English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 291
Total Views: 83 149 856
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 067
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Spaar wiel berging

replies: 22
views: 321
15 Mar 2020 @ 14:00:36 pm
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

Hi daar Manne

Ek wil graag hoor my Palma bet n aircon. Nou ja die motor van aircon is voor in die nosecone waar die spaar moet wees. Nou le die spaar voor op die vloer tussen die banke. Die spasie onder  bed is vol van tente en kan nie die spaar daar in pas nie. Het iemand n idee waar en ek die spaar kan monteer?.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 14:11:25 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Sit met dieselfde probleem.

Tans is my spaar binne in n reflective material sak toegedraai en ek vervoer dit of agter op die bakkie en as dit moet voor my bed half  bo op die as binne die karavaan.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 14:49:15 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het die bak of houer waarin die VW Microbus se spaarwiel tuusen sy voorwiele geberg word agter die as onder my karavaan gemonteer. Dir werk nou presies soos die Microbus sin, en sluit ook met 'n hangslot.

Ek het myne goedkoop by 'n "scrapyard" gekry.

'n Vriend het syne voor die as gemonteer, en kry toegang van die kant af. Ek glo agter is 'n beter opsie.

Ek kan nie verstaan hoekom vervaardigers dit nie so doen as standaard toerusting nie. Hulle hoef bloot net 'b hoekyster raam te maak vir dieselfde doel.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 14:56:25 pm
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

Ek stem hulle dink nie soos die ouens wat karavane het nie. Plaas hulle bietjie rondvra

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 14:56:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Benkie op die forum het sulke brackets gemaak wat op die A-frame kom. Hy het onlangs weer aangebied om te maak sou daar belangstelling wees. Ek sal nie aanbeveel om dit skoon op jou karavaanvloer te los nie. Al heelwat navrae gesien waar mense nie die merke van vloer af kry wat spaarwiel agter gelaat het nie. So terloops....nog nooit gehoor van n oplossing daarvoor nie (merke van vloer afhaal)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 15:01:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Laai hom agter in jou voertuig.

Anders los hom by die huis as dit n probleem vir jou is.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 17:09:16 pm
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

By die huis is nie oplossing. Soos mt jy kar/bakkie is dit die belangrikste wiel op jou voertuig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 17:24:11 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek het daardie "swaaiarm" wat Benkie vervaardig nou by n vriend op sy Penta by Hartenbos gesien, kompleet met n netjiese oortreksel en al.  As ek in so n posisie sou land sal dit die uitweg wees wat ek sou kies. Dit sluit mooi toe op die A raam en swaai lekker voor die neuskas weg as jy die wa staangemaak het en die neuskas wil oop he. Netjiese konsep.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:02:09 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

By die huis is nie oplossing. Soos mt jy kar/bakkie is dit die belangrikste wiel op jou voertuig.

Ek weet dis die belangrikste, dis laai hom in en vergeet dat hy in jou pad is.

Ek sou hom links voor laat sit het, maar darm het ek plek vir hom.

Girl sit tans links voor....cool

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:37:11 pm
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

Hoop Benkie lees sodat hy kommentaar kan lewer en die metode demonstreer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:39:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hoop Benkie lees sodat hy kommentaar kan lewer en die metode demonstreer.

Dis sy werk hierdie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:43:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hoop Benkie lees sodat hy kommentaar kan lewer en die metode demonstreer.

Click op onderstaande link vir meer info 

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Spaar-wiel-bracket.htm?forumaction=1&loadcategory=1022&loadpost=250053451&highlight=Benkie#ForumsAnchor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 19:57:39 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek sit my spaar saam met die Bakkie se spaarwiel op die katrol by die oord haal ek hom af en sit net weer terug as ek huis toegaan. Bietjie werk maar dit werk vir my

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 20:26:53 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years
Wanneer 'n voertuig In die verlede by 'n weegbrug getoets was en bevind was dat die voertuig oor die wetlike perk was,  was die voertuig nie toegelaat om verder te ry tensy die oortreding reggestel was nie.

Wat is die implikasies indien jy afgetrek, na 'n weegbrug verwys word en daar bevind word dat jou voertuig die wetlike perk van 100 kg t.o.v. neusgewig oorskrei?
 
Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 08:38:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Benkie op die forum het sulke brackets gemaak wat op die A-frame kom. Hy het onlangs weer aangebied om te maak sou daar belangstelling wees. Ek sal nie aanbeveel om dit skoon op jou karavaanvloer te los nie. Al heelwat navrae gesien waar mense nie die merke van vloer af kry wat spaarwiel agter gelaat het nie. So terloops....nog nooit gehoor van n oplossing daarvoor nie (merke van vloer afhaal)

Dit is waar wat jy noem Geert.  My eerste Penta het ek tweedehans gekoop met die merk op die vloer reg voor die deur.  Daar bestaan nie iets wat daai merk uit daai noveylon uit haal nie.

Dan is daar veskeie maniere om plan te maak met die spaar wiel.  Sommige laat 'n raam maak en monteer dit op die agterkant van die karavaan.  Ander gebruik Oom Benkie se idee en  monteer dit op die A-raam (My persoonlike keuse ook). Dan is daar die plek aan die onderkant van die karavaan,  Alko en BWP onderstelle het dit as  bykomstighede net agter die as.  Ek sal eerder die spaar band agter los op die Tipper se bak plaas as wat ek hom onder die wa monteer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 13:56:16 pm
EvWyk
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 25 Nov 2015
Experience: 45 years

Hi Julle

 

Ja het ook die problem gehad. Hier is ‚n paar opsies wat ek graag wou doen maar het toe uit nood die volgende een (verwys na die laaste 5 foto's) by Kempton Karavane gekoop (@ R1,500 ek dink). Dis nie ideaal nie, veral indien jy die wiel moet terugsit, maar dit is ‚n noodwiel en die meeste van ons het al voertuie na 10 jaar verkoop sonder om die spaarwiel te gebruik. So dis darem ‚n „peace of mind“. Ek „share“ die ander opsies indien dit dalk een van julle kan aanspoor…..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 14:42:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hi Julle

 

Ja het ook die problem gehad. Hier is ‚n paar opsies wat ek graag wou doen maar het toe uit nood die volgende een (verwys na die laaste 5 foto's) by Kempton Karavane gekoop (@ R1,500 ek dink). Dis nie ideaal nie, veral indien jy die wiel moet terugsit, maar dit is ‚n noodwiel en die meeste van ons het al voertuie na 10 jaar verkoop sonder om die spaarwiel te gebruik. So dis darem ‚n „peace of mind“. Ek „share“ die ander opsies indien dit dalk een van julle kan aanspoor…..

Dankie Edwin. Ek hou van die idee in jou 1ste klompie foto's.  Dankie vir die deel. Is daar iemand op die forum wat so een gebruik wat terugvoering kan gee? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 07:43:59 am
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

Yep, buide hierdie idees lyk na iets wat kan werk. Die bakkies se paar is allermins ook onder gemonteer. Lyk na werk maar teminste is die spaar nie op die vleor waar hy merke kan los wat jy nie kan afkry nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 09:48:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die voordeel van die eerste voorbeeld is dat die bracket word op die kant losgemaak en effe laat sak dan word die spaar wiel onder die karavaan uitgetrek met die bracket.

Dis dan nie nodig om in die nood onder die wa in te kruip nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 17:28:16 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Hi Julle

 

Ja het ook die problem gehad. Hier is ‚n paar opsies wat ek graag wou doen maar het toe uit nood die volgende een (verwys na die laaste 5 foto's) by Kempton Karavane gekoop (@ R1,500 ek dink). Dis nie ideaal nie, veral indien jy die wiel moet terugsit, maar dit is ‚n noodwiel en die meeste van ons het al voertuie na 10 jaar verkoop sonder om die spaarwiel te gebruik. So dis darem ‚n „peace of mind“. Ek „share“ die ander opsies indien dit dalk een van julle kan aanspoor…..

daai eerste een lyk mooi maar ek kan net dink met my pens onder die lae karavaan wat nou nog laer is inkruip om daai wiel los te maak en dan weer die pap een terug telig terwyl jy die water en nut probeer opsit..  Gaan my paar Sondae in die kerk hou om vergifnis te kry vir die taal gebruik.  Heel moontlik nog in die reen met moder ook...

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 17:34:30 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek wonder hoekom daar nooit gedink was om n Marie biscuit spaar wiel vir karavan te voorsien

Baie beter vir saam karring en weg bere. As jy vat het ek my spaar wiel in 4 jaar nog nooit gebruik (touch wood)

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 20:29:27 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

John ek wonder of mens wel die gewig van 'n enkel as woonwa sal kan veilig hanteer as dit 'n Marie beskuitjie is. Die maks spoed sal ook 'n groot faktor wees. Selfs normale nie bakkie bande maak dit net net. As mens egter TPMS het kan mens wel gereeld oppomp as dit 'n stagige lek is. Omdat mens die noodwiel so min gebruik wonder ek hoe gereeld kry mens 'n groot gat in 'n band dat mens nie net kan oppomp nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 21:00:57 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink net dit sou handig wees. Ek self wonder of dit nie n swaai gaan veroorsaak as jy sleep met een dun wiel en een gewone. n Laer spoed tydens sleep sal beslis in plek moet wees. 

Wat die gewig om te dra betref glo ek dit sal moontlik wees met die regte buite band, Fong Kong goete gaat ek nie vertrou nie. Solank jy net by die volgende plek veilig Kan kom om herstelwerk te Kan foen

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za