English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 999
Total Replies: 243 613
Total Views: 82 966 654
topics: 416
replies: 4 058
views: 1 482 903
Talk about the current road conditions throughout the country

Spoed hobbels

replies: 8
views: 332
22 Jun 2018 @ 10:08:38 am
Klasie
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 17 Feb 2013
Experience: 48 years

Op pad wildtuin toe  vanaf Nelspruit deur Bosbok Rand en by Acornhoek is daar n konstruksie van n groot winkel sentrum in aanbou. Die pad is ook in aanbou met twee nie gemerkte spoed hobbels.Let wel die spoed hobbels is nie met wit verf gemerk nie. Daar is ook nie genoegsame waarsku tekens nie.

Ek en Vroulief met die Ranger en die Palma het teen ongeveer 50 km per uur oor die eerste hobbel gery met katostrofiese gevolge. Die Palma het vir my gevoel dat hy oor die hobbels vlieg.

Ek moet dit noem dat ek en Vroulief nie eers die hobbels gesien het voordat dit te laat was.

Al die yskas inhoud was deurmekaar en al die eiers gebreek. Wat n gemors.

By nadere inspeksie vind ek dat die een wiel effens skuins vertoon. Ons kon die darem verder ry en het 10 heerlike dae n die Wildtuin deurgebring.

Terug in Nelspruit het Hannes van Camp Monkey gevind dat die skade groter is as wat ek gemeen het. Die hele as moet vervang word.

N waarskuwing vir almal wat van daardie pad gebruik maak wees versigtig en ry maar BAIE stadig deur Acornhoek.

My karavaan is die vierde een wat so beskadig op dieselfde plek in Acornhoek.

Dus mede karavaners wees asb versigtig.

 

👍
1
💔
0
😮
1
🙂
0
22 Jun 2018 @ 10:53:12 am
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 166
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 35 years

That is why I only use the N4 and go in at Malalene whenever I visit the park .Safer from Jhb and I rather pay the tolls .Also the routes are monitored ,thus in the event of a mishap you have help at short notice.

I try and avoid secondary routes as much as possble.

last year visited Punda Maria via the N1 ,R525 and entered at Pafuri. Long way around but safer.

I would say that safety has become the most important issue for motorist and caravanesrs.

But as always nothing is really safe in SA

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2018 @ 11:22:04 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2114
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dankie Klasie.

As jy van Pretorius kop  regs draai na Haziview om die beter pad na Nelspruit te neem is daar ook van die groot hobbels en jy moet maar kruip daaroor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2018 @ 12:49:04 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2889
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Klasie, Ek dink jy kan 'n eis instel by the provinsiale regering as jou assuransie dit nie dek nie.  Het jy dalk foto's geneem van die hobbel en omgewing?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2018 @ 13:52:02 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ai dis 'n slegte een.  Ons het ook in daai omgewing oor so spoed wal gery wat ongemerk was. Gelukkig net met die Tipper.

So kan mens groot skade kry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2018 @ 16:44:13 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Klasie jammer om van jou skade te hoor. Mens probeer so versigtig wees en dan tref iets soos hierdie 'n mens.

Dankie vir die waarskuwing en ons sal maar net meer verdag moet wees op sulke dinge. Ek het al sonder die wa 'n paar spoedhobbels nie raak gesien nie. Gelukkig sonder enige skade.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2018 @ 17:01:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het by Ballito n keer dit amper oorgekom....amper te laat gesien en hard gerem...was op die ou einde klein bietjie vinniger oor as normaal...darem geen skade nie....maar was toe my skuld - alles was gemerk, ek was net te haastig om by die see uit te kom.  Sterkte met hierdie een...kan nie lekker wees nie. As jy nie verseker is nie...probeer die roete volg wat Fred voorstel. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2018 @ 18:46:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5698
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

 N vriend in bloem het ook iets soortgelyks oorgekom. Versekering het darem gehelp.

Glo hulle sal die p.a.o. opdraandte gee.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2018 @ 18:10:04 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9002
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

 

Sterkte.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za