English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 239
Total Replies: 248 942
Total Views: 83 116 205
topics: 599
replies: 3 865
views: 3 350 167
Share all those nice recipes with everybody...

Souskluitjie Resep

replies: 5
views: 160
09 Apr 2020 @ 06:49:36 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

More More, gaan dit goed met julle?

Wie van julle het nog 'n tradisionel souskluitjie resep, wat julle bereid is om te deel. laughing

Ek soek die spesifieke resep (soos ouma dit gemaak het) met die botter en pypkaneel sous met die kluitjies wat so 'n "muffin / koekie tipe" tekstuur het.

Dankie byvoorbaat en groetnis.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 09:44:15 am
Theu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 11 Nov 2014
Experience: 25 years

More almal

Ek is darem nou weer terug na 'n lang afwesigheid, goed om weer terug te wees.

Jan, hier is 'n resep wat my vrou baie maak en baie lekker is

(6-8 porsies)
Sous
1,5 liter water
300 g (375 ml) suiker
15 ml botter of margarien
5 ml kaneel
2 ml sout
Deeg
275 g (500 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15 ml bakpoeier
1 ml sout
25 g (30 ml) botter of margarien
2 eiers, geklits
125 ml melk
kaneelsuiker na smaak
Verhit oond tot 150 ºC (300 ºF).
Vir die sous Verhit water, suiker, botter of margarien, kaneel en sout saam tot kookpunt. Kook 3 minute.
Vir die deeg Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter of margarien met die vingerpunte in die
meelmengsel tot goed gemeng. Meng die eiers en melk, voeg dit by die meelmengsel en meng tot ’n deeg.
Gooi die kokende stroop in ’n groot, diep oondskottel met deksel. Skep lepels vol deeg in netjiese hopies in
die sous – doop elke keer die lepel in die warm sous voordat jy die volgende kluitjie skep.
Strooi kaneelsuiker na smaak bo-oor en sit die deksel op. Bak die kluitjies vir 40 minute en sit warm voor.
(Die resep kan met sukses verdubbel word.)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 09:50:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het so n ruk terug van hierdie by Tentco gekoop....is regtig lekker gewees en aanbeveelbaar. Outdoor Warehouse hou ook die hele reeks aan. Ongelukkig glo ek beide van hulle is tans gesluit weens lockdown, maar probeer Spar......maar ek sien dis nie alle Spar takke wat dit aanhou nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 10:31:20 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Theu en Geert dankie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 10:45:52 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Baie dankie Theu, gaan beslis die resep probeer. is nou al lankal lus vir die souskluitjies.....

Dankie Geert, ek sal bietjie onthou van die produk wat by Outdoor te koop is. sal ook lekker werk met kamp. Moet bieg, ek het nog nooit daarvoor gekyk by Outdoor Warehouse nie. Gaan nou spesifiek daarvoor kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 10:56:27 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Baie dankie Theu, gaan beslis die resep probeer. is nou al lankal lus vir die souskluitjies.....

Dankie Geert, ek sal bietjie onthou van die produk wat by Outdoor te koop is. sal ook lekker werk met kamp. Moet bieg, ek het nog nooit daarvoor gekyk by Outdoor Warehouse nie. Gaan nou spesifiek daarvoor kyk.

Skuus Jan....dis nou van die draad af, maar ons gebruik redelik baie van hul produkte. Hulle het items soos pap en sous, verskeie brode, vetkoek, pizza basisse, pampoen fritters, roosterkoek en een van my gunstelinge is die plaat koekies

https://www.outdoorwarehouse.co.za/search#filters|sort_relevance|search_delish

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za