English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 098
Total Replies: 227 149
Total Views: 82 257 130
topics: 10 739
replies: 123 204
views: 38 798 530
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Spaarwiel gesteel

replies: 53
views: 757
page 1 of 2
25 Aug 2019 @ 20:28:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek was by Outdoor Warehouse in Centurion. Omdat ek nie my kar wou "in squeeze" tussen ander karre nie, het ek bietjie verder geparkeer....nader aan KTM se kant. Toe ek uitkom sien ek n  Conquest het aan die anderkant van my parkeer. Dit het vreemd voorgekom....hoekom nou presies dààr langs my kar. Toe ek nader kom, klim die ou in sy kar en ry weg. Ek dog toe hulle (2 mans) wou miskien my kar steel....want hulle het angstig gelyk en vinnig weggejaag. Ek kyk toe aan passasier se kant of daar miskien aan kar gepeuter was....gelukkig toe darem niks. Toe gaan ek na daai Total garage op selfde perseel om n koeldrank te koop. Daar kom ek toe agter daai gemors ouens het toe my spaarwiel gesteel. Toe ek terug gaan na sekuriteit wat my kar daar opgepas het was sy antwoord net...ek het niks gesien nie. Hy moes minder as 20m van my kar gewees het toe dit gebeur het. Hy het ook nie by my gestaan toe ek ry om sy fooitjie te kry nie.....wonder hoekom? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 20:54:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Waar kan ek n enkel rim koop?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 21:00:30 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 445
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Watter grootte wiel en vir watter kar?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 21:09:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Watter grootte wiel en vir watter kar?

Ranger

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 22:29:43 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Geert camera footage van die perseel ?

Meeste parkeer areas het kameras veral by fie in en uitgang. So kan jy dalk registrasie nommer kry. Jammer vir die skade Geert,  die tipe ding maak mens se bloed kook.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 02:23:22 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6374
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Baie op facebook die manne sit mac wiele op.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 05:09:36 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2944
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jammer oor jou skade. Dankbaar nie jou bakkie gesteel.

Dit verbaas my egter dat in hierdie moderne eeu waarin ons leef, vervaardigers kan jou voertuig se radio aan die internet koppel, maar hulle kan geen oplossing vind om te verhoed dat spaarwiele gesteel word nie.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 06:23:08 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 861
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Was daar ‘n slot op die spaar wiel? Ek het Jare terug een So verloor en sedertien gebruik ek altyd ‘n slot

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 06:38:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13631
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dêm dit laat 'n mense se bloed kook.  Jammer om te hoor van die verlies.

As jy in Mitchell straat af ry in westelike rigting. Die robot by die graan suiers skuins oorkant is 'n plek wat gereeld DC bakkies "Strip". Jy gaan verseker daar regkom met 'n rim.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 08:03:17 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4143
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ai Geert dis jammer om te hoor. Ja na 'n vlaag van spaarwiele steel het ek op my bakkie ook maar 'n slot en ketting opgesit. Mens moet maar 'n plan beraam om jou verlies te bekamp.

Geert daar is net so baie gevalle waar die wagte niks gesien het nie. Veral as mens dink dat dit 2 rye parkering is en dit onmoontlik is om nie te kan sien as iemand aan die agterkant van 'n voertuig peuter nie. Selfs bumpers steel in die parkeer areas raak nou 'n algemene ding.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 08:36:53 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Geert, jammer om te hoor. 

Ek het twee slotte en n ketting oor my spaar. 

Het ook daai T - hemp vir gesteelde spaar wiel.

Die plek wat Leon aanwys jou wiel is nou daar. 

Sterkte. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 08:56:12 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

N klompie jare terug het ek op my BT50 n lang afstand tenk laat instaleer. Kon toe nie meer die spaarwiel slot gebruik nie want hy is te kort.  spaarwiel toe ook gesteel. Het toe maar n vries ketteng gebruik daarna. Met die 3.2 Wildtrak het ek die spaarwiel slot verleng duer om in die middle af te sny met die grinder en n stuk in te sweis. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 08:59:03 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Jammer om te hoor Geert, hierdie gespuis sal jy maar oral kry! Het ook 'n slot op spaarwiel, maar myne staan nie 'n kans teen boltcutters nie...Hoop jy kom reg met nuwe wiel. Daai sekuriteit ou... niemand so blind en doof soos iemand wat NIE WIL sien of hoor nie né.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:35:24 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1037
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Geert, watter groote band gebruik jy? Ek het 'n 225/55 x 18R indien jy belangstel - kom van my Touareg af, net 500 kms gedoen met absoluut geen skade hoegenaamd op die band nie. Alleenlik verwyder aangesien ek al 4 bande op my voertuie dieselfde wil hou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:38:17 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert, watter groote band gebruik jy? Ek het 'n 225/55 x 18R indien jy belangstel - kom van my Touareg af, net 500 kms gedoen met absoluut geen skade hoegenaamd op die band nie. Alleenlik verwyder aangesien ek al 4 bande op my voertuie dieselfde wil hou.

Dankie Nico....gaan kyk en terug kom na jou toe

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:43:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wagte beteken nie veel nie.....soms erger as sonder hulle. Centurion mall het n probleem waar hulle ligte vanaf dak in parkeer areas steel....tussen die wagte! Hierdie foto hier onder is een van hordes wat afgesteel is. As wagte dit nie eers opmerk nie, wonder ek hoe veilig is jou kar daar.....gin wonder karre word so lekker gesteel daar nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 10:13:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sit nou een middag na ons van die hospitaal af terug is in die Kar vir die Girl en wag terwyl sy by Spar in is. 

So wragtig trek n vrou in voor my tussen twee voertuie en die wag staan by, en daar krap sy die regter voertuig met n duik op die linker kant, toe sy terug stoot. 

Wag staan by, ek neem fotos hy wys haar weer uit. 

Ek kan nie uitklim nie want ek sit met 9 x gebreekte ribbes. 

Gelukkig kom die Girl uit Spar en die vrou in die voertuig ry weg, kyk ander kant. 

Ons wag tot die eienaar van die gestampte voertuig opdaag, wat doen die wag hy loop weg, ek roep hom, maar hy maak of hy nie hoor nie.

Vertel die eienaar en wys hom die fotos en wag sê hy het niks gesien nie. 

Eienaar sê hy sal dit verder neem met wagte sê baas en vrou by polisie gaan verkla. 

Sien die wagte wat by Spar gestaan het is nou n ander company. 

As hy wil Sal hy iets beteken. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 11:20:46 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 716
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Jammer om te hoor oor die verlies.

Praat gister met iemand en hy vertel my dat sy kappie vanaf sy bakkie gesteel is so 2 weke terug, en die karwagte het ook blykbaar NIKS gesien nie......belaglik. Hoe pas hulle dan voertuie op.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 11:56:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13631
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Net dit wat mens hier lees ten opsigte van die wagte se "werklike" betrokkenheid sal ek maar die footjie hou.

Ek het geweet hulle beteken niks nie. Die kommentaar bewys dit nou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 12:09:45 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 175
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Twee dinge.

Sluit jou spaarwiel met n behoorlike osketting met n goeie slot.

Kry n wit rim met n ouerige band en gebruik hom vir noodgevalle.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 13:55:36 pm
RT
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 20 Aug 2019

Ek en vrou was verlede jaar in Hertzogville vir n troue en my spaarwiel is ook daar gesteel by n gaste huis buite die dorp, ek het dit wel eers op gemerk nadat ons terug was in Pretoria. Moes maar n ander rim koop en gelukkig kon ek n tweede handse band kry. Na die storie het ek n "spare wheel lock" en n 13mm staal kabel laat maak met n groot slot op en hoop vir die beste. Ek sê vir my vrou gelukkig het ons nie n pap wiel oppad huis toe gekry nie. Soos Grumpy/Hannes hierbo sê kan die vervaardigers geen manier uitdink om n spaarwiel te beveilig nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 14:27:48 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4143
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink die vervaardigers kan as daar 'n wil is wel na mense se gadgets kyk. Die Nissan 1400 is seker een van die maklikste om met 'n kort stukkie ketting dit te sluit aan die bakwerk vas. Die ketting moet al langs 'n horisontale 10mm ronde staal beweeg om uit te haak. As die ketting kort genoem is is daar nie speling om die afstand te beweeg nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 15:00:56 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 751
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Dit het al twee keer met my gebeur - jare gelede, beide kere by Kaapstad lughawe. Sedertdien het ek die nodige voorsorgmaatreëls getref.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 21:02:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert, watter groote band gebruik jy? Ek het 'n 225/55 x 18R indien jy belangstel - kom van my Touareg af, net 500 kms gedoen met absoluut geen skade hoegenaamd op die band nie. Alleenlik verwyder aangesien ek al 4 bande op my voertuie dieselfde wil hou.

Myne is 255/70R16.....maar dankie vir aanbod

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 03:08:29 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Jammer om te hoor oor die verlies.

Praat gister met iemand en hy vertel my dat sy kappie vanaf sy bakkie gesteel is so 2 weke terug, en die karwagte het ook blykbaar NIKS gesien nie......belaglik. Hoe pas hulle dan voertuie op.

Hulle pas gin niks op nie, maar is vinnig om jou te wys hoe en wanneer om te "reverse" as jy wil ry, en om dan ook reg te staan vir sy "fooitjie".

Het dit self gesien hier by ons. "n "Dame" met 'n Ezemvelo Kzn Wildlife bakkie stamp 'n voertuig toe sy agteruit stoot uit parkering terwyl karwag haar beduie, hy "sien"niks, maar kry sy fooitjie en stap weg. Neem ook nie die registrasie nommer van die bakkie nie. Reken sy fooitjie het seker gemaak dat hy skielik geheue verlies ondervind het. Eienaar van gestampte kar kom aan en sien skade, vra wag uit daaroor, en wag weet van niks. Ek nader eienaar en gee registrasie nommer van bakkie. Sy baie dankbaar. Sien die betrokke wag nog steeds daar rond.

 

 

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 06:21:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13631
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dink bietjie mooi.............................. Die wag is elke dag maar daar in dieselfde omgewing.

Hys hy alarm gaan maak wanneer onreg doeners besig is met hulle Steel werke gaan hulle hom teiken en kan hy sy lewe verloor.  Want hulle weet waar om hom te kry om hom iets aan te doen.

So hy as wag is in 'n spreek woordelike "Catch 22" situasie.  Praat hy kan hy sy lewe verloor.  Doen hy niks, gee ons as parkeerders hom gas.  Ons gaan hom nie dood maak nie so wat kies hy?

Daar is parkering aan die agterkant van ons SPAR.  Dis gemakliker vir ons om daar te stop en deur 'n gang te loop om inkopies daar te doen.  Dieselfde "Karwag" is maar altyd daar.  Ry die naweek daar verby toe sien ek die klein stukkies glas van 'n kant ruit wat by een van die 7 parkerings gebreek is.  

WAAR WAS DAAI WAG TOE DIT GEBEUR HET? ? 

Jy moet maar weet hulle beteken niks in werklikheid nie.  Jou fooitjie is vir die hulp met die terugwys as jy weer ry.  

Daar is seker 'n kleiner moontlikheid van enige verlies as daar kar wagte is teen oor parkering waar geen wagte is nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:26:27 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1282
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Oppas vir Centurion Mall, my tipper laas Desember daar gesteel. geen sg. veiligheids "wagte" te siene nie. Hulle weier ook om enige CCTV materiaal te wys aan my. So ook antwoord die sentrum eienaars glad nie my eposse nie, laaste epos is glo "ge-elevate" maar daarna ook nooit weer van hulle gehoor nie. So as ons soontoe gaan (en ook 'n paar ander plekke) is dit maar met Ma se 11 jaar oue Suzuki, nuwe tipper bly by die huis. Wat spaarwiele aanbetref het ek die standaard slot op wat 'n tungsten pen het wat deur een van die wiel stud gate gaan, maar ook 'n fris motorfiets slot as ekstra voorsorg. Verstaan mens kry ook 'n gadget wat 'n alarm op het en blou moord skree as daar met die wiel gepeuter word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:30:36 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1282
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Terloops die "wag" ding is uiteindelik ook maar slegs basiese ekonomie....jy gee die ou R5 miskien R10 om na jou kar te kyk (party mense selfs so min as R2). Nou kom Mnr Krimineel en gee die die ou R50 of R100 om anderpad te kyk as hy jou spaarwiel steel, het gehoor selfs soveel as R1000 as hulle die hele kar wil steel. Raai wie se geld hy gaan vat...en skielik is die ou doof en blind...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:31:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13631
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Duidelik die wagte beteken niks nie.  Hulle is maar daar om jou net so effe beter te laat voel terwyl jy nie by jou voertuig is nie.

Darem betaal ons hulle 'n footjie vir die beter voel en terug wys..........................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:37:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Was gister by Mall, na ek als hier gelees het en gesien het wat wagte dien kry hy niks meer by my nie. 

Die Girl gaan gou in en ek wag in voertuig as dit gou is. 

Gister weer gesit en wag vir so 15min en die wagte dop gehou. Sal graag n video wil neem en vir almal wys. 

Hulle is glad nie oplettend nie, wag loop saam haar Kar toe en skrik toe hy my sien.

 My nie eers gesien dat ek uitklim of iemand in die voertuig nie, en hy het om die Kar gestap. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 10:51:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Heel toevallig......skielik het Cash Converters n wiel te koop????????😑😑😑😑😑😑

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 11:23:34 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Heel toevallig......skielik het Cash Converters n wiel te koop????????😑😑😑😑😑😑

By watter een was dit? 

Dink jy dit is joune! 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 11:30:17 am
JohanJ
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 174
Joined: 09 Jan 2014
Experience: 30 years

Ja ... sal maar niks spreek nie

 

So ses maande gelede spaarwiel gesteel ... voor verkeersdepartment in Visagie straat... niemand het niks gesien nie !!!

Velede saterdag by kleinkind se skool in Randburg... my 2015 Ford Wildtrack gesteel ... Opsporing maatskappy geaktiveer ... 9 dae later nog steeds spoorloos

(my kollegga se Toyota dubbelkajuit ook uit parkade in Pretoria Middestad gesteel 'n jaar terug... ook spoorloos verdwyn soos die mis voor die son)

 

Ek lag nie meer nie !!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 11:33:34 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ja ... sal maar niks spreek nie

 

So ses maande gelede spaarwiel gesteel ... voor verkeersdepartment in Visagie straat... niemand het niks gesien nie !!!

Velede saterdag by kleinkind se skool in Randburg... my 2015 Ford Wildtrack gesteel ... Opsporing maatskappy geaktiveer ... 9 dae later nog steeds spoorloos

(my kollegga se Toyota dubbelkajuit ook uit parkade in Pretoria Middestad gesteel 'n jaar terug... ook spoorloos verdwyn soos die mis voor die son)

 

Ek lag nie meer nie !!!!!

Die bliksems😠😠

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 12:34:13 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 716
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Heel toevallig......skielik het Cash Converters n wiel te koop????????😑😑😑😑😑😑

Daar is nie dalk 'n kamera geinstalleer van wie die wiel aan hulle kom verkoop het nie? Hulle maak ook afskrifte van id wie "goeters" aan hulle verkoop.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 12:50:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daar is nie dalk 'n kamera geinstalleer van wie die wiel aan hulle kom verkoop het nie? Hulle maak ook afskrifte van id wie "goeters" aan hulle verkoop.

Ek was nou saam met polisie by Cash Converters......die bestuur weier om inligting te verskaf aan polisie....ek moet eers saak nommer oopmaak. Polisie is useless.....kan sien hulle wil nie help nie.....my geduld raak klaar hier in polisie stasie....word gestuur van die een na die ander....niemand weet lyk my werklik wat om te doen nie....of hulle sien dat as hulle my nou gaan begin help, dit moontlik gaan inmeng met sy lunch tyd

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 12:59:36 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1282
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Mens kon op 'n stadium 'n pen koop met onsigbare ink om goed mee te merk, slegs sigbaar onder UV lig. Wonder of die nog te kope is erens. Indien wel dalk mens se goed daarmee te merk, dan het jy onmiddelik bewys dis gesteel soos in die geval, dan MOET SAPS iets doen.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:01:44 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1282
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ja ... sal maar niks spreek nie

 

So ses maande gelede spaarwiel gesteel ... voor verkeersdepartment in Visagie straat... niemand het niks gesien nie !!!

Velede saterdag by kleinkind se skool in Randburg... my 2015 Ford Wildtrack gesteel ... Opsporing maatskappy geaktiveer ... 9 dae later nog steeds spoorloos

(my kollegga se Toyota dubbelkajuit ook uit parkade in Pretoria Middestad gesteel 'n jaar terug... ook spoorloos verdwyn soos die mis voor die son)

 

Ek lag nie meer nie !!!!!

Myne se  Netstar eenheid 300m verder langs die pad opgetel....die tipper is seker al lankal in Moz besig met sendingwerk....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:05:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek was nou saam met polisie by Cash Converters......die bestuur weier om inligting te verskaf aan polisie....ek moet eers saak nommer oopmaak. Polisie is useless.....kan sien hulle wil nie help nie.....my geduld raak klaar hier in polisie stasie....word gestuur van die een na die ander....niemand weet lyk my werklik wat om te doen nie....of hulle sien dat as hulle my nou gaan begin help, dit moontlik gaan inmeng met sy lunch tyd

Ai Geert, dat die Polisie niks werd is. 

Klap jy die lid in die winkel, het jy die inligting en polisie luister vir hom, en jy is die vark. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:05:26 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 175
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Se vir die ou by CC dat jy die VAT 264 wil sien?

Hulle moet alle 2de handse produkte wat hulle aankoop in n register sit met die verkoer se kopie van sy ID.

 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:16:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Se vir die ou by CC dat jy die VAT 264 wil sien?

Hulle moet alle 2de handse produkte wat hulle aankoop in n register sit met die verkoer se kopie van sy ID.

 

Bestuur wil niks info gee nie. Bestuur van Cash Converters sê hy ken die klient baie goed (klink soos vriende). Hy sê die eienaar en sy vrou het altwee n Ranger

Sjoe.....bevoorreg.....min dat ek sien dat mense 2 Rangers besit.....daarom seker spaarwiel verkoop om paaiement te betaal?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:25:18 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het jy die wiel terug gevat of terug gekoop. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:36:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Kan mens eienaarskap optel via hierdie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 13:41:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Het jy die wiel terug gevat of terug gekoop. 

 

Ek kan nie bewys daai is my band nie. Daar word natuurlik 100de Ranger bande gesteel....so dit kan enige iemand sin wees. Ek sê dit vir polisie ook....vir my is die hoof idee dat daar n groot kans is dat dit gesteel is...myne of nie. Kan nie insien dat n welaf ou met 2 Rangers sy nuwe spaarwiel afskroef en vir n appel en n ei aan Cash Converters verkwansel nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 14:04:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kan mens eienaarskap optel via hierdie?

Hoor by Ford of hulle hom kan scan. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 21:12:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hoor by Ford of hulle hom kan scan. 

 

 

 

Het 3 takke gebel....kom nie reg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 21:22:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek was nou saam met polisie by Cash Converters......die bestuur weier om inligting te verskaf aan polisie....ek moet eers saak nommer oopmaak. Polisie is useless.....kan sien hulle wil nie help nie.....my geduld raak klaar hier in polisie stasie....word gestuur van die een na die ander....niemand weet lyk my werklik wat om te doen nie....of hulle sien dat as hulle my nou gaan begin help, dit moontlik gaan inmeng met sy lunch tyd

Op die ou einde na n reuse gesukkel het ek nie n saak oopgemaak nie....moeg rond gestuur deur ons uwe SAPS van die een na die ander.....wil vir my voorkom of elkeen te lui is om n verklaring te skryf.....SKANDE!!!!!! 

Ek het vir polisie gesê ek wil nie meer met saak aangaan nie, want hulle shunt my net rond. Ek sê vir hom uit moedeloosheid:......let crime carry on. Sy antwoord was Sharp-sharp.frown {Seker te bly dat hy nie my verklaring hoef te skryf nie.......}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 22:49:43 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Vat my terug na n insident jare terug al.

Stop by n groot kruising in Germiston.  Met geluk sien ek n man wat by die robot staan. Die wind waai sy jas oop  en whalla daar steek die Ak 47 uit

 Ry versigtig verby en skakel 10111. Nee sê  hulle ek moet  my naaste polisiekantoor skakel. Sê toe ek het nie n nommer. Se toe hulle kan my nie nou help. .. nou vra ek AK 47, wat de @#¢£. 

Daarna maar net aangehou ry       (useless)

Iemand skiet n gat deur my voor venster by die huis en patroon slaan binne teen die muur vas op n Donderdag. Skakel die polisie en vra hul moet kom ondersoek in stel. Vrydag nog niemand. Bel en hoor wat aangaan. Saterdag nog niemand. Bel weer en vra stel julle nie belang. Sondag niks. Maandag oggend toe is die duiwel los. Alarms, polisie karre, lyk soos die hele task force, storm my huis en vra waar is die skieter. Toe jaag ek hulle maar weg.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 09:46:51 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Vat my terug na n insident jare terug al.

Stop by n groot kruising in Germiston.  Met geluk sien ek n man wat by die robot staan. Die wind waai sy jas oop  en whalla daar steek die Ak 47 uit

 Ry versigtig verby en skakel 10111. Nee sê  hulle ek moet  my naaste polisiekantoor skakel. Sê toe ek het nie n nommer. Se toe hulle kan my nie nou help. .. nou vra ek AK 47, wat de @#¢£. 

Daarna maar net aangehou ry       (useless)

Iemand skiet n gat deur my voor venster by die huis en patroon slaan binne teen die muur vas op n Donderdag. Skakel die polisie en vra hul moet kom ondersoek in stel. Vrydag nog niemand. Bel en hoor wat aangaan. Saterdag nog niemand. Bel weer en vra stel julle nie belang. Sondag niks. Maandag oggend toe is die duiwel los. Alarms, polisie karre, lyk soos die hele task force, storm my huis en vra waar is die skieter. Toe jaag ek hulle maar weg.

Dit neem so rukkie vir die TOR om sy plek te kryπŸ˜‚πŸ˜‚

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 12:19:20 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1683
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Verskoon my net so rukkie, ek wil net gou gaan kyk of my spaarwiel nog daar is............ja, hy is nog daar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 12:24:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13385
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sien daai polisie van is ook n Ranger.....sy spaarwiel is ook weg.....wonder waar is hy???? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2