English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 568
Total Views: 83 541 682
topics: 11 962
replies: 144 649
views: 39 504 797
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sprite Sunway: Hoe ruil jy die fuses om?

replies: 7
views: 170
18 Jul 2021 @ 15:47:36 pm
BigArnie
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 18 Jul 2021

Goeiemiddag almal, my familie is nuut tot die karavaan-wêreld alhoewel ons baie kamp ervaring het. Hierdie lyk na 'n fantasiese forum!

Lang storie kort, hoe vervang mens die fuses op 'n Sprite Sunway? Dit lyk vir my die fuses moet aan die agterkant uitkom maar daar's klomp drade in die pad. Is dit regtig veronderstel om so moeilik te wees? Lyk of daar so 'n oop draad tussen al die fuses loop wat dinge verder kompliseer want as jy een fule losmaak, dan gaan daardie draad verhoed dat jy hom kan losmaak van al die ander. Die spesifieke fuse wat pla is die radio s'n.

Ek sien hier's baie kundige mense op hierdie forum en ek sal enige advies baie waardeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2021 @ 17:51:48 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 04 Jan 2021

Die radio is bygebring met ń "Quick Job" wat die bedrading sleg laat lyk.

Haal die draad uit en vervang die "fuse" en herbedraad dit weer volgens wense om maklikker by fuse te kom.

As hy weer "Pop", begin met foutsporing.

Dit is gewoonlik ń "Earth" draad wat dit veroorsaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2021 @ 18:23:16 pm
BigArnie
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 18 Jul 2021

Hello Gerden,

Baie dankie vir die goeie raad. Ek gaan verseker so maak. So hoe kom ek by daai fuse by? Moet ek die groot moer wat die hele fuse holder agter die paneel vashou uitdraai en dan kom die fuse aan die voorkant uit? Indien wel, gaan daai oop stuk draad wat lyk soos 'n stuk binddraad wat al die fuses aan mekaar konnekteer, nie dalk verhoed dat die ding beweeg nie? Baie dankie weereens. Ek sien ek gaan nog lekker kuier en baie leer op hierdie forum.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2021 @ 18:48:09 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 04 Jan 2021

Lê die drade soos jy wil hê, sonder om te sukkel in die toekoms.

Ek sien alle drade is Blou???

Weereens "Quick Job".

Hernie die bedrading in kleur:

- Groen = Earth.

- Blou = Nutraal.

- Swart of Bruin = Lewendig.

"DANIIE SLK"mag ook hulp gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2021 @ 19:02:29 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Welkom tot die Forum Arno

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2021 @ 20:54:12 pm
BigArnie
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 18 Jul 2021

Baie dankie, ouens. Ek het nogal gedink dit kan nie reg wees dat omtrent al die bedrading dieselfde kleur is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2021 @ 22:36:57 pm
Douglas Green
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 539
Joined: 06 Sep 2010
Experience: 12 years

Hi Arno
Ek is nou lankal op pensione, maar het vir baie jare op die ou groot computers gewerk. Die fuses wat jy daar het is "spring-loaded". As jy hulle instoot behoort hulle om los te maak dan outspring. As die fuse-holder vervang moet word dan moet jy van agter werk met die bedrading.

Been there--done it. ( Talking about the bathroom )
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2021 @ 08:42:49 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4127
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Dis eintlik heel eenvoudig.  Aan die voorkant onder aan die vierkantige blokkie waarop "Fuse" staan, is 'n klein gleufie.  As jy dit nie uitkry soos Douglas Green verduidelik nie, dan druk jy net iets soos 'n klein skroewedraaier daar in dan skiet die deel uit saammet die sekering.  Jy hoef niks aan die anderkant van die paneel te doen nie, behalwe as die sekering dalk oorverhit het en vasgesmelt het.  Ons Sprite Supersport het so 'n paneel gehad en hoewel ons hom al etlike jare gelede verkoop het, is dit soos ek dit onthou.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za