English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 781
Total Replies: 239 490
Total Views: 82 801 135
topics: 84
replies: 1 575
views: 187 157
Share your best or worst experiences to help others out.

Steel van Karavane, Bote en Motorfietse

replies: 21
views: 541
27 Nov 2019 @ 13:08:43 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15298
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Polisie het van oggend op die R21 booswigte vasgetrek wat deel is van groep wat karavane, bote en motorfietse steel.

Maroela nuus toon dat 1 van die booswigte dood is en vier ander gevang is na 'n skietery op die R21 naby die Olifantsfontein afrit.  Die SAPS het inligting bekom dat die mense beplan om 'n motorfiets te steel.  Hulle is dopgehou en na die diefstal gevolg en op die R21 aan die kaakgestel.  'n Sesde van die groep het weggekom maar die polisie soek steeds na hom.

GREAT WORK SAPS

Kom ons hoop die gereg sal gou gou sy pad volg.

Ek het ook nou 'n klomp fotos gekry van die hele storie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 13:12:07 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Sjoe Leon dis 'n goeie een vir die SAPS. Ek het juis gehoor daar is 'n insident met 'n verkeer verslag.

Dis eintlik merkwaardig dat daar op die inligting gereageer is en die booswigte kon kry. Dit laat my dadelik dink hoe die inligting bekom is en uitgelek het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 13:15:29 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15298
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sjoe Leon dis 'n goeie een vir die SAPS. Ek het juis gehoor daar is 'n insident met 'n verkeer verslag.

Dis eintlik merkwaardig dat daar op die inligting gereageer is en die booswigte kon kry. Dit laat my dadelik dink hoe die inligting bekom is en uitgelek het.

Ek dink aan die een kant raak die algemene publiek keel vol vir die misdaad.  Dit raak net nie minder nie.  Maar die geweld daaraan verbonde raak meer.

Die fotos wat ek gekry het wys dat wel tenminste een van Mozambiek afkomstig is.  Weet nie van die res nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 13:22:28 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ja Leon mens hoor gereeld van gewapen wees. My probleem is as jy jouself verdedig kan so groep van 6 meer "FIRE POWER" besit as wat mens met 'n enkele handwapen het.

Dis hul beroep met geen of min gevolge so mens het te doen met "proffesionals".

Hier in Silvertondale was 'n geldwa afgetrek en baie skote in die lug geskiet deur die rowers net om oog getuies in hul kantore en werkswinkels te hou. Dit wat wel deur die venster gesien is was baie proffesionele optrede en die hele ding het binne 10 min plaasgevind nog voor die SAPS kon opdaag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 13:31:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15298
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Feit bly staan. 

  1. As ons net bietjie slaap gaan jy jou karavaan, boot of motorfiets mis hoor.
  2. Jy wat enige van die items het wees wakker die mense daar buite soek dit al hoe meer.
  3. Die Mozambiek ou kan 'n aanduiding wees dat die goete oppad is soontoe.

So jaar of drie terug het iemand hier op die forum geraporteer van mans het by 'n huis opgedaag en vir die bediende vertel dat hulle die karavaan of boswa wat daar staan gekoop het en dat hulle dit kom haal.  Ek kannie onthou of hulle met die wa weg is of sy toe eerder die werkgewer gebel het nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 14:06:19 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Die werkgewer was gebel en hulle het die padgevat...

Ek gebruik 'n "Trailer Cuff" wat die Karavaan se trekstang sluit, of dit nou op of van die trek voertuig, af is...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 14:12:55 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Ek gaan dalk nou gestenig word oor wat ek gaan kwyt raak.

Die SAPS lede van Gauteng kan gerus skietlesse gaan kry by hul kolegas van KZN. Jy kan maar seker wees daarvan as hulle in 'n skietgeveg betrokke raak, daar nie gewondes of ander kriminele is wat ontsnap nie.

Dit help nie hulle word gearresteer en oor 6 maande is hulle weer op vrye voet nie. Hulle raak dan net meer geweldadig.

'n Vriend is vanoggend om 01h30 by sy huis in Centurion deur 4 gewapende skurke dood geskiet. Hulle het ook sy hond wat hom wou beskerm dood geskiet.

Dit is hoekom ek sê, SAPS moet skiet om dood te skiet, reg of verkeerd. Die skurke toon geen genade vir geslag, ouderdom of enige iets was asemhaal nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 14:31:58 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 388
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Sterkte Chris. Ek is saam met jou.

Dis sleg en onnodig om so 'n vriend te verloor.   Dis hoodtyd dat iets moet gebeur teen misdadigers.   

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 14:36:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15035
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Eergister is daar ook n sekuriteits wag naby die mall in Centurion geskiet....dit raak nou erg.

Polisie moet begin om minder cable ties te gebruik en permanente plan maak met daai skurke wat ander onskuldige mense se lewens wil neem

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 14:53:24 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1801
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ons moet regtigwaar te alle tye op ons hoede wees vir booswigte wat jou persoon of jou eiendom wil steel of beskadig. Hierdie dinge raak net erger soos die eindtyd nader kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 16:17:26 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8716
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek gaan dalk nou gestenig word oor wat ek gaan kwyt raak.

Die SAPS lede van Gauteng kan gerus skietlesse gaan kry by hul kolegas van KZN. Jy kan maar seker wees daarvan as hulle in 'n skietgeveg betrokke raak, daar nie gewondes of ander kriminele is wat ontsnap nie.

Dit help nie hulle word gearresteer en oor 6 maande is hulle weer op vrye voet nie. Hulle raak dan net meer geweldadig.

'n Vriend is vanoggend om 01h30 by sy huis in Centurion deur 4 gewapende skurke dood geskiet. Hulle het ook sy hond wat hom wou beskerm dood geskiet.

Dit is hoekom ek sê, SAPS moet skiet om dood te skiet, reg of verkeerd. Die skurke toon geen genade vir geslag, ouderdom of enige iets was asemhaal nie.

Dink ook hulle opleiding is beter..

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 16:28:24 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Baie van die booswigte is natuurlik eks - SAP mense wat opgelet het in die klas. Met iemand gepraat wat VIP oppas en in hul opleiding moet hulle ook staan dat pepper spray in hul oe gespuit word sonder dat dit hulle pla of dat hul oe traan. Enige v d mense wat die opleiding deurstaan het sal ons ore aansit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 20:45:26 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 285
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

It is really sad to think that you need to be on high alert every moment of your life. It is impossible to protect yourself and your family against several armed men.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 21:45:21 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2390
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die feit dat jy as Suid Afrikaner altyd op jou hoede moet wees altyd paraat vir enige voorval by die werk, huis op straat, jou kar in die kerk se parkeer area. Nerens Nerens kom jy tot ruste.

Ek wonder hoe affekteer dit jou gesondheid op die lang termyn.

Stress, maag, hart en die lys gaan aan.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Nov 2019 @ 09:30:32 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1467
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Mike Bolhuis het vanoggend tydens 'n radio gesprek gereken dat mens ALTYD paranois moet wees, hy het dit 3 keer herhaal en gereken dat jy ongeag wat NOOIT jou waaksaamheid moet verslap nie. Ontstellende ding wat hy genoem het is dat ontvoering van kinders baie begin toeneem, die ouers word dan gebel en 'n losprys gevra. Hy stel voor dat as jy met jou kinders Mall toe gaan jy 'n ouer se sel nommer met 'n merkpen op hulle maag moet skryf (nie op 'n arm of been waar dit onmiddelik vir die ontvoerder sigbaar is nie, en hulle leer om as hulle jou verloor onmiddelik by die naaste winkel of sekuriteits persoon moet hulp vra en jou nommer op hulle maag moet wys sodat hulle jou kan bel....en SWAMBO dink ek oordoen dinge met my veiligheids paranoia! Sien die ding kom dat jy jou kinders by geboorte laat chip soos jou hond en kat :(

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Nov 2019 @ 15:04:12 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 682
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Leon ek ken 'n ou in Pretoria wie se bediende die mense toegelaat het om sy splinternuwe karavaan te kom haal nadat sy hulle geglo het dat "die baas ons gestuur het." Sy het selfs vir hulle die remote van die hek gegee, waarmee hulle daar weg is. Sy was OF breinloos OF deel van die deal. Of sy het nie die baas se foon-nommer geken nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Nov 2019 @ 15:26:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8716
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis nou die tyd dat almal waaksaam moet wees.

Steel en roof gaan nou pos vat.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 10:18:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15298
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

It is really sad to think that you need to be on high alert every moment of your life. It is impossible to protect yourself and your family against several armed men.

This is true even if you have a weapon of some sort.  It is just because you do not find yourself in such a situation every day.  The perpetrators do this every day and with every incident they learn something.  We are way behind that type of learning curve.

Mike Bolhuis het vanoggend tydens 'n radio gesprek gereken dat mens ALTYD paranois moet wees, hy het dit 3 keer herhaal en gereken dat jy ongeag wat NOOIT jou waaksaamheid moet verslap nie. Ontstellende ding wat hy genoem het is dat ontvoering van kinders baie begin toeneem, die ouers word dan gebel en 'n losprys gevra. Hy stel voor dat as jy met jou kinders Mall toe gaan jy 'n ouer se sel nommer met 'n merkpen op hulle maag moet skryf (nie op 'n arm of been waar dit onmiddelik vir die ontvoerder sigbaar is nie, en hulle leer om as hulle jou verloor onmiddelik by die naaste winkel of sekuriteits persoon moet hulp vra en jou nommer op hulle maag moet wys sodat hulle jou kan bel....en SWAMBO dink ek oordoen dinge met my veiligheids paranoia! Sien die ding kom dat jy jou kinders by geboorte laat chip soos jou hond en kat :(

Week of wat terug op news 24 waar 'n man 'n 3jarige uit 'n voertuig in Middelburg gegryp het.  Die ma het toe gestop en die boetie van 7 of 10 jaar het agter die man aangehardloop.

Die man het toe die kind een kant toe gegooi en by Taxi Rank ingehardloop. Vrou is agterna nadat sy sien 'n ander vrou het gestop en haar twee kinders veilig by haar,met polisie wat naby iewers staan en niks doen nie.

Hierdie kinders steel/ontvoer gaan 'n groot ding raak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 14:41:19 pm
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 157
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 35 years

All these criminal acts are beyond believe and unbelievable in a NORMAL society but we are NOT are normal society.

I am not sure how to respond and try to give some sort of an solution ,however there is none, with 800K to 1 M extra people to feed per year and no employment the situation will only become beyond anything we can imagine.

The only "save" place for camping will be in the middle of the kruger park PERHAPS.??

EMIGRATION  the only solution if you still have time for your children.

I don.t believe there is any hope left in SA.If you don,t believe me ,take any newspaper any time of the week ,month or year and read the front page

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 21:50:56 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2390
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Karavane weet ek nie van. Laaste wat ons oor dit gesels het was daar bitter min gevalle van diefstal. Bote en 4 wheelers sal ek verbaas wees as hulle natis nommers het en gelisensieer word. Dus is dit amper onmoontlik om dit op te spoor.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 21:58:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15035
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek weet van baie gevalle waar boswaens uit die mense se erwe gesteel word

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 22:07:33 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2390
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kan dit baie maklik in n sink kaya wegsteek. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required