English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 445
Total Replies: 251 934
Total Views: 83 203 601
topics: 11 524
replies: 138 712
views: 39 320 566
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Span van wasgoedlyn by die huis

replies: 6
views: 265
20 Feb 2020 @ 10:21:46 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 11 years

Hierdie onderwerp is nou nie kamp verwant nie, maar dalk kan julle raad gee. Het in Desember 'n nuwe wasgoedlyn gespan, maar aitog die hang al weer.  Het al hier en daar geknoop. Het cable ties gebruik, maar na 'n ruk hang die lyn.  Dit is die standard wasgoedlyn - met nylon en draad binne in. Het ook al elektriese heining draad ook gebruik maar die roes en los merke op die klere.

Enige raad?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 10:59:09 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek gebruik n turnbuckle op my agterste Lyn en trek hom soos Hy slap word vas. 

Builders warehouse R48

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 12:46:13 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die turn Buckle is een manier.  Ander manier is om 'n stewige veer aan die steenoorgstelde kant van die draad by die paal te implementeer.

Tydens inkrimping en uitsetting van die draad hou die veer die spanning konstant.  Dus sal die draad nie rek tydens die inkrimp proses nie maar die veer word eerder ingedruk.

Swaar wasgoed word op dieselfde manier geakkomodeer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 12:54:58 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years

Span die draad in die sonlig wanneer dit warm is - dit sal ook help om hom styf te hou. Wanneer nat ('koeler') wasgoed op draad gehang word (dan krimp hy effe?
Soos water verdamp, word klere warmer maar las op draad is nou ligter.

Turnbuckle is ook ideale oplossing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 11:23:13 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek gebruik valskerm tou.

Met veer en turnbackel.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 11:32:23 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Ons het sulke Boutjies wat `n "v"  gebuig is op ons wasgoed lyn.

Dit laat toe dat mens dit kan sywer trek met tyd.

(dink dit word gebruik om `n sink dak aan `n lip channel vas te sit.)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 13:31:39 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek het al die truuks en maniere getraai met daai wasgoedlyn spannery, maar ek dink ons fasiliteits Ingeneur swaai na middagete aan die lyne vir ontspanning want hulle hou not ten dam nie.

Ek meen, hoe swaar kan n t-hemp en chino broek nou wees??

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za