Ek wonder hoe gaan ons dit hanteer. Een ding is ek redelik seker as ek sleep dan behoort ek in die spoedgrens te wees. Maar ai tog dit gaan baie moeilik wees sonder die wa.
Wel ons ry tog nie veel vinniger as ons sleep maar ek lag net want wie gaan mense aftrek en veral die 40km/h in dorps gebiede is belaglik. Iemand het seker dit gedroom.
Wel ons ry tog nie veel vinniger as ons sleep maar ek lag net want wie gaan mense aftrek en veral die 40km/h in dorps gebiede is belaglik. Iemand het seker dit gedroom.
Om vinniger as 40 kph in woongebiede te ry is sommer net plein ondeurdag. Net my mening.
Ek sou se die plan om aan die spoedgrens te peuter is n manier om n ekstra inkomste te genereer vanaf die reeds vuisfoos verbruiker binne die dorps grense en ook die plaaslike owerhede wat weens wan bestuur sukkel. Dit gaan weer meer self veryking deur die amptenare tot gevolg gaan he. Die dood syfer wat die werklike probleem is sal drasties verminder kan word sodra wets toepassing (wat dronk bestuur en voetgangers insluit) reg gedoen word. Die korrupsie ten opsigte van rybewyse en bestuurs opleiding sal ook gestaak moet word en n beter bestuurs opleiding stelsel sal in plek gesit moet word.
Al die planne klink asof dit van n klomp dom ongeskoolde idiote kom wat in hoë poste sit wat nou moet aan n plan dink en iets moet sê om te wys hulle is nog daar en nie op sosiale verlof dan kom sulke ondenkbare, stupid goed na vore.Reels wat hulself nie gaan by hou met swart karre en blou ligte.
Het gister op die radio na 'n gesprek geluister, dis in Nederland nie by ons nie.
Must agree with Bak oor. Justifying their positions.
As jy nie eers die mense kan enforce om by die huidige spoedbeperkings te kan hou nie, kan jy maar die spoedbeperking wegvat, beteken niks.
Al die planne klink asof dit van n klomp dom ongeskoolde idiote kom wat in hoë poste sit wat nou moet aan n plan dink en iets moet sê om te wys hulle is nog daar en nie op sosiale verlof dan kom sulke ondenkbare, stupid goed na vore.Reels wat hulself nie gaan by hou met swart karre en blou ligte.
Presies....moet besig lyk. Hulle is ook nie meer oorspronklik nie, want dis die hoeveelste keer dat die idee dan al op die tafel gegooi is? Kry seker n vet krismis bonus vir sy belaglike idee
Myns insiens is die idee om die spoed op hoofpaaie anders as snelweë tot 100 k/u te beperk, heel wys. Om op sommige van die paaie wat 120 gemerk is, so vinnig te ry, is idioties, maar sommige minibus taxi en bakkiebestuurders het duidelik nie die insig om die gevaar in te sien nie. Om egter snelweë tot 100 te beperk, maak nie sin nie- die paaie is veilig genoeg daarvoor en die bestuurders wat nogtans daar ongelukke maak, gaan dit ook teen 100 doen, dis te sê as hulle hulle enigsins daaraan steur. Om die stedelike paaie tot 40 te beperk, maak ook nie sin nie. Gedurende druktyd bereik jy nie eers 40 nie maar daarna is daar talle mense wat vir hulle werk moet ry en dit gaan hulle onnodig vertraag wat tot nadeel vir die enonomie sal lei. En soos iemand hierbo gesê het, hoe gaan jy dit afdwing- die owerhede kan nie eers die huidige wette en regulasies afdwing nie.
Hulle kan regtig maar doen soos hulle goed dink. Die grootste gros van die oortreders sal hulle in elk geval nie daaraan steur nie en die plaaslike owerhede se wetstoepassing blyk ook maar in sommige gevalle verdag te wees.
Moet sê ons het seker so 20 of 30 taxi's hier in Ballito en hulle hou nogal by verkeersreëls. Belangrik hier is dat almal verdraagsaam is.
Ek het na dieselfde program geluister. Die omroeper het dit duidelik gestel dat dit op Nederland van toepassing is. 'n Luisteraar het o.a. ingeskakel en gesê dat hy gou die korrekte inligting by sy seun, wat in Amsterdam woon, gekry het. Klaarblyklik is die spoedgrens-aanpassing (let wel - vir Nederland en nie vir ons nie) slegs gedurende die dag van toepassing. Tussen sekere tye in die aand tot die oggend bly dit onveranderd. Die hele idee daarvan is om uitlaatgasse te beperk.
Die omroeper het luisteraars se mening gevra indien dieselfde wetgewing in Suid-Afrika toegepas word. Sommige mense se reaksies was inderwaarheid lagwekkend. Andere, wat nie ordentlik geluister het nie, was weer onder die indruk dat dit reeds vir Suid-Afrika ook goedgekeur is. Die omroeper (dink dit was Willem Pelser) het dit pertinent gestel dat dit nie van toepassing is op Suid-Afrika nie, maar dat hy bloot mense se opinies wou kry indien so-iets wel sou gebeur.
Klink vir my alteveel of ons nou die hoender se agterkant uitruk.
Chris ons sien mos hoe gereeld die mens net 'n deel lees of luister en dan..........
Dit is inderdaad korrek: Suid-Afrika oorweeg laer spoedbeperkings. Sien
https://businesstech.co.za/news/motoring/352811/south-africa-is-looking-to-introduce-new-speed-limits/
Dis moontlik dat die Nederlande ook so-iets oorweeg en dit lyk my sommige mense meen dis nie die geval hier by ons nie. Jammer manne!
Die sal plat val soos e toll.
Dit beteken taxis sal nou nie al hul rondtes kan maak deur die vermindering van spoed op ons paaie. Dus hul inkomste gaan minder wees.
Nou wie gaan my vertel hulle sal dit toelaat of gaan taxis ook vry geskeld word.
go any slower and parts will get stolen of your car while you moving.
"If you cant beat them join them".
Dit is nou my manier van ry want ek is elke dag op die pad in die stads verkeer en het al n meester geword van bestuur sonder flikkers en die nuwer wetse hand seine. Ek geniet dit eintlik meer met die bakkie want dan is ons op dieselfde hoogte en daar word nie so maklik bane voor my in verwissel nie. Ek glo dit sal ook so wees sou daar nuwe spoed grense ingestel word want bitter min pad gebruikers insluitende voetgangers steur hulle in elkgeval aan die huidige pad regulasies en spoed grense.
Ons, mijn vrouw en sigself, sal baie maklik by so 'n spoedreëling kan inpas.
Ons ry meesal langpad en sedert ons uitgetree het, ry ons 100km/h op hoofpaaie, ook sonder die wa. Ons spaar brandstof, kom veilig daar, het tyd om rond te kyk en rustig te wees. Kry ook meer tyd om die pad te gebruik vir die hoeveelheid tol wat ons moet betaal bv Pretoria toe en terug.
Die ergste is dat die meeste voertuie, 95%, ons nie verbygaan nie want hulle ry ook daardie spoed. Dis regtig by uitsondering dat iemand teen 120 of meer verbygaan. Vir hom maak ek plek om verby te gaan waar ek kan as ons nie op 'n dubbelpad is nie.
Die ouens wie nou gaan spekuleer dat ek ander gaan frustreer, spekuleer. Probeer self 100km/h ry en kyk wat gebeur.
Die tydsverskil van by jou bestemming aankom is ook nie so groot nie. Jy is in elk geval afgetree en het die tyd.
Baie ander lande se max spoed is 100km/h.
Ek het 'n pyn met 40km/h in die beboude gebied. Dit is 'n 33% verlaging en kom ooreen met 25myl per uur wat amper stilstaan is. 60km/h is darem 37mph wat in lyn is met internasionale stedelike spoedbeperkings van oa. 35mph.
Daar is soiets dat 'n te stadige spoed gevaarliker is as vinnig. Die frustrasievlakke gaan meer bestuurders dwing om kanse te waag.
Pottie dit is baie waar wat jy sê. Ek self het geleer om stadiger op die lang na ek begin karavaan sleep het. Ek self was beslis n spoed vraat en hou nog steeds van vinnige karre.
Dit laat my dink tydens my besoek aan Thailand. Paar wilde monster bakkies, karre en bikes gesien. Net by myself gedink al wat hulle kan doen is om te kar op te ref want ek sien nêrens plek waar hulle bietjie kan oop maak sonder om n honderd motorfietse af te skryf.
Dan die spoed van 40 is belaglik. As kind het ek met my Armstrong bicycle gereeld 60 gery in die dorp. So wat gaan hulle doen met n bicycles wat meer as 40 verby die kamera kom
Wat hulle eerder moet doen, is om die bloulig brigade af te bring na 60 km op die hoof paaie. Want dit is bitter min dat daar 'n hoog geplaaste in die kovooi is. Want hulle jaag van vergadering lughawe toe en die hoof indoena klim op die vliegtuig. Nou is dit die loots en die voertuig drywer wat kyk wie eerste anderkant en nie met wat nie ons belasting geld wat die brandstof moet gooi. 3.2 km/L
Die sal plat val soos e toll.
Dit beteken taxis sal nou nie al hul rondtes kan maak deur die vermindering van spoed op ons paaie. Dus hul inkomste gaan minder wees.
Nou wie gaan my vertel hulle sal dit toelaat of gaan taxis ook vry geskeld word.
Sal graag dit wil sien.
Wat hulle eerder moet doen, is om die bloulig brigade af te bring na 60 km op die hoof paaie. Want dit is bitter min dat daar 'n hoog geplaaste in die kovooi is. Want hulle jaag van vergadering lughawe toe en die hoof indoena klim op die vliegtuig. Nou is dit die loots en die voertuig drywer wat kyk wie eerste anderkant en nie met wat nie ons belasting geld wat die brandstof moet gooi. 3.2 km/L
Erger, want dis paar karre, so ons betaal daar eintlik vir 100m/liter
Ons het vir 3 jaar op die Engelse platteland gewoon in die 1990's. Spoed beperkings in alle dorps areas is 30 mpu (ongeveer 48 km/h), op "oop paaie" in die distrik sowat 60 mpu (96 km/h) en op die snelweg 70 mpu (112 km/h). Veral wat dorpsareas van 30mpu aanbetref is daar heelwat bewyse dat as jy 'n kind of voetganger teen 30mpu tref meeste ernstig beseer sal wees maar nie noodlottig nie, enigiets vinniger is byna 100% noodlottig. In Frankryk is die snelweg beperking sowat 130 km/h maar dit verlaag outomaties na 100 km/h as dit begin reën, en hemel behoede jou as jy dit ignoreer en jy gevang word; en sowat 50 km/h in dorpe (reen en goeie weer). En kom ons word ook nou maar eerlik, SA bestuurders (en dit sluit alle soorte in) is van die swakstes in die wêreld vergeleke met hulle Europese "kollegas". Nou vir die mense wat dink spoed speel geen rol in pad sterftes nie, wat van die stukkie statistiek....in Engeland is dit 2.1 sterftes per 10 miljoen km, in SA is dit 86, 'n hele 41 keer meer, dws jy het 'n 41 keer groter kans om in SA op die paaie om te kom! Terloops die VSA het soortgelyke beprekings as in Engeland en die sterfte syfer daar is selfs minder as die in Engeland. Soek maar gerus op Oom Google, daar is omtrent geen navorsing wat bewys dat speod nie bydra tot ongevalle nie
Hier is 'n toetsie vir julle....stop julle almal dood by 'n stopstraat? (ek bedoel STOP), of beskou julle dit as 'n toegee teken? Indien jy nie stop nie (ALTYD!) is en bly jy 'n gevaar vir ander op die pad. In SA blaas die ou agter jou sy toeter of skel op jou as jy dit durf waag om te stop by 'n stop straat....

Daar was wette in ons land. Maar van so 25 jr terug is dit nie meer nie.
Om dit nou te wil afdwing gaan nie werk nie.
in die laat 70 - vroee 80 kon ons net 80km/h op die nasionale paaie ry en dan het hulle nog petrol verkope ook Vrydag 12:00 tot Maandag 06:00 gestaak... ons het dit oorleef. Dink net hoeveel petrol gaan ons spaar........
https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/bloodhound-mik-vir-wereldrekord-na-hy-1000-kmh-verbysteek-20191117
Toe ons laas by die Jurgens fabriek gaan kuier het, het hulle ons vertel dat Jurgens moontlik gaan probeer om die wêreld rekord spoed te verbeter met karavaan sleep. Ek praat onder korreksie, ander forum lede wat ook daar was moet maar reghelp, maar huidige rekord staan tans op 224km/h?. Klink of n Porche moontlik ingespan gaan word.
'n Paar manne het ons nou heelwat gegee om oor te dink. As wyser mense wel stadiger ry, uit eie oortuiging of oor regulasies, sal baie minder wyses steeds voet in die hoek ry. Elkeen is mos in sy eie oë 'n onverbeterlike bestuurder tot hy met 'n skok agterkom dis nie waar nie, wanneer sy familie of ander dood lê en hyselfs dalk verlam in die hospitaal lê. Ek het al baie die uitdrukking gehoor "ek weet wat ek doen" terwyl ander mense juis kan sien hy weet beslis nie. My vraag is dan" Nou waarom doen jy dit dan?" Ek dink onder andere aan mense wat karavaan sleep en gemaklik by my verbygaan as ek op die snelweg teen 'n werklike 120k/u ry.
Daar was wette in ons land. Maar van so 25 jr terug is dit nie meer nie.
Om dit nou te wil afdwing gaan nie werk nie.
Dis dalk die probleem, in ander lande is die kultuur ene van wetsgehoorsaamheid, by ons is dit een van waarmee kan ek wegkom? Uiteraard kan mens redeneer dat niemand dit in elk geval gaan gehoorsaam nie so kom ons ignoreer dit maar almal? Net vreemd dat as meneer die taxi bestuurder op 'n wit sperstreep verbysteek daar heelwat vinger gewys word en die ou geblameer word vir alles wat verkeerd is op die paaie. En dan kom meneer die vingerwyser by die volgende stopstraat, ry net effe stadiger en skiet dan deur sonder om te stop. Dink wetsgehoorsaamheid begin by mens self, elke bietjie help en voor mens dit weet is dit onaanvaarbaar om verkeersreels te ignoreer. Kyk bv. na die Duitsers, hulle kan groot hoeveelhede bier drink maar sal nie eers daaraan dink om dit te doen as hy/sy moet bestuur nie...dit was nie altyd so nie, maar oor tyd het dit sosiaal onaanvaarbaar geword om te drink en bestuur.
Al die planne klink asof dit van n klomp dom ongeskoolde idiote kom wat in hoë poste sit wat nou moet aan n plan dink en iets moet sê om te wys hulle is nog daar en nie op sosiale verlof dan kom sulke ondenkbare, stupid goed na vore.Reels wat hulself nie gaan by hou met swart karre en blou ligte.
Ek stem saam met Groot Ore, sou net gelike het om hier en daar n meer betekenisvolle, beskrywende naamwoord in die vorm van n kragwoord te gebruik om my misnoe te beklemtoon.
Wel, die is n familie platform, so nee vir meer gepaslike taalgebruik!
Hoe sal ons beheerende, wetgewende mense weet dat dit nie die eintlike pad regulasie is wat die probleem is nie maar die probleem lê maar eintlik by die afdwing van die regulasies.
So hulle kan die spoed aanpas tot vervelens toe, as dit nie afgedwing word nie.......... help dit net mooi niks nie.

Heeltemal waar...maar dit los ons nou met een van twee keuses....(1) ek verbreek die reels/wette "want niemand kom dit na of dwing dit af nie", of (2) ek kom dit na, ongeag of dit afgedwing word of nie. Indien mens (1) kies maak dit mens niks beter as die ou wat in alle geval die reels/wette oortree, het ek dan die reg om te kla as iemand by my huis/motor inbreek? Die ou verbreek tog ook maar net (ander) reels/wette? Dit sal tog net tot totale anargie lei?

Wel my ondervinding toe ons na die Jurgens Fabriek toe is vir die besoek daar is dat ons is nie vêr van die totale anargie af nie.
Jy moet sien hoe ry die mense daar in Garankwua. Die verkeersligte werk maar die mense ry steeds net soos hulle wil. Ek het ry voorrang weens die verkeers sein maar die mense ry net voormy in en deur mekaar sonder om daarop ag te slaan of enige ander reels te gehoor saam.
Dit het ek in Nigerië gesien. Dis nou so 7 jaar na my besoek daar en dit gaan so in die buite wyke van Roslyn en PTA. So ek skat nog so 7 jaar dan gaan jy in elkgeval nie vinniger as 40km/h kan ry nie weens die wetteloosheid en nie net omdat die pad regulasie dit vereis nie.
Soos wat die verkeer al hoe meer word op die paaie, val die maksimum spoed inelke geval.
Mens het net een voertuig wat drie rye spore loop teen 40Km/h voor mens nodig en jy ry in elke geval nie vinniger.
Ek dink die beste ding om nou te doen is om n nuwe besigheid te begin wat al die huidige spoed-borde moet vervang. Dink net hoe groot agan DAAI kontrak wees.
En dink net hoe gaan die regstellende aksies weer inklim en crook en verneuk en korrupteer om die kontrak te kry. Ek meen, kan jy jou indink in die miljoene spoedborde, pale en gate wat gegrawe moet word en beton-footings?
En waaaaar gaan die fondse tog vandaan kom? Ek sien 'n gulde geleentheid vir die Guptas.

Nou raak jy n ding aan wat ek nie sien kom het nie. So dit is waar die idee van kom, een swerkater het weer n plan om geld te maak en het niks te doen met die publiek se veiligheid.
Ek dink die beste ding om nou te doen is om n nuwe besigheid te begin wat al die huidige spoed-borde moet vervang. Dink net hoe groot agan DAAI kontrak wees.
En dink net hoe gaan die regstellende aksies weer inklim en crook en verneuk en korrupteer om die kontrak te kry. Ek meen, kan jy jou indink in die miljoene spoedborde, pale en gate wat gegrawe moet word en beton-footings?
En waaaaar gaan die fondse tog vandaan kom? Ek sien 'n gulde geleentheid vir die Guptas.
Jy bedoel nou Guptas 2.0? Want Guptas 1.0 is erens in Dubai.....