English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 650
Total Replies: 207 929
Total Views: 81 147 446
topics: 9 960
replies: 111 951
views: 38 296 263
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Staanplekke

replies: 11
views: 281
19 Jun 2018 @ 08:50:49 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Ek kyk nou op 'n website waar daar fotos is van al Buffelspoort se staanplekke.  Baie handige website, wens almal wil daar join.  Toe val dit my op, dat al die paving blokke, is so geposisioneer dat jy meestal jou karavaan weg van die pad af laat staan maak.  Met ander woorde jou rug is gedraai op die pad. Daar is hier en daar wat jy jou wa aan die kant van die blok kan sit.  So jy kyk in 'n bos, rivier of ablusie blok vas.  So nou wonder ek, hoe slaan meeste mense op? weg van die pad af, of na die pad toe? ek hou daarvan om na die pad toe te kyk, want almal wat verby loop groet en dis gesellig. Toe ons by die Eiland gestaan het, waar paving blokke afwesig is, moes ons noodgedwonge weg van die pad af opslaan, dis al hoe die karavaan sou inkom.  Dit het die heeltyd gevoel ek is afgesonder van die res van die wereld.  So asof ons probeer weg kruip vir die mense.  Dit was nie vir my persoonlik lekker nie.  Wat is julle ouens se opinie oor watter kan toe jy opslaan?

Vir die wat nie weet nie, die website is http://campstandview.co.za/Home.aspx

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 09:23:34 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1092
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Oor die algemeen verkies ons daarvan om so te staan vir die beste uitsig.

Verkieslik, verkies ons nie om met gesig na die ablusie toe te staan nie, persoonlik is dit ongelukkig nie van pas vir my nie.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 11:11:17 am
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 510
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Ons dink soos Kitty hulle.

Kamp pad se kant toe. Meer gesellig en vriendelik. Almal groet en gesels gou soos hulle verbyloop. Ons geniet dit.

Agteruit kamp lyk of jy jou van die wêreld wil afsny en nie deel wil wees van die 'vibe' nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 12:01:02 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Ons dink soos Kitty hulle.

Kamp pad se kant toe. Meer gesellig en vriendelik. Almal groet en gesels gou soos hulle verbyloop. Ons geniet dit.

Agteruit kamp lyk of jy jou van die wêreld wil afsny en nie deel wil wees van die 'vibe' nie.

Exactly my punt.  ek hou van die paving blokke maar dit dwing jou half in 'n ding in.  Plus, baie keer is daar 'n boom voor die paving blok? hoe dink die mense? skuif net die paving verby die boom, sodat jy jou wa kan inkry en jou tent oor die paving blok opslaan.  Gelukkig in die geval is daar wel fotos om te help, maar meeste plekke het nie fotos nie, so as jy nog nie daar was nie, weet jy nie wat jy kry as jy daar kom nie. en baie keer is dit al hoe jy KAN opslaan, weg van die pad af, en dis nie lekker nie.  Ek verstaan weg van die pad af as jou aansig na 'n lyndraad van 'n wildtuin of reservaat is met die moontlikheid van verbygaande wild. Maar anders as dit sien ek nie die punt nie.

Is jou wa...of jou tent veronderstel om op die paving blok te gaan?

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 12:38:24 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1575
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ek stem saam oor die uitsig-aspek Kitty.  Die geplaveide staanplekke irriteer my egter grensloos omdat 'n mens so sukkel of die penne in te slaan.  Ek weet sommige mense neem 'n boor saam om gate te boor, maar ek wil nie nog eksta toerusting saamdra nie.  As dit reën is die sement natuurlik gaaf maar ek verkies om eerder my penne in die grond in te slaan en as dit nodig is, 'n grondseil te span. Ons het ook maar nog selde in die reën gekamp.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 12:56:42 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10470
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Kitty ons het ook al baie by Buffelspoort gekamp. Veral toe die kinders nog klein was.  die plaveisel lyk net of dit so geplaas is dat jy met rug na pad toe moet staan.  Ek het daai tyd nog die Penta gehad en die het ons op die staanplekke getrek soos wat dit op daai stadium gepas was.

Eenslag het vriende agter ons gekamp en toe was dit heel gepas om die wa se rug na die pad te draai.  Ons het toe selfs op die muurtjies tussen gesit en kuier.

Jy sal sien as jy daar kom dat jy eintlik jou karavaan enige manier op die staanplekke trek.  Jy is wel beperk as jy 'n groot wa het soos 'n Exclusive.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 14:13:19 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Ek het by 'n vriend geleer om te poog om my karavaan se tent (of stoeptent soos wat ons maar meestal gebruik) na die suidekant op te slaan. M.a.w. ek poog om my wa se rugkant na die noorde, of so na moontlik daaraan, te hou. In die warmer maande (en selfs in die winter in die Laeveld) het jy dan meestal skadu aan jou tentkant.

Dus - afhangende van die rigtings, kyk ons soms na die pad toe en soms weg of gedeeltelik weg van die pad af.

Ek hou nogal van plaveisel en het nog nooit probleme ervaar om my tentpenne in te slaan nie. Dalk net gelukkig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 22:58:56 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10182
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ons is ook geneig om na die pad se kant te kyk. Sekere oorde het areas wat so geskep is dat die middel punt n lekker kuier plek maak vir groepe. Laasjaar toe ons by Weesgerus was met n groep....toe het ons binne toe gestaan. Hierdie jaar was ons alleen....het toe met die tent straat se kant toe gestaan. Ons het al selfs dwars gestaan....soos by Karridene....maar dit was oor die wind.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 04:12:02 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1044
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Van die staan plekke by Buffelspoort kan jy net opslaan om pad toe te kyk, maar meerderheid kan jy enige kant toe kyk. 

Die plaveisel is nogal n probleem met die penne situasie. Het al n paar penne so verloor. Maar dit het ook hul voordeel indien dit reen. Soos alles het dit ook maar die soet saam met die suur.

Ons staan maar soos die staanplek hom daartoe verleen.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 06:11:54 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10470
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Iemand het reeds genoem van die koordloseboor wat gebruik word.  Ek gebruik so ou Black & Decker om die hoekstutte op en af te draai.

Dan ook twee lang masonary boor punte gekoop.  6mm dit net om die grond waar die hoeke van die stene op plaveisel bymekaar kom uit te boor dan gaan die reguit penne lekker gemaklik tussen die stene in. 8mm om op plekke soos by Bakgatla en Manyane selfs die KNP net deur die harde rooi grond te boor om dan die hoek tipe penne daarna maklik in te kap.

Plaveisel of grond no - problem ek sukkel nie met 'n pen nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 06:15:16 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5263
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

As jy getroud is met my vrou, sal jy moet doen wat sy wil en dit us sy wil n "view" he. Punt.

Wat die penne inslaan en paving  betref.... 

Staan oppie grond gedeelte en tent op paving. Dit werk beter vir tafels, grondseil skoon hou en en en.

Dan .... slaan die penne op die hoeke van die pave-stene in. Dit het gelukkig nog altyd vir ons uitgewerk.. en soos Leon se gebruik die boor om GROND uit boor, ek het al gesien iemand boor n gat in die stene. Dis nou baie stupid en onnodig.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 07:41:15 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 2 years

Ek hoor julle.  Toe ek laas as kind by buffelspoort was was daar nog nie paving nie, so jy kon staan soos jy wil.  Ek het so een of twee lekker stannplekke geidentifiseer op die webblad so kom ons hoop dit werk.  Wil graag volgende april vakansie gaan met die kiddies.

Ja jong, maak seker nie saak uiteindelik van die view nie, solank ek net kan kamp is ek happy

Ons ook laas jaar by weesgeru kant toe gestaan met vriende langsaan weer na ons kant toe.  Maar links van ons was seker 4 waens wat saam gekamp het en hulle het opgelsaan weg van die pad en lekker kuierplek gemaak by die braais. Maar ja, die een oom was ook besig en kon amper met sy boor nie in die grond kom nie.  Ons al maxcon penne so gebuig dan is pappa nie happy nie. 

EK dink ook die fotos op die website is bietjie misleidend, dankie vir die tip.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous