English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 119
Total Replies: 227 539
Total Views: 82 272 391
topics: 777
replies: 12 445
views: 4 973 367
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Stabilizer ? watter een

replies: 19
views: 3385
08 Nov 2016 @ 12:55:47 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Die is seker maar n dom vraag maar is dit raadsaam om n stabilzer op n Jurgens Exclusive te sit.

Watter stabilizer beveel julle aan?
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 13:07:06 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Ek sal gaan vir die straightliner of die trapisium

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 13:09:01 pm
Anonymous

Ek sal gaan vir die straightliner of die trapisium

Stem, beide is so 2000kg ge-rate

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 13:35:05 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years
Yes....jy het swaerdiens nodig vir so groot wa.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 13:41:27 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Piet

Die Trapisium, Tando is te lig vir die Exclusive, Straightliner is die enigste vir die Exclisive so ver ek weet.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 15:14:28 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Die aanvanklike vraag is of dit raadsaam is om 'n stabiliseerder op te sit. Die Exclusive is so stabiel dat dit sal voel of dit 'n onnodige uitgawe was. Ek het egter al meer as een sleepwa met 'n dubbelas sien swaai en twee het op ongelukke uitgeloop.

Die probleem is dat wanneer 'n dubbelas eers swaai en skuins neig teenoor die sleepvoertuig, is daar vier wiele wat reguit vorentoe wil gaan. Dit is so al het die bestuurder van die sleepvoertuig ander planne.

Die Straightliner werk baie goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 15:34:43 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
As ek hom aansit.
Dan gebruik ons die straight liner.
Deon Vorster het een maar hy verkies ook trapezium.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 15:49:17 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Ek weet darem nie, ek het nie so iets op nie en sleep heel gemaklik met dwarswinde en trok wat verby kom of verby gegaan word. Het nog nooit n swaai ding gehad nie, ek pak reg en sleep maks 110kmpu
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 19:55:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy koop sou ek die Straightliner aanbeveel. Trapezium sal puik werk maar daai groot vierkantige haak knoets wat agter op die sleepvoertuig is sit my af en jy kan eintlik net 'n karavaan met hom sleep, mits jy 'n A raam bracket vir elke trailer of sleep ding van jou sit.

Ja dubbel as sleep stabiel, ek weet ek het ook een, en ek sleep net 105km/h (GPS). Maar ek hou van die eenheid stabiliteit wat dit verskaf. Soos op vorige draad genoem is die verskil in met 'n stabiliseerder sleep die feit dat as 'n voertuig jou van agter in winderige omstandighede verby steek trek hy jou kombinasie as 'n geheel nader en los jou as 'n geheel. Daar sonder eers die wa dan die voertuig dan los hy die wa dan die voertuig.

Dit is ruk bewegings waarvan ek glad nie hou nie. Tans gebruik ek die toestel van BPW

Anti snaking

Hy knyp die sleep bal vas met friksie skywe aan die binne kant van die bal koppeling. Werk puik...

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2016 @ 20:35:43 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

kyk die

https://www.youtube.com/watch?v=G1leczQxgEE

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 09:22:06 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Baie dankie vir al die inligting, dis baie interesant .
Ek is nou besig om na alles te kyk om te sien wat my gaan pas.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 09:23:03 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Baie dankie vir al die inligting, dis baie interesant .
Ek is nou besig om na alles te kyk om te sien wat my gaan pas.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 09:28:32 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

As jy koop sou ek die Straightliner aanbeveel. Trapezium sal puik werk maar daai groot vierkantige haak knoets wat agter op die sleepvoertuig is sit my af en jy kan eintlik net 'n karavaan met hom sleep, mits jy 'n A raam bracket vir elke trailer of sleep ding van jou sit.

Ja dubbel as sleep stabiel, ek weet ek het ook een, en ek sleep net 105km/h (GPS). Maar ek hou van die eenheid stabiliteit wat dit verskaf. Soos op vorige draad genoem is die verskil in met 'n stabiliseerder sleep die feit dat as 'n voertuig jou van agter in winderige omstandighede verby steek trek hy jou kombinasie as 'n geheel nader en los jou as 'n geheel. Daar sonder eers die wa dan die voertuig dan los hy die wa dan die voertuig.

Dit is ruk bewegings waarvan ek glad nie hou nie. Tans gebruik ek die toestel van BPW

Anti snaking

Hy knyp die sleep bal vas met friksie skywe aan die binne kant van die bal koppeling. Werk puik...


Leon hierdie coupling ly nogal baie goed op sy specs.
Dit lyk vir my of jy die bestaande eenheid voor op die karavaan los maar net die bal kopling stuk van die as afhaal en dan hierdie nuwe kopling daarop vasmaak. Dit maak dit baie maklik om dit so te doen.
Sien ek dit reg. Sal nou meer inligting soek.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 09:31:28 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Piet, as jy gaan vir die straightliner. Ek het die prosedures , dis nou mits jy dit nie saam kry nie.
Gaan kimberley caravans ve jou die wa besorg, dan kan hulle ook sommer die stab. installeer.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 09:35:52 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Sorry sien nou jy kyk na die haak van alko met friction pads. Vra die manne dat jy jou wa met dit verkies. Daai haak is die beste. Lyk asof oorseese waens ook net met dit uitkom (die wat ek al gesien het)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 09:39:05 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Piet, as jy gaan vir die straightliner. Ek het die prosedures , dis nou mits jy dit nie saam kry nie.
Gaan kimberley caravans ve jou die wa besorg, dan kan hulle ook sommer die stab. installeer.

Dankie Johan
Ja ek koop die nuwe karavaan daar by hulle en moet sommer al die goed wat ek wil op sit klaar reg kry voor ons hom vat.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 10:54:43 am
Arthur
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 05 Nov 2012
Experience: 31 years
Ek gebruik n Straightliner op my Exclusive. Ja hy is baie stabiel wanneer jy sleep maar ek verkies om n "stabeliser" te gebruik vir die onvoorsiene gevalle. Het vir baie jare gedurende Desember see toe gesleep en dis die tye wanneer daar mense op die paaie is wat se koppe uithaak. Jy kan ook dier artikel wat in die Oktober 2016 wegsleep verskyn het lees. Daar bespreek hulle verskeie stabiliseerders. Die Straightliner word tot in Europa gereken as een van die gevorderste stabiliseerder op die mark. Mens moet ook onthou die Exclusive is n groot wa en die wind van die kant af het nogal n redelike invloed op hom.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 11:08:53 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Net 'n korreksie Johan N. Die trapezium is vir waens tot 2000kg. Die straightliner is tot 4000kg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 13:32:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years


Leon hierdie coupling ly nogal baie goed op sy specs.
Dit lyk vir my of jy die bestaande eenheid voor op die karavaan los maar net die bal kopling stuk van die as afhaal en dan hierdie nuwe kopling daarop vasmaak. Dit maak dit baie maklik om dit so te doen.
Sien ek dit reg. Sal nou meer inligting soek.

Dis regso. As jy dit sou koop maak seker jy kry die bal cover by as ook die plastiese los bal wat jy in die haak moet indruk om die hefboom te kan laat sak. Sonder 'n bal in die haak kan hy nie toemaak nie.

Jy sal sien as jy dit koop.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2016 @ 15:46:55 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Ek sukkel nog om besluit te maak.

1) Die Straightliner lyk net vir my te laag na my sin. Moet seker nou nog aanpassings maak van die off-road kamp.
Die tweede punt is dat ek sal modifikasies moet maak aan die haak van die Ford want hy het n enkel bout haak en kan die monteering nie gedoen word van die straightliner nie.

2) Die BPW lyk baie mooi, al wat ek teen hom het is dat jy ander gate moet boor in die trekstang om hom te monteer.

3) Kyk ook nou na die Al-Ko AKS 3004, dan kry jy n heel nuwe eenheid, haal die ou een af, sit die nuwe een op en stel die rem kabels. Dit lyk na die maklikste maar is ook die duurste. Wag nou vir kwatasie.
Jurgens gebruik ook Al-Ko parte op die woonwaens.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required