Jaco
Welkom. Ek het n 2007 Sprite Swing. Hom gesleep met Hilux 2.5D DC en Xtracab (ook 2.5D) Sleep soos n droom. Moes 2 jaar terug noodgedwonge ander sleep voertuig aanskaf en het n Suzuki Grand Vitara gekoop. 2.4lt Petrol 225Nm torque. Ja dit was n aanpassing van n Bakkie na n SUV, maar nadat ons mekaar begin verstaan het, sleep die Suzi hom n hond uit n bos uit. Het Desember met my seun se kar gesleep. Hyundai iX35 diesel. Net so lekker gesleep. En glo my, my vrou kan daai wa pak. As ek nie keer nie sal sy die sitkamerstel ook inpak.
Ek kan niks oor die ander waens se nie aangesien ek hulle nog nooit gesleep het nie.