English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 924
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 246
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sprake van 'n toelaag vir alle mense tussen 18 en 59.

replies: 10
views: 315
15 Jul 2020 @ 10:11:01 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek lees dat minister Lindiwe Zulu op 'n media konferensie aangekondig het dat die regering 'n nuwe maatskaplike toelae oorweeg vir mense tussen die ouderdom van 18 en 59 wat nie vir enige ander toelaag kwalifiseer nie.

Mike Schussler sê ons kan dit nie bekostig nie omdat 'n bykomende  twee miljoen mense dan van 'n toelae afhanklik sal wees.

Daar word ook gesê dat toelaes tans 3.5% van die land se bruto binnelandse produk opeis. Met so 'n toelae sal dit styg na 7%. 

Waar die geld vandaan moet kom weet nugter - seker maar nog gaan leen!

In beginsel stem ek saam dat na die hulpbehoewendes omgesien moet word. Werkskepping is egter eerste keuse. "Give a man a fish and you have given him a meal, teach him to fish and he will feed himself."

Die vraag is egter of 'n lui mens self sal wil gaan werk as die maaltye daagliks na hom toe aangery word.

Wat my ook van so 'n toelaag bekommer is dat dit as 'n wortel by die stembus voorgehou kan word wat sê as jy nie vir die regerende party stem nie, dan verloor jy jou toelae.

Ek het dus een voorbehoud vir alle toelaes. Indien jy 'n toelae van die staat ontvang verbeur jy outomaties jou stemteg. Dan sal niemand met 'n toelae "omgekoop" of afgedreig kan word nie. Die kans dat dit egter sal gebeur is net so goed soos dat die maan in kaas sal verander!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 11:09:26 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 322
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

Die eerste en grootste probleem met die voorstel is die feit dat daar nie geld is daarvoor nie. Die wat belasting betaal (wat 'n baie klein persentasie is) sal dan nog meer moet opdok en dit met die beoogde gratis gesondheidsplan ook nog in die vooruitsig. Tweedens gaan 'n groot deel van die geld weer in die verkeerde hande beland as gevolg van bedrog of korrupsie. Derdens kweek dit 'n situasie van ontvang sonder om iets daarvoor te doen. iets waarvan daar reeds te veel is.

Dis bly maar 'n moeilike situasie. Maak nie saak of daar koskoepons of kospakkies uitgedeel word nie, dieselfde bedrog veroorsaak dat 'n groot deel nie uitkom by die wat dit nodig het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 11:43:00 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As die plan ooit tot uitvoering kom, sal dit sekerlik net vir mense sonder 'n werk wees.  Dis sal ook waarskynlik so klein wees dat enige persoon wat kan werk, dit eerder sal doen want dan sal hy/sy meer verdien.  Ek is ook maar kriewelrig as daar sprake is om nog van my geld te vat, maar as 'n mens dink aan die ellende van mense wat permanent geen werk het nie- en dit is hier by die 30% van moontlik ekonomies aktiewe mense, versag dit my hart so 'n bietjie.  Onthou ook dat armoede die Franse- en ander revolusies tot gevolg gehad het en dan het die rykes nie net 'n bietjie van hulle welvaart moes prysgee nie-  hulle het alles verloor- selfs ook hulle lewens.   Dis nie 'n geval van luiheid nie- dis 'n geval van dat daar werklik nie werksgeleenthede is nie.  Mense wat vullissakke stroop vir afval en moontlik net genoeg verdien om nog 'n dag te kan eet, is nie lui nie- hulle is baie produktief. Sou enige van ons dit oorweeg as ons werklik geen ander manier het om kos te kan koop nie? Probeer julleself in so 'n situasie indink.

Oor die gesondheidsplan moet ons maar sien wat gaan gebeur, maar ek is nie oortuig dat dit ooit sal gebeur nie.  Die vorige minister van Gesondheid het dit hard gedryf en in beter ekonomiese tye kon hy dit nie deurgevoer kry nie.  Dit klink nie vir my of die huidige minister sy entosiasme deel nie en daar is nie geld daarvoor nie.  Ek dink ook die virus het die hospitale so bietjie van 'n skop gegee wat dalk ook sal maak dat dit dalk nie meer so nodig geag word nie.

En ag, die gedurige verwysing na bedrog is maar 'n bietjie van 'n holruggeryde perd- kom ons laat dit maar.  Kan elkeen wat na bedrog verwys, eerlik sê dat hulle nog nooit 'n verkeersman 'n ietsie in die hand gestop het om 'n boete te vermy nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 11:59:41 am

Fred, ek werk daagliks met die "holruggeryde" onderwerp van begrog en sien hoe miljarde nie uitkom waar dit moet nie. Vandaar my vermelding daarvan. En ja ek kan se dat ek nog nooit 'n verkeersbeampte omgekoop het nie.

Ek deel wel jou simpatie met die mense wat niks het nie en nie werk kry nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:14:05 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ongelukkig is die toelaag n euwel wat nooit die lig moes gesien het nie. Om n mens-toelae aan te wend is net om moeilikheid te soek. Daar is klaar te veel mense op aarde.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:46:18 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Max, ek ook nie al is daar soms geskimp daarvoor.  Maar nie almal kan dit sê nie, en my mening is dat as jyself skuldig is aan bedrog, het jy geen reg om vingers na ander wat ook skuldig is te wys nie.  Bedrog is bedrog, of dit nou groot of klein is- dis 'n kwessie van morele instelling wat jy het of nie het nie. As jy bereid is om om te koop, sal jy beslis ook jou hand in die kassie steek as jy die geleentheid sou hê.   Ek ken oënskynlik goeie eerlike mense wat met die huidige Covid19 krisis, werkloosheidsversekering geës het vir hulle werkers en slegs 'n deel daarvan aan die mense uitbetaal het.  Dieselfde mense wat al aan my erken het hulle het verkeersmanne omgekoop.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 13:44:23 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Ja waar trek mens die streep - sal ek ook kwalifiseer omdat ek werkloos is ?  - al het ek n dak oor my kop wat klaar betaal is n afbetaalde voertuig en n werkende eggenoot wat bo gemiddeld goed vir my sorg maar ekself besit niks ek is werkloos !!!   Covid het veroorsaak dat ons vir bure 6 volw en n kind moes kospakkies bymekaarkry op n weeklikse basis al weet ons hul bly gratis in n familielid se klaarbetaalde huis en het geld vir brandstof vir 2 karre om hul snaakse behoeftes en gebruike n paar keer per dag te gaan aanvul. Hoeveel kry kospakkies net omdat dit beskikbaar is ?    Hoe bepaal wie ook al wat waar regtig nodig is.  Hoop maar my ou broodjie en warm koppie koffie so nou en dan vir n bosslaper of asblikgrouer word regtig waardeer.    Dis sulke onregverdigheid wat maak dat mens eerder kos aan hondeskuilings gee as mense maar dan weet jy ook nie ...............verseker weet ek egter dat ons almal goed of sleg eendag moet verantwoording doen vir ons dade.    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 13:51:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was n fonds waar werkloses kon eis gedurende lockdown. Die bedrag was maar n skrale R350 / maand en die regering kon nie eers hulle woord daarby hou nie.....oor n miljoen wat nog niks van hul eis gehoor het nie. 

En sou so iets realiseer.....hoef nie almal opgewonde te raak daaroor nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 14:11:02 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Skelm onderduimse bright spark idees sal daar altyd wees om iets te kry wat jou nie toekom nie.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 09:46:51 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Madelene, ek verstaan nie waarom julle kospakkies vir julle bure gee terwyl julle weet hulle het dit duidelik nie nodig nie.  Verduidelik asseblief.

Daar word vanoggend gesê die bedrag wat mense sal kry, sal R500 wees, so nie juis 'n motifering om jou werk voor te los nie.  Oor al jou vrae het ek nie antwoorde nie.  Ek bepleit nie die saak nie, en het wel simpatie met mense wat heeltemal geen inkomste het nie, maar hoe daar verseker sal word dat slegs hulle dit kry, is beslis 'n vraag.  Tussen intensie en uitvoering daarvan, het ons al geleer is daar soms 'n baie groot gaping.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 13:11:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sal seker by die Staats pension fonds gaan vat.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za