English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 313
Total Replies: 250 457
Total Views: 83 155 991
topics: 599
replies: 3 868
views: 3 350 705
Share all those nice recipes with everybody...

Spek eier kaas en avo burger

replies: 0
views: 121
05 Oct 2017 @ 22:06:35 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
Geen brood rolletjie word gebruik nie
Eiers
Spek
fyn gedrukte avocado peer
Sny kaas
Ronde ring die soort wat jy op n glas bottel kry maar dei wat n glas dop op het wat uit gehaal kan word
Pan
Bietjie margarine of water
Sout en peper na smaak
Cook en spray
Braai die spek lekker bros in n pan en sit eenkant.
Plaas die ringe in die pan en sprei met die cook en spray sodat dei eier nie in die ring vas sit nie.
Plaas twee ringe in die pan breek n eier in elke ring en strooi sout en peper oor na smaak.
Gooi n klein bietjie water in die pan breek die eiergeel in die ring sit n deksel oor die pan en stoom dei eiers tot gaar
haal die deksel af en plaas op een van die eiers n sny kaas. Wag dat die kaas begin smelt.
Haal eers die eier sonder die kaas uit die pan en plaas in dei bord en haal die ring af draai dan die gaar eier om.
Smeer die fyn avocado peer op die eier en dan die spek oor die avo.
Haal die ander eier uit die pan en plaas kaas kant onder op die spek en haal die ring versigtig af.
En siedaar eier hamburger sonder n rolletjie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za