English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 271
Total Replies: 230 103
Total Views: 82 380 935
topics: 779
replies: 12 488
views: 4 978 577
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Stopblokkies vir waens

replies: 0
views: 246
14 Nov 2017 @ 09:09:07 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2489
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Net so 'n stukkie ondervinding wat ek graag wil deel: Ek het met my Venter sleepwaentjie met bladvere en sonder skokbrekers, gevind dat die as soms deurstamp tot teen die ondertel.  Die U-boute wat die as aan die vere vashou, het selfs duike in die onderstel gemaak.  Ek het die probleem opgelos deur rubber stopblokkies op die as aan te bring.  Die groot silikon seëlaerbuise se inhoud word gewoonlik hard as 'n mens dit te lank laat staan en die hierdie gesolde silikon silinders, in die regte vorm gesny, is ideaal daarvoor maar daar is sekerlik ook ander dinge wat gebruik kan word.  Ek het dit bloot met silikonseëleer bo-op die as vasgeplak.  Dit hou baie goed en na jare en duisende kilometer is hulle steeds daar.  Met die swaargelaaide sleepwat het ek eenmaal deur 'n duik gery en gesien hoe die sleepwat vir 'n oomblik met beide wiele in die lug was.  Beide die stamp en die terugkom pad toe sou beslis skade gedoen het as die stampblokkies nie daar was nie.  Dit veroorsaal blink kolle op die onderstel waar dit stamp sodat 'n mens kan sien dit is efektief.  Toe ons die Skipper ontvang het, het ek dieselfde daarmee gedoen met dieselfde resultate.  As die sleepwa of karavaan kwaai deurstamp, kan jy moontlik die onderstel of as ernstig beskadig, so ek meen dit is noodsaaklik op waens met bladvere.  Dis jammer die vervardigers van die aste- Alko in die geval van die Skipper, bring nie sulke stampblokkies standaard aan hulle aste aan nie- dit sal tog min koste teweegbring.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required