English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 012
Total Replies: 259 346
Total Views: 83 471 000
topics: 331
replies: 4 789
views: 122 438
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Sprite Sport (pop up) se dak oppervlakte

replies: 10
views: 151
09 Oct 2020 @ 08:28:20 am
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Daar is 'n raamwerk om die bokant my Sprite se dak wat 'n effense rif bokant die dak oppervlakte tot gevolg het, ek weet nie of dit standaard is of of die rubber strook later aangebring is nie.

Dit veroorsaak dat indien dit enigsens reen, die water bo-op die dak vergader.

Dit help ook nie veel dat dit lyk of die dakoppervlakte nie 100% gelyk is nie maar effe ge"sag" het.

Geen huidige lekkasie agv hiervan nie, maar die bietjie water le dus daar tot dit verdamp.

 

Is julle pop up dakke soos 'n tafelblad sonder enige rif om die bokant/bo-op, of is myne normaal?

 

Dankie

Pieter

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 08:33:28 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10330
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Kan nie onthou fat ek so it gesien het nie.

Het altyd my wa so gelig dat die water en dow moet afloop, water het darm net n milimeter skuinste nodig.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 09:13:13 am
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Dan het joune nie 'n "rif" rondom nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 09:51:37 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10330
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Nee hy het nie, het nou n classique.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 11:20:23 am
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Is joune 'n voldak?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 13:58:07 pm
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 150
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 41 years

Dit kan dalk nog n ou hout dak wees?

Die rif help om die dak te versterk.

Vat jou ystersaag en maak n V kepie op elke hoek van die dak. Maak net seker jy saag nie in die hout in nie. Dan gaan dit vrot daarso.

Parkeer die wa dan net so n tikkie skuins dat die water na n kant toe loop. Verkieslik weg van die tent af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 14:10:18 pm
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Dankie Wetkot

 

Indien ek daaraan tik, klink die dakoppervlakte soos dun plaat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 14:11:23 pm
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Jammer; Wetkit

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 14:40:03 pm
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 150
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 41 years

Kyk, my Penta se ou dak was ook van hout.

Dis mos dieselfde as die sykante van die karavaan.

Baie dun plaat aan die buitekant. Die raamwerk is van hout en weer hout vineer aan die binnekant.

Wat jy voel is die plaat aan die buitekant van die dak. Daar moet jy nie karring nie, anders gaan dit lek en kan dit dan begin vrot.

 

Ander opsie is om as dit klaar gereen het, dan laat sak jy net een kant van die dak vir n paar minute totdat die ergste water afgeloop het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 16:15:53 pm
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Dit is die bokant van die dak waarna ek verwys wat plaat is en wat self 'n effe dip gemaak het na die een hoek toe en dan is daar die rif reg rondom.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2020 @ 16:56:44 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1340
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Daar is 'n raamwerk om die bokant my Sprite se dak wat 'n effense rif bokant die dak oppervlakte tot gevolg het, ek weet nie of dit standaard is of of die rubber strook later aangebring is nie.

Dit veroorsaak dat indien dit enigsens reen, die water bo-op die dak vergader.

Dit help ook nie veel dat dit lyk of die dakoppervlakte nie 100% gelyk is nie maar effe ge"sag" het.

Geen huidige lekkasie agv hiervan nie, maar die bietjie water le dus daar tot dit verdamp.

 

Is julle pop up dakke soos 'n tafelblad sonder enige rif om die bokant/bo-op, of is myne normaal?

 

Dankie

Pieter

 

 

 

plaas foto dat ons kan sien asb

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za