-  Classifieds  -  2015 Jurgens Exclusive  -  2015 Jurgens Elegance  -  2002 Sprite Splash  -  2014 Gypsey Regal  -  Forums  -  Water tank filler cap  -  Tools for caravans.  -  Travelling blanket.  -  Victoria Baai  -  News  -  Dube Specials 2020  -  Flat Cat Rates 2020  -  Laager 21 Ou Skip  -  Mini DV Video Recorder
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 648
Total Replies: 236 946
Total Views: 82 693 483
topics: 156
replies: 2 448
views: 59 181
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Sprite Swift Yskas

replies: 2
views: 74
11 Nov 2019 @ 09:08:21 am
Nartjie
New Member
85% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 11 Nov 2019
Experience: 3 years

Hi Almal,

ek is redelik nuut op die kamp ding en het asb raad nodig.

Ons het n 1987 (ongeveer) geerf by my vrou se oorlede oupa. En nou wil ons ons kinders begin wegvat vir kampe met die karavaan.

Net een ding vir nou, die yskas skakel nie aan nie sodra daar "DC" gekoppel word nie. Werk die yskas net met gas of werk hy ook op "DC"??

Enige advies sal waardeer word.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 17:32:37 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar by julle is n goeie handelaar.

Gaan hoor by hulle, dalk kan hulle help want hulle doen herstel werk.

Laatweet anders moet jy Pretoria toe kom.

Hier is baie wat kan help, maar glo nie jy het die tyd nie.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 10:13:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hi Almal,

ek is redelik nuut op die kamp ding en het asb raad nodig.

Ons het n 1987 (ongeveer) geerf by my vrou se oorlede oupa. En nou wil ons ons kinders begin wegvat vir kampe met die karavaan.

Net een ding vir nou, die yskas skakel nie aan nie sodra daar "DC" gekoppel word nie. Werk die yskas net met gas of werk hy ook op "DC"??

Enige advies sal waardeer word.

 

 

'n Groot welkom vir jou hier op die forum.  Hoop jy gaan daai wa sleep dat jy wiele moet vervang omdat hulle afgeloop is en nie net oud is nie.

Jacques die yskas werk net op 220V en op gas.  By die beheer paneel van die yskas moet daar 'n skakelaar wees wat jy 220V of 12V kan kies as dit nie daar is nie is dit net 220V en Gas.

As die skakelaar na 12V wel bestaan, dan moet jy seker maak die yskas is bedraad daarvoor.  Daar moet dus drade van die battery af na die element agter die yskas toe gaan.  Die element trek gewoonlik heelwat krag so die kanse dat die wa so bedraad is, is skraal.  Dit sal die karavaan se battery in 'n kort tyd pap trek.

Dan kan die 12V gedeelte van die yskas bedraad wees om deur die punt no 2 van die krag prop op die kar te werk.  Maar dit beteken jou voertuig moet bedraad word vir dit.  Met ander woorde daar moet 12V krag voorsiening wees op punt 2 aan die voertuig kant.

Laastens moet jy in ag neem dat die tipe ABSORBSIE yskaste WERK NET as hulle stil staan en dan 100% waterpas is.  (Dis die hoof rede waarom die klein ronde waterpassie altyd in die yskas van 'n karavaan te vinde is).  So om die uitgawe aan te gaan om jou voertuig te bedraad sodat die yskas aan is met 12V terwyl jy ry is basies "Fruitless expenditure".

Al die normale yskaste se isolasie is van so aard dat as jy die goed koud en dit wat gevries moet wees gevries in die yskas pak sal jy steeds gevriesde goete en koue goete hê teen die middag wat jy by jou bestemming aan kom.

Hoop die informasie help.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required