English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 962
Total Replies: 225 137
Total Views: 82 160 977
topics: 889
replies: 11 880
views: 3 179 794
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Sprite Splash Hi-Rider

replies: 53
views: 727
page 1 of 2
29 Aug 2017 @ 20:51:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek sien agter op die September uitgawe van Kamp & Karavaan adverteer hulle n Sprite Splash Hi-Rider. Hulle sê dis nie heeltemaal n boswa nie, nie net n teerpad karavaan nie...iets tussen in. 1800kg swaardiens as en groter wiele.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2017 @ 20:56:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Skuus...foto nie baie duidelik nie...van tydskrif afgeneem
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 06:04:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Is dit nie maar net 'n Sprite Tourer SC in 'n Splash uitleg aan die binnekant nie?

Ek vra maar want dit lyk so.   Ek nog nie regtig gekyk na die grondpad waens se uitleg aan die binnekant nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 07:26:32 am
Anonymous

Ek wonder hoe verskil die 'swaardiens as' van die bestaande een?  My 2011 Splash se gat stamp oor die kleinste hobbel so miskien moet ek my wa groter wiele opsit maar ek weet nie of dit gaan pas sonder ander veranderinge nie?

Ek dink die Splash het maar net 'n ander kleur verf gekry.........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 07:57:39 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Niks om te lig nie maar so baie ander dinge wat ook in ag geneem moet word. Ek dink die laaste waaraan die mense dink is dat die tente kan ook nou kort kan wees.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 08:08:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Niks om te lig nie maar so baie ander dinge wat ook in ag geneem moet word. Ek dink die laaste waaraan die mense dink is dat die tente kan ook nou kort kan wees.


Goeie punt....wonder of hulle daaraan gedink het. Klink of dit net beskikbaar is by Kennis karavane...hulle eie ombouing?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 08:16:03 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years


Goeie punt....wonder of hulle daaraan gedink het. Klink of dit net beskikbaar is by Kennis karavane...hulle eie ombouing?

Ek glo dat Kennis wel die tent ook aanpas. Miskien 'n heeltemal ander tipe tent en kleurskema.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 09:13:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
R269000
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 12:32:31 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 122
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years

Ek wonder hoe verskil die 'swaardiens as' van die bestaande een?  My 2011 Splash se gat stamp oor die kleinste hobbel so miskien moet ek my wa groter wiele opsit maar ek weet nie of dit gaan pas sonder ander veranderinge nie?

Ek dink die Splash het maar net 'n ander kleur verf gekry.........


My 2010 Splash se as kapasiteit is 1400kg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2017 @ 15:34:18 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Gravel roader kry ook verstweigde "body" an die "flex" te vermy...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2017 @ 12:03:43 pm
Gadgets
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 08 Jul 2014
Experience: 50 years
Goeie dag almal,
Ek lees met belangstelling die skrywe oor die Sprite Splash waarvan die stert nou en dan in die stof sleep. Ek het ook een en die arme agter "steadies" kry swaar, soveel-so dat ek hulle alreeds met swaardiens eenhede moes vervang.
Ek onthou jare terug was daar rubber kussings wat mens in 'n voertuig se vere kon insit en dan met lug kon oppomp om die vrag makliker te kan dra. Sal sulke kussings nie moontlik help om die wa effens te lig om die gatstamp te verminder nie. Die wa mag nou wel van agter soos 'n krimpvarkie op spoed lyk, die agterkant sal egter dan minder stamp en wanneer mens dan kamp word die kussing net afgeblaas sonder dat daar tent probleme ontstaan.
My straaltjie, dankie en lekker kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2017 @ 16:22:34 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 122
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Goeie dag almal,
Ek lees met belangstelling die skrywe oor die Sprite Splash waarvan die stert nou en dan in die stof sleep. Ek het ook een en die arme agter "steadies" kry swaar, soveel-so dat ek hulle alreeds met swaardiens eenhede moes vervang.
Ek onthou jare terug was daar rubber kussings wat mens in 'n voertuig se vere kon insit en dan met lug kon oppomp om die vrag makliker te kan dra. Sal sulke kussings nie moontlik help om die wa effens te lig om die gatstamp te verminder nie. Die wa mag nou wel van agter soos 'n krimpvarkie op spoed lyk, die agterkant sal egter dan minder stamp en wanneer mens dan kamp word die kussing net afgeblaas sonder dat daar tent probleme ontstaan.
My straaltjie, dankie en lekker kamp

Ek vermoed die kussings wat jy noem kan nie op die karavaan gebruik word nie aangesien dit die "rubberas" stelsel het. Die kussings werk op kronkelvere. Ek het wel al gelees dat die karavaan se bakwerk gelig kan word met "spacers". Dalk is daar manne wat kennis daarvan het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 07:53:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 07:54:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sien die prys het nou gesak na R 229.000

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 07:05:17 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As iemand weet van een wat te koop is...laat weet asb!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 07:10:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit lyk na 'n baie netjiese wa op die foto.  Waar het jy gesien die prys het gesak Geert?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 07:16:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit lyk na 'n baie netjiese wa op die foto.  Waar het jy gesien die prys het gesak Geert?

Daai is n plasing van 2017. Wens dit was vandag so.....pryse het darem drasties die lug ingeskiet. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 08:19:01 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1585
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Loftus maak die kalaharie, kennis maak die backtrax en Kempton caravans maak die gravel roader.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 09:12:23 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Toe ek gister specs soek, kom ek op hierdie Splash6 af...1ste keer dat ek van hom hoor. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:03:02 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hy slaap ses mense.  Boet baie pakplek in as die lengte van die wa standaard bly soos die van 'n Splash.

Gaan verseker werk vir 'n groot gesin.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:06:18 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek het einde verlede jaar n Splash op Parys gesien met dubbel as. 

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:07:40 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Weet iemand anders ook daarvan ??

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:10:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Negatief.  Ek het vermoed ek het al 'n dubbel as Sprite Karavaan gesien maar dis 'n baie ou model gewees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:12:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Was 'n ligte blou kleur en hy het twee deure gehad een voor en een agter die wiele aan tent kant.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:15:11 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek self het in die 70 's  n Gypsy 5 gehad met dubbel as en twee deure. Maar hierdie Splash was beslis van die nuwerevwaens.

Nico Ski  weet ook daarvan.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:26:32 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee wat ek glo nie.  Julle het julle misgis.  Want hier is nie fotos nie..............laughinglaughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 12:50:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het einde verlede jaar n Splash op Parys gesien met dubbel as. 

 

Het al hom gesien op fb....ek het eers gedink dis ge-photo shop, maar die persoon het toe fotos geplaas van hoe hy binne verander het.....baie netjies gedoen. Ek het êrens nog die foto....sal kyk of ek hom kan opspoor en hier plaas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 13:43:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink hierdie is ge photoshop....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 13:48:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Moet wees, maar die Splash was n ander storie. Die vetkeer was biki erg dié dag anders kon ek ge U-turn het en hom voorgekeer het.

My swaer .. n Splash einaar wil ook weet. Daar moes n binne uitleg verandering gewees het

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 13:52:38 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

As iemand weet van een wat te koop is...laat weet asb!

Soek jy een vir jouself Geert? 

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 14:09:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Soek jy een vir jouself Geert? 

Ja Nico

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 14:11:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Oom Jeep het nounet vir my hierdie foto gestuur. Dis dieselfde een waarvan ek praat.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 14:22:01 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Loftus maak die kalaharie, kennis maak die backtrax en Kempton caravans maak die gravel roader.

Al drie is "gravel roaders" Nico, Kempton noem hulle sin die Nomad.

Kempton bou bykans enige model karavaan om na die Nomad.

Loftus (sovêr ek weet) en Kennis doen net die Sprites, 2010 modelle en nuwer.

Ek het aan die begin van die jaar kwotasies by al drie gekry vir my Swing. Kempton en Kennis sin was min of meer dieselfde, maar Loftus was ongeveer 'n derde duurder.

Ek het nie van die Nomad se "looks" gehou nie, en daar was 'n paar goedjies wat hulle nie kon of wou doen nie, b.v. die agter venster solied maak as ek reg onthou. Toe gaan ek maar vir die BacTrax by Kennis.

Die Splash Hi-Rider is net hoër, met die 1 800 kg as en 15" wiele. Dit het nie al die versterkings en stof digting wat nodig is vir 'n grondpad karavaan nie. Op die foto kan gesien word dat dit b.v. nie die "wind deflectors" of die "protection bars" het nie. As ek reg verstaan het is die Splash te lank om 'n goeie grondpad karavaan te maak, hoewel ek dink Loftus het hulle wel so omgebou as die Kalahari.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 14:28:45 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Kyk wat ek hierbo gesê het Geert.

Ek weet nie wat jou rede is nie, maar as dit nie is om 'n groter karavaan te hê nie, jy het mos 'n Swing, lyk vir my na 'n redelike nuwe model (na 2010), so ek vermoed dit gaan baie goedkoper wees om jou Swing 'n BacTrax te maak as om dit in te ruil op 'n Hi-Rider en dan het jy 'n "gravel roader".

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 16:46:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Kyk wat ek hierbo gesê het Geert.

Ek weet nie wat jou rede is nie, maar as dit nie is om 'n groter karavaan te hê nie, jy het mos 'n Swing, lyk vir my na 'n redelike nuwe model (na 2010), so ek vermoed dit gaan baie goedkoper wees om jou Swing 'n BacTrax te maak as om dit in te ruil op 'n Hi-Rider en dan het jy 'n "gravel roader".

Nico. Ek het n Splash gehad en hier verkoop einde 2016. Die rede was hoofsaaklik oordat die Splash netnet nie by my huis kon staan nie, maar die Swing wel. Dit was redelik n slep om naweke weg te gaan as ek eers my karavaan elders moes gaan haal....karavaan kon nie by die huis staan nie, so ons moes basies na die oord ry vanaf daar waar ek die karavaan gebêre het.....gevolglik ook bagasie soos al die klere in tasse ensovoorts.

Elke keer as ons kamp dan sê ek en my vrou vir mekaar hoe ons daai Splash mis.....dis miskien net 600mm, maar dit maak groot verskil binne, veral ook beweeg ruimte by eilandbed.

Ons het intussen paar veranderings by huis aangebring wat nou netnet weer n Splash sal kan huisves, maar die grootste is basies dat hy bietjie hoogte sal moet hê om by erf uit te kom sodat agterkant nie stamp nie. Ek het toe gedink aan hierdie wa wat hoër is en dan ook tergelyke tyd reg is vir grondpaaie. Ek het vanoggend met Kennis karavane gesels en hulle het genoem dat hulle ook op die Splash die extra stof digting doen en wind deflectors ensovoorts opsit om reg te maak vir rowwer paaie, maar noudat jy dit noem sien ek dit ook nie op die wa op die foto nie? Wat my wel bietjie pla is dat die wa heelwat swaarder is en ek nie weet hoe 2.2 Ranger hom gaan trek nie.....hulle praat van 1600kg ongelaai. 

n Ander wa wat ek baie van hou is die Quantum Connect. Dis basies vir 2 mense en het n vol badkamer, maar as ek hom sal koop sal dit wees vir baie lang termyn belegging aangesien ek nie huidiglik groot behoefte het aan badkamer nie....is nog geseend om maklik oord se geriewe te gebruik, maar sal seker in die toekoms verander en dan gaan dit goed werk vir ons

Alles is maar net gedagtes nog....geen definitiewe planne nie. Miskien juk my agter ent nou onnodig noudat daar bietjie meer spasie by die huis is.....moet maar rustig hieroor dink. Die Swing sleep soos n droom en is maklik hanteerbaar

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 16:57:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Oom Jeep het nounet vir my hierdie foto gestuur. Dis dieselfde een waarvan ek praat.

Shoe die wa lyk rerig Chapperig.  Hy is verseker langer as n gewone Splash.

Gaan die ekstra lengte steeds vir jou kan werk by die huis Geert.  Want dis verseker meer as n gewone Splash

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 17:15:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Shoe die wa lyk rerig Chapperig.  Hy is verseker langer as n gewone Splash.

Gaan die ekstra lengte steeds vir jou kan werk by die huis Geert.  Want dis verseker meer as n gewone Splash

Nee Leon...die Hi-Rider heelbo. Die dubbel as is n wa wat die eienaar vir homself so ombou het. Ek weet sy terugvoering was destyds dat daai wa met die dubbel as soos n droom sleep

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 17:19:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Chapperig.  Nou is ek weer by.  Sal my ooge oop hou en hand opsteek as ek iets te siene kry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 18:27:43 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Geert

Hier kan jy sien wat ek bedoel, op hulle eie advertensie noem hulle die BacTrax 'n "Crossover Rough-Road Caravan" en die Hi-Rider noem hulle "Not a fully-fledged rough-roader but something in between".

Die BacTrax het meer om die lyf.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 18:54:58 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Geert

My wa se tarra voor omskakeling was 1 016 kg + wat ook al die aircon weeg.

Na omskakeling is die tarra nou 1 280 kg met die aircon ingesluit dus 264 kg swaarder.

Ek kan darem nie dink dat 'n Spash se omskakeling die tarra oor +/- 1 350 kg kan druk nie, wat jou dan nog met 250 kg los wat jy dit kan laai om by 1 600 kg te kom of 450 kg as jy wil werk op die as se "rating".

Ja, ek neem nie nou die wetlike aspekte in ag nie. Dit kan reggestel word met moeite.

My wa se "papiere" is in om die tarra te wysig na 1 280 kg en die GVM na 1 680 kg.

Ek gaan nooit my wa met 400 kg (kan) laai nie, maar dan weet ek ek is veilig by 'n weegbrug en dan is my kombinasie mooi in lyn met die GCM wat 4 330 kg is.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 19:02:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert

My wa se tarra voor omskakeling was 1 016 kg + wat ook al die aircon weeg.

Na omskakeling is die tarra nou 1 280 kg met die aircon ingesluit dus 264 kg swaarder.

Ek kan darem nie dink dat 'n Spash se omskakeling die tarra oor +/- 1 350 kg kan druk nie, wat jou dan nog met 250 kg los wat jy dit kan laai om by 1 600 kg te kom of 450 kg as jy wil werk op die as se "rating".

Ja, ek neem nie nou die wetlike aspekte in ag nie. Dit kan reggestel word met moeite.

My wa se "papiere" is in om die tarra te wysig na 1 280 kg en die GVM na 1 680 kg.

Ek gaan nooit my wa met 400 kg (kan) laai nie, maar dan weet ek ek is veilig by 'n weegbrug en dan is my kombinasie mooi in lyn met die GCM wat 4 330 kg is.

Ek het al gewonder waar daai baie ekstra gewig inkom. Ek het vir Kennis gevra om specs te epos....nog niks gekry nie. Sal sommer hier plaas as ek kry. Is jou voortent se lengte aangepas om by hoër wa aan te pas?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 20:29:43 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Ja Geert, ek het 100 mm stroke laat inwerk tussen die tent en die plastiek onder kante.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 16:09:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 17:59:14 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daars hy Geert go for it.  Dis mos wat jy soek

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 22:13:41 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Ek dink jy moet eers kwotasies vir beide opsies kry om jou Swing om te skakel, Geert.

Dan jou somme maak en ook vir jou self uitmaak of jy grondpaaie wil ry of nie.

Dis my beskeie mening.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 20:41:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Kennis het my nou laat weet dat hulle nie meer hierdie karavaan vooraf maak en verkoop soos op foto nie. Hulle kan my wel help om enige huidige Swing of Splash om te bou na die specs van n Hi-Rider....kostes daaraan verbonde is omtrent R32k. Basies n 1.8ton as, spacer en 15" wiele. Hulle noem wa is dan omtrent 15cm gelig.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2019 @ 21:50:07 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Kennis het my nou laat weet dat hulle nie meer hierdie karavaan vooraf maak en verkoop soos op foto nie. Hulle kan my wel help om enige huidige Swing of Splash om te bou na die specs van n Hi-Rider....kostes daaraan verbonde is omtrent R32k. Basies n 1.8ton as, spacer en 15" wiele. Hulle noem wa is dan omtrent 15cm gelig.

Ja Geert, dis omtrent die prys wat ek in my kop gehad het voor BTW. BacTrax is so +/- R 12 000 meer voor BTW as jy nie die 12V stelsel met yskas vat nie. Dis die een sonder die ensuite.

Sterkte met jou besluite.laughing

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2019 @ 07:03:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kom ons sê jy skakel die huidige Swing wat jy het om.  Wat gaan jy ekstra/meer in die wa laai na die ombouing.  As dit ek was niks nie want my kamp "setup" is lankal uitgesorteer.

Dus hoef jy nie die as te vervang nie. Gaan kyk of jy die grooter wiele in die hande kan kry waarvan die PCD dieslfde is as die wat tans op jou wa is.

Al wat jy dan moet doen is betaal net vir die spacers en arbeid om dit geinstaleer te kry.

Dan is jou wa hoër soos jy benodig met die groter wiele.

Onthou van die begin af was die wa nie omgebou as 'n gravel roader nie. Want dis alles addisioneel.

Dink jy gaan die goed koopste wegkom by PTA Oos karavane vir die spacer en arbeid.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2019 @ 07:06:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terloops hulle het die spacer vir die huidige eienaar van my vorige Classique ingebou. Die wa is nou hoër en skuur nie meer by die driveway nie.

Hy het nie groter wiele gevat nie net die spacer op huidige as.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2019 @ 07:41:08 am
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Leon, ek is onder korreksie maar ek dink die spacers werk net, wat die Sprites betref, op 2009 en ouer modelle.

2010 modelle en nuwer het die modulêre onderstel waar spacers nie werk nie.

Ek dink ook die verandering van die as gaan nie soseer om meer te laai nie maar om 'n slegte pad te kan hanteer (dis sterker). Met die Hi-Rider sal jy 'n slegte, slaggat teerpad kan ry.

Dalk ook om die 6 gat 15" rim te kan vat. Ek weet nie of mens 5 gat 15" rims kry nie. Ek veronderstel 'n 6 gat rim is sterker as 'n 5. Dis wat ek dink.

Verder bring hulle nog versterkings op beide opsies onder die agterste gedeelte aan.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2019 @ 07:50:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nico die Classique het ook die modulêre onder stel wat aanmekaar bout.  Hulle het die as en sy deel van die onderstel losgemaak en uitgehaal. Die spacer bo die geinstaleer en toe weer die onderstel aan die spacer en res van die as se deel vasgebout.

Ek het net fotos daarvan gesien by 'n werks funksie verlede November.  Duidelik is dit meer werk en "dedicated" maak van spacer en onderdele as normaal weg maar dis moontlik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2