English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 182
Total Views: 83 292 723
topics: 804
replies: 12 901
views: 4 965 881
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Stilbaai munsipaliteit karavaan kamp

replies: 3
views: 14856
17 Dec 2010 @ 19:51:38 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years
Wil daar gaan draai as ek Jan Kaap toe gaan weet iemand iets van die plek,
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec 2010 @ 12:38:16 pm
Roy
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 12 Sep 2007
Hallo Willem, Hier is 'n stukkie kommentaar van 'n kamper op die Wegsleep forum wat min of meer in die kol is oor die munisipale kamp, genaamd Ellensrust (028-754 1034). "Kamp sit agter groot sandduin kan nie die see sien nie.(Daar is houttrappe tot op die strand) As die wind te veel waai op die strand is die lagoon lekker om in te swem, kamp het min bome en vat maar jou eie braaidrom saam as jy by jou wa wil braai, want daar is net plekke met gesamentlike braais. Ry gerus Jongensfontein toe, baie mooi". Ons het drie keer daar gekamp met die volgende observasies: 1. Moenie naby die sandduin (eerste keer)opslaan nie, die wind gooi al die sand op jou tent en wa. Die westekant het egter nie diť probleem nie. Die kamp is omring met Rooikrans bosse wat my sinusse ondraaglik irriteer het gedurende Januarie. Nogtans was dit 'n lekker kamp. 2. Daar is drie ablusieblokke wat redelik goed versorgd was, behalwe die een in die middel. 3. Die dorpe Stilbaai asook Jongensfontein(10km verder) lÍ anderkant die Kougarivier en is baie aantreklik met voldoende winkels en dienste. Sedertien verkies ons Jongensfontein munisipale kamp (2008) en Hartenbos (2006/7/8/9/10). 4. Daar is 'n stywe bult net buite die dorp op jou pad terug N2 toe. Die toegangsroete is effe smal, maar nie gevaarlik nie (ongeveer 26km). 5. Jongensfontein is baie skilderagtig met goeie visvangplekke, maar die enigste stukkie strand is nie geskik vir baaiers nie. Daar is 'n getypoel. Slegs een groterige winkel. Is glad nie seker van die huidige toestande by Ellensrust, want ons was Des 2005/Jan 2006 laas daar. Vakansiegroete, Roy
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2010 @ 19:05:20 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years
Roy dankie ver die info ,ons het friende wat op Stillbaii staan, ons gaan Hartenbos toe, sal maar net ver die dag deer ry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2010 @ 08:05:37 am
Roy
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 12 Sep 2007
Reg so, Willem. Geniet die kamp/kuier op Hartenbos. Ons was drie weke terug daar vir 8 dae en het al vier seisoene gehad in die week. Tog bly dit ons gunsteling plek en vat dit soos dit kom. Julle moet beslis ook Jongensfontein besoek. Feesgroete, Roy.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za