English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 930
Total Replies: 258 210
Total Views: 83 433 412
topics: 11 812
replies: 142 582
views: 39 444 890
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Stealth Bakkie Mate

replies: 3
views: 153
3 days ago @ 17:33:26 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek begin daaraan dink en kyk ook baie rond om te sien watse soort kamp opsies daar is. As dit vir my en vroulief gaan uitwerk oor so 2 jaar gaan ons baie toer in SA en ons buur lande. 90% van die tyd in die bos met baie grondpaaie en plekke waar jy eerder n 4x4 voertuig nodig het.

Ek sien Stealth het n bakkie mate. Nog nie self gesien in lewende lyf nie maar lyk glad nie sleg nie. 

Gewig (droog) is 450kg tot 500kg.  Dit beteken dat met van die dubbel kajuit bakkies gaan jy net ongeveer 250 tot 350 kg kan byvoeg.

Maar, as jy ook moet dink aan brandstof, passasiers, water, yskas, ens. dan krimp daardie 250 / 350kg aansienlik baie en sal jy baie gou oorgewig wees en teen die wet.

 As jy na die begin prys van R200,000 is dit ook maar duur, maar nog steeds goedkooper as n karavaan.   

Wie het ondervinding met die soort van kamp opsie? Hoe werk dit as jy baie toer en meeste van dier tyd net een nag op n plek bly............of is dit net n pyn in die agterend?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 21:34:42 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Ek het 'n Bakkie Mate(CI) gehad Dit is nie die Stealth nie, maar die uileg lyk ook maar basies dieselfde.  Was 'n pyn. Vir dubbel-kajuit moes die klap agter oopgemaak word om dit te laat pas, wat meer gewig agtertoe verplaas het. Die voorkant van die bakkie het in die proses genoeg gelig om dit gevaarlik te maak en ek moes baie stadig ry. Beperkte spasie, nie so maklik om op die bak te laai soos wat dit lyk nie en beperkte pakplek. Ek sal persoonlik nie weer 'n canopy camper oorweeg nie. 

Vir dieselfde prys kan jy kyk na 'n  goeie tweedehandse Navi Motorhome, wat op 4x4 NP 300 of Hilux chassis gebou is. Dit het 'n beter uitleg, met badkamer binne en buite kombuis.

Lifestyle motorhomes verkoop hulle met tye. Jy kan kyk na die uitleg op Brits Motorhome rentals se web-tuiste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 11:07:22 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1286
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek het al gekyk na hulle maar bly vir na 'n top heavy ding lyk, en lendelam op daai hoe pootjies as die bakkie onder hom uit is

ook kom dit voor of daar maar min pakplek is

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 12:11:39 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4900
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Nice kyk ook na Blinkgat se produkte Elsie hulle is op 4x4 community forum

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za