie down each pole, using guy ropes, with 2 elbow pegs at foot, each.
Now have silver sail so put storm strap over it, to keep it and tent down, and stop it flapping. Before silver sail l threaded the strap between the tent and the poles.
So far survived a number of highveld storms where we were convinced we were going to find chaos when we exited the van in the morning.
Search for “Spring clip (#BEV-TENT047) on
You fold this double and insert it in the thinner pole, drill a 6mm hole in the poles, and align the copper point into the hole. You then press the copper point to separate the poles again. Works like a charm.
Johan is this used for aussie locked adjustable length poles or just 'reduced' poles fitting into each other?
For aussie locked poles those clamps could be useful!?
Thanks for the link, could be useful in future.

Gaan nie werk op aussie pale nie....aussie pale is verstelbaar in lengte en daar waar hy lock is elke keer in ander posisie, so gaatjie waar hy inclip gaan nie ooreenstem nie. Baie nice idee om dit op die ander pale te gebruik
No, it cannot be used on adjustable poles.
My stormnet is lomp om te gebruik - hoofsaaklik omdat dit groot is vir meer as een wa.
Ek gebruik lang rekke met hake wat ek by die karavaanwinkel gekoop het om dit te anker.
Springs gebruik ek net aan die onderkant.
Rukwinde kan baie erg wees - my Isabella tent se pale het gebreek met so ene toe ons teenaan Satara se heining gekamp het. Was nog besig met die opslaan toe dit ons uit die bloute uit tref.
Nou is ek ekstra versigtig vir dit. By Satara nou het rukwinde weereens heelwat skade aangerig aan die “awnings”.
Wat my verbaas is dat baie eienaars volstaan om die dun penne te gebruik wat ‘n mens saam met die tente kry - dis nie goed genoeg vir ons land nie. My 5c.
Leon
Sou ek verkeerd wees waar ek my storm straps tussen die tent dak en die pale - op die hoeke styf span af grond toe. Die straps skuur / raak glad nie aan die buitekant op die tent dak nie. Ek trek die straps dan vas met 'n spring aan elke kant so na as moontlik aan die voet van die pale aan die buitekante.
Ek sien kampers se storm toue oor die flappe van die tent kante, maar daai maak nie sin vir my want jy kan die stormtou nie styf vastrek nie.
As die wind dan erg kan waai, gooi ek die stormnet van sage materiaal oor en trek hom ook styf oor die hele tent dak af grond toe om te keer dat die seil / dak lig. Ek het sommer regoor die tent pale / penne, vir my nylon toue vasgemaak om die net lekker styf vas te trek af grond toe.
Jammer ek gee nou eers my meening. As die storm strap of tou tussen die tent dak en die pale is hou die strap net die pale vas en moet daar 'n ander manier wees wat die tent dak weer aan daai pale vasgemaak is.
Wanneer die wind waai is dit tog die groot materiaal oppervlaktes wat deur die wind geraak word en dis die gedeeltes wat mens onder beheer wil hou.
DAN:
Die sokker net wat ek gebruik pas in 'n klein rugsakkie van 'n kleuterskool kind.
Die band moet styf gespan wees. As hy skuur, is dit nutteloos want dan is dit nie styg genoeg nie. Jy wil geen speling hê in wind nie, nie met springs of wat ook al nie, want sodra jou pale lig of skuif is dit koebaai tent. Die band moet ook oor die voorste en middelste nok van die pale gaan. Onlangse oupa storm van storms by Rietspruitdam het my 12 mm dik 550mm lange rebar penne gebuig, 400 mm haak vorm penne uit grond getrek en tent sykante totaal verwoes. Maxcons is uit die grond getrek met spring en al. Add -a -room oor tent geflip.60 mm wit bree trok bande met Groot ratchets is al wat kon keer.
Ek het ookal daai storm wind daar beleef. Die foto hierbo geplaas was daar geneem. Moet darem noem dat die stormnet sy werk gedoen het daai kere.
Op die foto hierbo sal julle sien is die karavaan links in die foto se tent ook oortrek met 'n net soos myne. Is my oorlede kamp vriend se Classique gewees.
🤔