English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 776
Total Replies: 269 593
Total Views: 83 853 919
topics: 416
replies: 5 817
views: 156 795
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Sprite Tourer SW Terugvoer Asb

replies: 8
views: 236
01 Apr, 2022 @ 18:46:23 pm
Shamwari
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 14 Mar, 2022
Experience: 37 years

Dagsê mense. Ek het redelik huiswerk gedoen, maar wk wil net graag terugvoer kry van die Sprite Tourer SW eienaars oor hoe hul voel oor hul karavaan. Hoe hanteer hul grondpad(laer druk in bande) en hoe kamp hul in die algemeen met die modelle - enige aanpassings voorstelle of raad in die algemeen sal verwelkom word! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr, 2022 @ 20:31:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Welkom hier op die forum.

Lekker kamp.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr, 2022 @ 20:38:42 pm
Shamwari
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 14 Mar, 2022
Experience: 37 years

Dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 10:25:04 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Dag sê!

Ek het so 'n 18 maande gelede my (2014) Sprite SW OffRoad aangeskaf, en, met een woord = FANTASTIES.

Ek het voorheen die SC gesleep (9 jaar) en altyd gedink dat dit 'n baie lekker karavaantjie is - klein, gerieflik, maar nie genoeg binne sitplek wanneer jy net vir een nag wil oorstaan en dan nie alles wou uitpak nie. Dus, die omskakeling na die SW - heerlik om vir 1 nag op pad iewers te stop, lekker eethoekie, bed is gerieflik (en die "hoek opset" is glad nie so erg nie)

Het al BAIE slegte grond en sinkplaat pad gery, met absoluut geen skade hoegenaamd nie. Alhoewel my sleepvoertuig toegerus is met 'n elektriese lugpomp, waarmee ek bande se druk kan verander, het ek nog nooit die banddruk op die karavaan verlaag nie. Regtig dit nie nodig gevind nie - die karavaan (gedoop "AWOL") loop in elk geval net agter die Touareg aan so, geen probleem. Het al 'n paar (5000 + km) toere onderneem met absolute plesier - hierdie is 'n baie lekker toer karavaan!!

Dingetjies om op te let ....

1. Die SW was van die begin af toegerus met 'n lieflike opset waar die buitenste werkstafel uitslaan om 'n redelike groot bergplek vir eetgerei, speserye ens. bloot te stel. Blykbaar vir ekonomiese redes het Sprite hierdie deel al kleiner gemaak (met 'n venster!) en, volgens ons, die "uniekheid" van die SW verwyder, Dus, sou ons 'n nuwe SW koop, wou Joanie dié fasiliteit wou laat inbou. Navraag het getoon dat dit 'n redelike duur ombouing sou wees, en daarom het ek dus 'n ouer (tot op 2014) SW gesoek. Die ander probleem met die nuwer SW's is die gaasdeurtjies wat deesdae gebruik word (blykbaar weereens vir kostebesparing). Ons model kom met die houtdeure wat dig sluit. Tussen hakies, die ekstra kant venster is volgens ons redelik onnodig - karavaan is lig genoeg binne.

2. Ons het die yskas vervang met 'n dubbeldeur ys - vrieskas. Ongelukkig die gerief verloor van die standaard yskas wat beide op gas en krag kan werk, maar nou ja.

3. Weens die feit dat my SW 'n lugreëlaar in die neus het, is die noodwiel agter die agteras geplaas (ek het nie geweet dat die SW blykbaar (??) standaard uitkom met die agterste hok vir 'n 2e noodwiel nie!!). Ewentwel, ek het 'n paar keer geoefen om die noodwiel van onder uit te haal en terug te plaas, en, natuurlik, behalwe die probleem om onder in te kruip, is dit glad nie so moeilik nie. Ek het egter van 'n 4x4 winkel 'n verlengingpyp gekoop vir die lugklep om die drukking van die band van buite te kan toets

4. Die luggat by die dak lek .........  volgens my is dié toevoeging sommer onnodig en ek het redelik moeite gedoen om dit met SikaFlex te seel. Ek het dit in elk geval nooit oopgemaak op stofpaaie nie, so, basta!

5. Ek kon nerens 'n neuskous kry vir die SW nie - óf geen voorraad of ander redes. Ek het dus vir my 'n neuskous laat maak, met die toevoeging dat ek die voorvenster apart kan oopmaak sou my trukamera vir een of ander rede probleme gee (jy ken vir Murphy!) Die neuskous het ook gekom omdat ons redelik baie grondpaaie ry en ek is bang vir skade met opskietklippies. Ook - tydens 'n toer is ons vir etlike kilometers deur 'n sprinkaanplaag en dit het my amper 'n week geneem om "Awol" se voorkant skoon te kry - groot gemors gewees!

Andersins, geen probleme hoegenaamd nie. Ons totale kilometers gesleep beloop al meer as 20 000 km so ek kan jou met reg aanbeveel na die karavaan toe! KOOP DIT!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 10:49:14 am
Shamwari
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 14 Mar, 2022
Experience: 37 years

Baie dankie Nico - dis nou deeglije terugvoer wat my sommer baie gerus stel! Moet sê - ek sien ook veranderings wat nie juis die karavaan beter maak nie. Nou ja, ons sien nou baie uit! Weereens dankie Nico

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 11:23:00 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Ons sal op die uitkyk wees vir mekaar!! Miskien omdat ek 'n SW het, maar ek moet erken ek het nog op die meeste van ons kampe een of 2 ander SW's gesien - redelike gewilde karavaan, en, (soos jy kan aflei hierbo) .... ek praat baie!😄 Nog nie van een eienaar gehoor wat ongelukkig is of probleme ondervind het nie!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 13:19:03 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Handelaars sê daai Sprite tourers verkoop soos soetkoek

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 13:35:57 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5126
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

 N karaavan wat prakties en gewild  is koop hom en geniet welkom oppie forum

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 13:53:32 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required