English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 531
Total Replies: 252 826
Total Views: 83 250 257
topics: 1 156
replies: 12 178
views: 4 835 977
Jokes and everything else that makes you laugh

Stoot my 🤪

replies: 2
views: 1018
01 Apr 2020 @ 22:37:03 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

n Man en sy vrou word wakker gemaak 3:00 uur in die oggend deur 'n harde geklop aan die deur.  Die man staan op en gaan maak die deur oop waar 'n dronkie in die gietende reën staan.  Die ou dronkie sê hy het iemand nodig om hom te help stoot.  "Dit sal die dag wees, daar is nie 'n manier nie." sê die man.  "Dit is drie uur in die oggend." En hy slaan die deur toe en gaan terug bed toe.  "Wie was dit?" vra sy vrou.  "Net 'n vreeslike dronk man wat iemand soek om hom te help stoot."  "Het jy hom gehelp?" vra sy.  "Nee, dit is drie uur, en dit sous daar buite!"  Wel jy het 'n kort geheue," sê sy...  "Onthou jy drie maande terug toe ons kar gebreek het en daai twee ouens ons gehelp het? Ek dink jy moet hierdie ou ook help en jy behoort jou te skaam."  Die man besef sy vrou is seker reg en trek toe maar aan.  Hy gaan uit in die gietende reën en roep uit, "Hallo, is jy nog daar?"  "Ja." kom die antwoord terug.  "Het jy nog iemand nodig om jou te stoot?" vra hy.  "Ja, asseblief." Kom die antwoord uit die donkerte.  "Waar is jy?" vra die man.  "Hier op die swing." antwoord die dronkie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2020 @ 22:41:38 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

'n pa loop verby sy seun se kamer en tot sy stomme verbasing sien hy die bed is netjies opgemaak. Toe sien hy 'n koevert op die kussing. Dis gerig aan "pa". Met beklemming om sy hart tel hy dit op, skeur dit oop en lees die briefie : "liewe pa, dis met groot spyt en verdriet dat ek vir jou skryf. Ek moes wegloop saam met my nuwe meisie omdat ek nie met jou en ma wou rusie maak nie. Ek en lisa het ware passie ontdek. Sy is so oulik. Ek weet julle keur haar nie goed nie, omdat daar so baie ringe deur haar lippe, neus en baie ander plekke is, en sy is 'n volle vyf jaar ouer as ek. Maar is nie net verliefgeit nie, pa sy is swanger. Ons wil sommer nog baie kinders hê. Lisa sê ons sal baie gelukkig wees. Sy het 'n woonwa wat iewers in 'n bos staan en daar is 'n hele hoop vuurmaakhout vir die winter. Lisa het my ook geleer dat dagga nie net sleg is nie. Ons gaan sommer self 'n bietjie daarvan in die bos kweek en dit aan die ander mense in die kommune verkoop. Dan kan ons met daardie geld ander, duurder drugs soos coke of tik koop. Intussen hoop en bid ons dat die wetenskap 'n kuur vir vigs vind sodat lisa gesond raak. Sy verdien dit!!! Moenie bekommerd wees nie, pa. Ek is darem al vyftien en kan na myself kyk. Ontspan, en geniet die kleinkinders wat nog kom. Met liefde, jou seun, pieter"  NS: Pa, niks hiervan is waar nie!!!! Ek is by jannie. Ek wou pa maar net daaraan herinner daar is baie erger dinge in die lewe as 'n swak rapport (dis onder die kussing)." bel maar wanneer dit veilig is om huis toe te kom !!!!!"

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2020 @ 07:50:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Snaaks dat hy buite die Klas slimmer is as in die Klas.

Lol.....

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za