Eerstens is dit 'n feit dat die antisway van voertuig eers begin werk as die karavaan reeds begin swaai het. Die stabiliseerder verhoed dat DIE SWAAI enigsins begin.
Tweedens sal jy minimum van die Straightliner stabiliseerder gebruik moet maak weens die gewig van jou Wa. Trapezium Developments verskaf 'n monteerstuk wat Gooseneck hakke akkomodeer. Koop direk by Trapesium Developments met regte monteerstuk. Want Campworld gaan jou die Gooseneck monteer stuk apart verkoop.
Let wel daar is ander stabiliseerders ook op die mark. Kyk bv na "BPW Anti snaking coupler". Ek gebruik hom op my Sensation Maia.
Goeie denke. My kar het ook ekektroniese stabiliseerder beheer, dit skop eers in as daar reeds swaai is.
Hoekom dra jy veiligheids gordels, hoekom het jy 'n spaarwiel, waarom spaar jy, ens ens?
Fanie ek het vir jou al n paar jaar gelede genoem dat jy moet die Amarok ingee op n Toyota dan sal jy geen probleme ondervind nie. Ek het nou vir 7 weke getoer deur die hele land . Nadat my Trapezium gebuig het na die eerste effense draai het ek hom afgehaal en 7000 km sonder probleme verder getoer. Groete Maurits van Rooyen Sandbaai. Ek hoop jy kyk nog goed na Caledon se woeste bestuurders
Francois welkom op die forum. Ek glo Johann het dit baie goed gestel. Ek is ook pro stabiliseerder om swaai te voorkom ipv te probeer regmaak as dit eers plaasvind. Bly jy het die regte raad hier onder die onderving gekry as om staat te maak op 'n verkoopspersoon.