Na ons eerste fase van permanent kamp met gepaardgaande koue winter het ons dit oorleef.
Slegs 1x in my tydperk het ons ń naweek gedurende die winter by Koppisol gekamp en dit was erg koud.
Nou is ons tans 6-maande Noord buite Modimolle en die koue winter dae en nagte was soms erg.
Vanmiddag kom ons 1ste Somer reen wat nogals koel is, maar nou weet ons Somer is hier.
Gerrie, daai reën was net 'n misleiding gewees. Daar kom nog koue. Sorg dus dat daar genoeg droë hout beskikbaar is.
Daar word gese dat die koue die Kaap more tref met reen en so aan. Ek is tans hier in die Kaap en sal julle op hoogte hou.
As dit werklik koud is more behoort dit teen die naweek in Gauteng te wees.
Kom ons kyk maar.
Hulle se ons kan dalk nog die naweek koue kry maar heelwat van die plante begin uitloop so ja die Lente is op pad Hou vas Hetin die week 2 mm reen gehad hier in Germiston
Daar word gese dat die koue die Kaap more tref met reen en so aan. Ek is tans hier in die Kaap en sal julle op hoogte hou.
As dit werklik koud is more behoort dit teen die naweek in Gauteng te wees.
Kom ons kyk maar.
Yes very cold and wet here in the southern suburbs
yes it is realy cold and wet here in the Cape. So the Gautengers can expect the cold to hit them by no later than Saturday.
Nog altyd na die koue het dit warm geword..... so ek wag maar nog n rukkie.
Weet nie of somer al hier is nie. Miskien in die Limpopo, maar, dis erg koud in die Kaap and Noord Kaap op die oomblik. Veral waar mense probeer blomme kyk.
Groot reen vir eers verby hier in die Kaap. Bietjie reen vandag (Dinsdag) van vanmiddag af en dan weer van Vrydag af. Eish, die jaarlikse Spar-stap vind Saterdag plaas. Virtueel. Jy maak jou eie groep en gaan stap n minimum van 10km. Ons gaan (reen of nou nie) uit Stellenbosch stap tot doer by Jan Boland Cortzee se plaas en terug. En as die reen ons toelaat gaan ons n paar biere drink by die Stellenbosch lughawe.
Die somer is nog nie hier nie. 😄
Ja - dit blyk somer is nog 'n redelike entjie weg van die Boland af. Ek kan beswaarlik dink dat ek net meer as 'n week gelede nog in kortbroek, T-hemp en plakkies daar bo by Eiland Spa rondgeloop het. En nou sit ek hier voor die gasverwarmer met langbroek, sokkies, tekkies, frokkie, langmouhemp en 'polar top' en bibber. Maar ons is dankbaar. Die Kaapse damme loop oor en die graanboere juig oor 'n belowende oes wat op die lande is. En die reën moet nog 'n rukkie aanhou, want dit is nou die "deegvul" tydperk vir die graan.
Vandag hier in Limpopo, Modimolle is dit vrek warm.
Al wat mekaar skei van die aarde en die hel is ń stuk ogies voêl hok draad.
Ja - dit blyk somer is nog 'n redelike entjie weg van die Boland af. Ek kan beswaarlik dink dat ek net meer as 'n week gelede nog in kortbroek, T-hemp en plakkies daar bo by Eiland Spa rondgeloop het. En nou sit ek hier voor die gasverwarmer met langbroek, sokkies, tekkies, frokkie, langmouhemp en 'polar top' en bibber. Maar ons is dankbaar. Die Kaapse damme loop oor en die graanboere juig oor 'n belowende oes wat op die lande is. En die reën moet nog 'n rukkie aanhou, want dit is nou die "deegvul" tydperk vir die graan.
Ons het darem die laaste 2 dae redelike warmer weer hier gehad in Roodepoort. Die koue van die naweek vir eers verby.