Wil graag weet of ander kampeerders dieselfde ervaar waaneer hulle die spoedkontrole gebruik as hulle sleep met automatiese ratkas.
Kan dit nie wetenskaplik of anders bewys nie maar is slegs my ervaring.
Wanneer die spoed kontrole gebruik word as ek sleep is my brandstof gebruik per km hoër as daarsonder.
Het dit 'n paar keer op my reis getoets met dieselfde resultaat. So ± 100km per toets.
Al wat ek kan dink is dat met spoedkontrolle die spoed gehandhaaf word op wat ek dit gestel het(100km/uur) en as ek self die pedaal trap laat ek die spoed teen opdraande afkom tot 90/80 voordat dit oorskakel.
Die enigste hoe dit getoets kan word as dieselfde pad twee keer gery word maar dan is daar seker ander faktore.
Wil nou nie 'n tegniese debat ontlok nie maar sommer net my gewaarwording of sit ek die pot heeltemal mis.
Jan ek het dit al die jare ondervind as ek spoed kontrole gebruik
Dankie Stef het gewonder of ek verkeerd bestuur.
Nee Jan. Dit is nie jy wat verkeerd bestuur nie. Jy klop dan juis die blikbrein se brandstofverbruik. Selfs met 'n handrat ervaar jy dieselfde. Dalk is 'n deel van die probleem dat die spoedkontrole nie vooruit kan sien of dink nie. Die ding voer net sy mandaat uit om die spoed wat gestel is te handhaaf. Jyself sal dalk sien dat hier 'n effense opdraande voor jou is gevolg deur 'n lang afdraande. As jy niemand gaan ophou nie laat jy dus soms toe dat die snelheid effens sak, want teen die afdraande tel jy weer die spoed op. Die spoedkontrole wil die spoed hou, kom wat wil. Dit is maar een voorbeeld.
Wat brandstofverbruik erg opfoeter is winde van voor en metropolisie padblokkades op snelweë.
My Fortuner was ook swaarder op spoed beheer/
My Outlander was ook swaarder met spoedbeheer aan
My ondervinding met die Suzuki Grand Vitara is dat my brandstof verbruik nie juis sodanige verskil toon nie ... moeilik om te bewys aangesien geen 2 omstandighede (selfs op dieselfde pad) dieselfde kan wees nie. Die verskil, myns insiens, is dat dit baie moeiliker is om 'n eweredige spoed te kan handhaaf deur op die petrolpedaal te vertrou, en dus is mens geneig om te petrol te trap om die spoed te vermeerder, en dan later tog maar weer te vind dat jy stadiger ry. Dit is daar waar ek brandstof bespaar, en ek het nie nodig om gedurig een oog op die spoedmeter te hou nie.
Hoe ookal, dit is darem ook BAIE geriefliker om met die spoedbeheer te ry, en sou dit nodig wees, skakel ek oor na die petrol pedaal! My spoedbeheer skakel self af wanneer die spoed teenoor die gekose spoed met 9% afneem, so alles is behoorlik onder beheer.
Dus, nee wat, vir die gerief, momentum en behoorlike beheer is die spoedbeheer vir my tops!
Jan
Ek het toevallig dieselfde vraag gevra.
Het nou wel nie gesleep nie maar het met ma se Suzuki Swift Pta toe en terug gery met die spoed kontrole aan. Ek bly se hy is dan swaarder op sous. En vir my maak dit sin.
Onthou, n spoedkontrole kan nie die pad "sien" nie. As jy maw n bult nader kom, sal hy ry tot hy begin spoed verloor en trap dan die pedaal dieper en gebruik meer sous. Dieselfde teen n berg uit.
Normaalweg sou ek al vroeer vet gegee het.
Ek het die rekenaar op n stadium gestel om my huidige verbruik te wys. Dit het gewissel tussen 14km/lt tot 17km/lt. Die laaste 30km ry ek toe sonder die spoed kontrole, toe wissel dit tussen 17km/lt en 22km/lt.
I don't have an AuTO, so not sure how relevant this is, but if I leave the car in 4th, and set cruise control at 110km/h, then my fuel consumption is LOWER while towing. Under normal driving (not towing) in 5th it is also LOWER.
Julle vergelyk appels met lemoene.
Teen 100KPU gaan die voertuig swaarder wees as teen 90/80 KPU!
Ek het ook dieselfde ondervind. Dit met my eerste sleep voertuig 'n Ford Saphire 30L GLX, Navara 2.5 Tdi en die Ford Ranger wat ek nou het.
Dit sal erger wees met 'n kleiner voertuig en veral merkbaar as jy sleep want soos tereg gesê was. Maar met die Ford maak dit nie regtig 'n verskil nie, dit is so gerieflik dat ek dit eerder gebruik as die voet want dan weet ek ook ek gaan nie oor die spoed nie.
Ek stem saam met almal se bevindinge, wat ek wel d I en as ek opdraendes nader, is om matig te versnel, en sodoende in n mate die sp I ed beheer te "help" dink.
Ek gebruik ook net spoed beheer in gunstige omstandighede, maw, oop mooi pad, en nie waar verkeer te besig na my sin is nie.
Ek stem saam met almal se bevindinge, wat ek wel d I en as ek opdraendes nader, is om matig te versnel, en sodoende in n mate die sp I ed beheer te "help" dink.
Ek gebruik ook net spoed beheer in gunstige omstandighede, maw, oop mooi pad, en nie waar verkeer te besig na my sin is nie.
Jammer vir daai spelling, die panado wat ek gebruik is siek en op my ouderDOM vergeet ek om eers te lees voor ek pos.
Ek merk nie 'n verskil op my kar se klein enjin nie - behalwe as ek stadiger sleep!
Die gerief/gemak van spoed beheer is in elk geval enige verskil werd - ongeag of ek sleep of nie, is dit rustiger.
I like to be in control at all times when towing. Speed control is nice to use when solo on open roads.
just my opinion.
Spoedkontrole werk goed in die vrystaat en karoo vlaktes. Maar nie in die op/afdraande plekke nie
Hagar jy sal verbaas wees hoe goed spoedkontrole op die nuwe tegnolegie motors werk veral op opdraandes maar daar bly steeds n brandstof verskil
Stef, my Sedona soek so bietjie te veel na ratte as ek nie voor die opdraendes self versnel nie, daarom verkies ek om so bietjie "voet by te sit" vroegtydig. Maar my cruise control is oor en oor vir my daai min verskil in verbruik werd.
Selfde met my autobox, ek veruil dit nie vir handratkas nie, want indien nodig, kan ek die auto na triptronic oorskakel, maar gebruik dit omtrend nooit.
Stef dit is waar.
Ai weet nie of ander dit ook beleef nie maar as jy sleep hier aan die begin van die rit, spoedbeheer is aan en jy storm teen 100km af op 'n draai wat jou normalweg nie sal bekommer nie en vergeet spoedbeheer is aan. Daardie nare gevoel waar jou hart in jou skoene sak want skielik het jy nie beheer nie en die draai kom - dan die werklikheid en voet op die rem.
Dit vang my omtrent elke keer.
Jan ons het die selfde probleem met die Prado gehad die ratkas het heel tyd hunting gedoen so dank baar hy is weg Die 8 spoed jeep en die 8 spoed Amorok wat n verbetering van tegnologie en die besparing op brandstof teen oor die Prado Die ander voertuig wat ons het is n Isuzu dteg hy is nie outomaties nie jy kan nie glo hoe gemaklik hy ook op spoedbeheer sleep nie
as my Tuna begin hunt ,sit ek hom terug in 4 de tot die steiltes verby is
Ek ry die "manual" Ranger en vind dit ry bietjie swaarder in "autopilot" al sleep ek of nie.
Ek ry die "manual" Ranger en vind dit ry bietjie swaarder in "autopilot" al sleep ek of nie.
Vind ook met heheerder is verbruik hoog
Ditto. Ek gebruik hom selfs in die stad as die verkeer dit toelaat.
Die spoed kotrole skop so vinnig uit as jy wil manual pilot dat dit vir my heeltemal veilg is. Ek het ook agter gekom dit gebruik meer brandstof maar bitter min. Ry baie gemaklik met krole aan kan my volle aandag gee met wat om my aangaan. Beslis n ding wat jy eers moet gewoond raak. n Ander bederfie is my GPS. Ek sleep nie sonder hom al ken ek die pad hoe goed. Wys my waar is draaie, paaie wat aansluit, spoed wat jy moet ry en wanneer jy daar aan gaan kom. Dit help ook as jy moet onverwags alternatiewe roetes moet vat. Dit alleenlik vermeerder die veiligheid waneer jy sleep.
John, Ek stem heeltemal met jou saam behalwe oor die hoër brandstofverbruik met spoedkontrole.
Ek is netso lief vir my GPS- dis permanent gemonteer en is altyd aan behalwe as ek in ons dorp rondry. Myne het ook verkeersinligting wat baie nuttig is en alternatiewe roetes voorstel waneer dit verkeersknope opmerk.
Ons stelsel is deur ALTEC ontwikkel. In Europe (en seker Amerika) is van amptelike inligting gebruikgemaak, maar sulke data is nie hier beskikbaar nie. Ons stelsel werk op die beginsel dat elke gebruiker outomaties inligting na Altec stuur. Dit beteken dat enige pad waarop daar verbruikers ry, gemonitor word wat baie beter is as Europeses waar slegs paaie wat amptelik gemonitor word, se data beskikbaar was. Altec se stelsel word nou onder lisensie ook deur Europa gebruik ter aanvulling van hulle eie stelsels.